Jacobus Swanepoel, b6

Is your surname Swanepoel?

Research the Swanepoel family

Jacobus Swanepoel, b6's Geni Profile

Records for Jacobus Swanepoel

134,768 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Jacobus Swanepoel, b6

b6 - Jacobus - Page 488 - “SA Genealogies” vol 12, Genealogical Institute of SA, Stellenbosch, 2005”

b6 Jacobus

gedoop: 25 Nov 1725, burger Stellenbosch, getroud: 13 Oct 1748 Susanna Catharina Rabie; hertroud: 21 Sep 1766 Francina Vosloo, weduwee van: Hans Jurgen Kelber

Source: "Genealogy of old South African Families", Ancestry24.co.za

______________________________________________________________

Notas deur David Abraham Swanepoel, direkte nasaat van 8 geslagte

Onderstaande is ligweg geredigeerde uittreksels uit die bron onder genoem. Laai af vir inligting oor die argiefverwysings.

Jacobus Swanepoel (b6) is waarskynlik op die plaas Nieuwmunster in die Land van Waveren gebore. Op 25 November 1725 word hy in die Paarl gedoop (NGKA: G 3/ 3/ 1: 70). Daar kan aanvaar word dat hy op Nieuwmunster, nou naby die huidige Wolseley grootgeword het en van kleins af reeds met veeboerdery vertroud geraak het.

 

Op 13 Oktober 1748 word die 23-jarige Jacobus Swanepoel (b6) op Tulbagh deur ds Arnoldus Meiring in die huwelik bevestig met Susanna Catharina Rabie (b2), die dogter van Christiaan Rabie en Margaretha Pyl (NGKA: G 4/ 9/ 2: 2).

 

Hy en sy ouer broer Johannes (b5) het as as dragonders van die Kompanjie onder kapt Johannes Louw Jacobsz in die Drakenstein diens gedoen (KAB: J 195). Jacobus Swanepoel verrig hierdie diens jaarliks tot in 1751 toe sy naam in die Monsterrolle doodgetrek word, en die inskrywing gemaak word dat hy na Swellendam [distrik] vertrek het.

 

In 1752 gaan boer hy op die leenplaas Goedemoed, naby die huidige Montagu, en verlaat dit in 1763 (KAB: RLR 13: 23). Hy gaan boer dan op Poespasvalleij, oorkant die Poesjenelsrivier in die Swellendam-distrik (KAB: RLR 17/2: 193). Dis naby die hedendaagse Robertson.

 

Susanna Catharina Rabie sterf kort voor Februarie 1764. Op 21 September 1766, meer as twee jaar na haar dood, is Jacobus Swanepoel getroud met Francina Vosloo, die weduwee van Hans Jurgen Gilber. Francina Vosloo het in daardie stadium gewoon op die plaas “Rietvallei agter de Coggemans Cloof bezyde het warme water”), naby die hedendaagse Montagu. Jacobus gaan woon ook hier. Hy gee kennis van ontruiming in 1775 (KAB: RLR 11/2) .

 

Teen die agtergrond van onvolledige Opgaafrolle is dit nie vreemd dat Jacobus Swanepoel (b6) se naam na 1773 nie weer in die Opgaafrolle vir Swellendam opgespoor kon word nie, hoewel die moontlikheid bestaan dat hy steeds in die Swellendam-distrik woonagtig was.


Daarteenoor bestaan die moontlikheid ook dat hy na die Graaff-Reinet-distrik kon verhuis het. Die naam Jacobus Swanepoel kom in 1788 daarin voor. Hiervolgens besit hierdie persoon in daardie stadium slegs 'n perd, 'n snaphaan, 'n degen en 'n pistool (KAB: J 108). Daar is egter geen ander inligting wat die identifikasie van hierdie persoon bo alle twyfel kan stel nie. Jacobus Swanepoel (b6) sou in 1788 ongeveer 63 jaar oud gewees het, was volgens alle aanduidings ongetroud, en dit is moontlik dat hy teen daardie tyd sy eie boerdery sou laat vaar het en moontlik by een van sy seuns gaan woon het.

Bron:

Swanepoel, Christiaan Hendrik. 2003. 'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999: 'n genealogiese en kultuurhistoriese studie. MA tesis, Universiteit van Stellenbosch. Gratis aflaaibaar by: http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/53526 . Sien veral Hoofstuk 2 vir meer inligting.

Kopiereg: Universiteit van Stellenbosch.

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

_______________________________________________________________

view all 12

Jacobus Swanepoel, b6's Timeline

1725
November 25, 1725
Land van Waveren, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
November 25, 1725
Paarl, Cape Winelands, Western Cape, South Africa

Source: "Genealogy of old South African Families", Ancestry24.co.za

1749
September 28, 1749
Age 23
Cape of Good Hope
1751
October 29, 1751
Age 25
1753
January 14, 1753
Age 27
Tulbagh
September 23, 1753
Age 27
Kaapkolonie,Suid-Afrika
1755
1755
Age 29
1757
October 15, 1757
Age 31
Agter-Cogmanskloof
1761
March 15, 1761
Age 35
Swellendam, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa