Hermanus Christiaan Bredell

Is your surname Bredell?

Research the Bredell family

Hermanus Christiaan Bredell's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Hermanus Christiaan Bredell

Also Known As: "Manie"
Birthdate: (87)
Birthplace: Rustenburg, South Africa
Death: March 19, 1953 (87)
Farm Zonneheuwel, Marquard, Thabo Mofutsanyane, Free State, South Africa
Immediate Family:

Son of Johannes Pieter Bredell and Anna Maria van Brakel
Husband of Hilda Henrietta Oelrich Bredell and Stephanetta Johana Paulina ''Nettie'' Bredell
Father of Elsie Francina Eloff Bredell and Johannes Sarel Bredell
Brother of Anna Maria Elizabeth Beyers; Johannes Petrus (Pieter) Bredell; Hendrik Gottfried Bredell and Elizabeth Hermina Malan
Half brother of Daniel Bredell; Maria Petronella de Wet and Carel Bredell

Managed by: Linda Magdalena Engelbrecht
Last Updated:

About Hermanus Christiaan Bredell

Hermanus Christiaan (Manie) Bredell (plaas Onder-Rustenburg, naby Somerset-Wes, Kaapkolonie, 12 Oktober 1865 – plaas Zonneheuwel, distrik Marquard, Oranje-Vrystaat, Suid-Afrika, 19 Maart 1953) was pres. Paul Kruger se lyfwag en later privaat sekretaris, en polisiehoof in die Zuid-Afrikaansche Republiek sowel as Transvaal.

Manie Bredell was die oudste seun van Johan Bredell (12 Februarie 1833 – 21 September 1924) en Anna Maria van Brakel (11 Augustus 1845 – 7 Februarie 1887). Hy het ’n deeglike opvoeding ontvang, eers aan 'n plaasskool by meester Scholtz en later op Eersterivier en Stellenbosch. Hy het aanvanklik teruggekeer na sy vader se plaas, maar sy ouerhuis kort ná sy moeder se dood in 1887 verlaat toe hy 21 jaar oud was. Van 1887 tot 1891 het hy op verskillende wyses probeer geld verdien, eers as transportryer vir Alexander Gibson van Kimberley en George Heys van Pretoria, en as padmaker gewerk voor hy hom by die firma J.G. Quin in Johannesburg laat inskryf het om hom as prokureur te bekwaam. Nadat Bredell drie jaar later gekwalifiseer het, het hy 'n betrekking as beëdigde vertaler in Nederlands en Engels in die hooggeregshof van die ZAR aanvaar.

Aan die vooraand van die Jameson-inval (1895-'96) het Bredell op aandrang van Ewald Esselen, staatsprokureur, in diens van die Transvaalse Polisie (ZARP) getree. In die kantoor van die kommissaris van polisie het hy spoedig van tweede klerk (1895) tot verantwoordelike klerk (1897 of '98) gevorder, 'n amp wat hom tweede in bevel na kommissaris D.E. Schutte geplaas het. Tydens die inval was hy ’n spioen vir die ZAR se speurdiens. Hy het ook baie werk oorgeneem by Frikkie Eloff, met wie se niggie hy later sou trou, wat die president se privaat sekretaris was. Van 10 September 1900 tot Paul Kruger se dood, was Manie die president se lyfwag.

Ná die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) het Schutte vertrek om die bevel in Johannesburg oor te neem waarna Bredell waargeneem het as kommissaris van Polisie in Pretoria. Uit die aard van sy amp was Bredell lid van talle liggame, soos byvoorbeeld die kommissie tot bewaring van vrede en orde in Pretoria en die kommissie insake krygsgevangenes op Waterval (Pretoria), Nooitgedacht en Lydenburg.

A.G. Oberholster skryf in deel III van die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek: "Sy noue verbintenis met pres. Kruger het tot gevolg gehad dat Bredell se eie bevoegdheid dikwels oorskadu is. Deur sy pligsgetrouheid en administratiewe bekwaamheid het hy egter Kruger se ballingskap vir hom draaglik gemaak, en dié eienskappe stel hom in staat om in latere jare 'n polisie-administrateur by uitnemendheid te word." Dr. Maria Hugo skryf in 1980 in die FAK se Afrikaanse Kultuuralmanak: "Soms het Bredell se eie persoonlike ambisie, sy frustrasie en die begeerte om na Suid-Afrika terug te keer en daadwerklik aan die wapenstryd deel te neem, hom byna te magtig geword, tog het hy sy pligte t.o.v. pres. Kruger tot op die laaste met sy kenmerkend bekwame pligsgetrouheid nagekom."

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het Bredell se dagboek in 1972 gepubliseer met die insiggewende besonderhede oor die huishouding van die president, sy laaste lewensdae en veral ten opsigte van die persone wat in die jare van sy ballingskap die naaste aan Paul Kruger gestaan het.

Die eerste deel van Anna M. Louw se tweedelige werk oor Paul Kruger, Die banneling: die lyfwag (1964) is gegrond op Bredell se dagboeke. Prof. Elize Botha het van dié werk geskryf: "Om die rekonstruksie van die beeld van die ou President in die landskappe en stadsbeelde van ou Europa; om die naby-opnames, soos ’n mens dit kan noem, van die kwynende ou reus deur die oë van die gekwelde lyfwag Bredell. Dit hou die aandag. Maar dit is geplaas binne ’n relaas van menslike verbondenheid, in die verhaal van Manie Bredell wat homself moet rekenskap gee van die suiwerheid van sy trou aan die kolos wat sy lewe jare lank beheers het.” Oor dié werk het dr. Maria Hugo geskryf: “Dit het by Louw in hierdie verhaal in die eerste instansie nie gegaan om die chronologiese daarstelling van al die historiese feite of die uitbeelding van president Kruger nie, maar om die persoonlikheid van sy privaat sekretaris, Manie Bredell, teen die agtergrond van daardie droewige bedevaart en die lang eensame maande in die vreemde. Die titel van die werk, Die banneling, slaan op Kruger, maar eweseer op Bredell, wat in sy verbondenheid met die President in ’n voortdurend innerlike stryd gewikkel was tussen die begeerte om die vryheid aan te gryp om ’n nuwe toekoms vir homself te skep en die belofte en ooreenkoms, andersyds, wat hy met die vereensaamde grysaard aangegaan het dat hy by hom sou bly totdat hy sou sterf . . . Min aandag is – sover my kennis strek – tot nog toe aan die Bredell-figuur in die geskiedskrywing gewy . . . In die werk van Anna Louw maak ons kennis met Bredell as mens, met al sy voortreflikhede en gebreke. Geskiedkundig van belang is sy weergawe van sekere historiese gebeure en veral van die sfeer waarin hulle plaasgevind het. Meer as een keer was hy as stille toeskouer aanwesig. Ook sy mededelinge in sake die menslike verhoudinge wat rondom en met betrekking tot die President bestaan het, veral ten opsigte van die familielede is insiggewend.

Bredell is op 12 Oktober 1905, sy veertigste verjaardag, in die Gereformeerde kerk Pretoria, waarvan die Krugers en Eloffs jare lank gesiene lidmate was, met pres. Kruger se kleindogter Stephanetta Johanna Paulina Eloff (10 Oktober 1877 – 3 Mei 1920) getroud. ’n Seun, Johan, en dogter, Ella, is uit dié huwelik gebore.

Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/Manie_Bredell

_________________________________________________

https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-266-11021-78285-86?cc=1478678&wc=M6GW-T68:49605401,49605402,50282101,50445503

http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/new-page-46.htm

http://www.sahistory.org.za/dated-event/lt-col-hermanus-christiaan-manie-bredell-chief-adjunct-commissioner-sa-police-dies-his-f

http://www.bronberger.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=1892:die-lief-en-leed-van-oom-paul-se-kleindogters&catid=50:toeka-se-dae&Itemid=76

view all

Hermanus Christiaan Bredell's Timeline

1865
October 12, 1865
Rustenburg, South Africa
November 5, 1865
Stellenbosch, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
1909
May 27, 1909
Age 43
1909
Age 43
1953
March 19, 1953
Age 87
Marquard, Thabo Mofutsanyane, Free State, South Africa