Is your surname Locke?

Connect to 5,000+ Locke profiles on Geni

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Henry Locke

Birthdate:
Death: October 05, 2009 (38-39)
Cullinan, Metsweding, GP, South Africa (Murder - Farm Attack)
Occupation: Auto Electrician
Managed by: Private User
Last Updated:

About Henry Locke

Henry Locke (1970 – 2009)

Brief overview:

Henry (39), was shot dead on October 5th 2009 with a bullet through his heart on the Elands wildlife farm near Cullinan, in front of his wife, his daughter Monique (13), and disabled son Dawie (23).

When his death certificate was issued, it stated the cause of as 'natural’.

Brief Biography:

  • Other Victims/Family
  • Funeral/Memorial
  • The Farm/Smallholding
  • The Region (Land disputes, other incidents etc.)

Attack Details:

  • Date and time of attack
  • Weapons
  • Items Stolen
  • Investigative officer/SAPS Case No:
  • Torture, Gratuitous violence
  • Indications of Hate Crime? Threats etc.

Perpetrator details:

  • Number and Descriptions
  • Arrests
  • Name/s and age/s of Perpetrator/s
  • Country of origin of Perpetrator/s
  • Trial/Conviction

Additional Biographical Information:

[KOERANT] BEELD-LOCKE Henry [39]

Kind hou pa styf vas ná hy in hart geskiet is 2009-10-06 00:19 Virginia Keppler 'n Parapleeg het eergisternag aanhoudend hardop gebid en drie gewapende rowers gesmeek om nie sy ma en sussie "weg te vat" nie nadat hulle reeds sy pa voor hom doodgeskiet het. Mnr. Henry Locke (39), 'n motor-elektrisiën van die Elands-wildplaas naby Cullinan, noordoos van Pretoria, is in die hart geskiet en het in die sitkamer ineengestort waar sy verlamde seun, Dawie (23), gelê het. Die 13-jarige Monique, 'n gr. 7-leerling aan die Cullinan-skool, het vertel sy, haar broer en hul ma, mev. Amanda Locke (43), het tot ná 23:00 in die sitkamer gesit en gesels toe die honde kwaai begin blaf het. Haar pa het geslaap. "My ma het eers die honde deur die venster probeer stil maak. Toe sy hulle nie kon stil kry nie, het sy die flitslig gevat en na buite gegaan om hulle stil te maak. "Net toe my ma by die deur uit is, het 'n man wat vermoedelik agter die muur by die voordeur weggekruip het, haar gegryp," het Monique gesê. Sy was in daardie stadium kort agter haar ma en het gesien hoe die een aanvaller haar ma gryp en twee ander op haarself afpyl. "Ek het in die huis ingehardloop en my pa gaan wakker maak. Toe my pa om die hoek by die sitkamerdeur kom, het hulle hom in die hart geskiet. "Hy het voor die bank neergeval. Een van die rowers het toe vir my ma gesê sy moet gaan sit. "Ek het langs my pa gaan sit en hom styf vasgehou," het Monique vertel. "My broer het die rowers gevra om ons nie weg te vat of seer te maak nie. "My ma het vir die rowers gesê my boetie is verlam en hulle moet hom nie seer maak nie. Sy het gesê hulle kan alles vat. "Hulle het my ma en boetie se selfone, 'n skootrekenaar en my ma se trouringe van haar vingers af gevat." Die aanvallers het kort daarna gevlug. "Toe hulle weg is, het ek en my ma probeer om my pa in die motor te laai, maar hy was te swaar." Mev. Locke het haar seun in die motor gelaai en saam met haar twee kinders tot by die bure gejaag. Die gesin het ná die moord begin oppak en is besig om na mev. Locke se suster, mev. Estelle Maritz, se plaas by Honingnestkrans, noordwes van Pretoria, te trek. Maritz het gesê die rowers het twee heiningdrade stukkend geknip om by die erf in te kom. "Hulle het my suster en haar kinders se hele lewe verwoes. "Ons wil nie die land verlaat nie. Dis ons grond en ons familie bly hier. Ons eie huise is al reeds tronke." Dit is jammer dat haar swaer, wat altyd goed was vir sy medemens, so vermoor moes word, het 'n ontstelde Maritz gesê. Konst. Sally Skosana, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes is nog op vrye voete. - Beeld

view all

Henry Locke's Timeline

1970
1970
2009
October 5, 2009
Age 39
Cullinan, Metsweding, GP, South Africa