Jacobus van Zyl, b3c2d11e3

Is your surname van Zyl?

Research the van Zyl family

Jacobus van Zyl, b3c2d11e3's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

About Jacobus van Zyl, b3c2d11e3

HUSBAND NOTES: Caspar VAN ZYL Chr(1):

WIFE NOTES: Susanna Abigael BREITENBACH Chr(1):

CHILD NOTES: Jacobus VAN ZYL

Birth(2,1):

Chr(1):

Death(1): Hy sterf op die plaas Melkbosch.

General(1,2): Hy is 'n Voortrekker en neem ook deel aan die Slag van Bloedrivier. Hy boer later jare op die plaas Keerom, Brandfort en Melkbosch, Edenburg. Hy is getroud in Beaufort-Wes op 5 Oktober 1830 met Susanna Catharina OOSTHUYSEN, dogter van Ockert Almero OOSTHUYSEN en Adriana Cecilia VENTER. Hy is 'n tweede keer getroud in Potchefstroom op 27 Julie 1840 met Catharina Helena VAN DYK. Hy is 'n vierde keer getroud in die NGK, Brandfort op 25 September 1882 met Louisa Catharina MOLLER, hy is 'n 73 jarige wewenaar en veeboer en sy 'n 38 jarige weduwee, beide van Brandfort.

SOURCES

1. SUID-AFRIKAANSE GESLAGREGISTERS, DEEL 17: X - Z & Addendum, Redakteur: L.C.P. ENDEMANN (Direkteur: Gisa) GISA, 2008.

2. Niel Botha. Huweliksregisters Vrystaat Niel Botha. Niel Botha.

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

As prototipe van ’n Voortrekker wat hom later in die Brandfort gebied gevestig het, kan Jacobus van Zyl genoem word. Dit was op sy plaas Keerom dat die dorp Brandfort later gestig is. Van Zyl is op 20 September 1809 gebore en na die dood van sy vrou het hy hom by die Voortrekkers aangesluit. Hy was teenwoordig by die Slag van Bloedrivier en na die Engelse anneksasie van Natal het hy na Brandfort-distrik teruggekeer en daar op sy plaas Keerom gewoon. Dit moet ewenwel gemeld word dat hy eers na die Slag van Boomplaas daarin geslaag het om die plaas op sy naam geregistreer te kry. Laasgenoemde feit bewys weereens sy verset teen die Engelse regering. Hy was ’n stigterslid van die gemeente Bloemfontein en dit kan met redelike sekerheid aanvaar word dat sy plaas Keerom die geestelike sentrum van daardie dae in Brandfort-distrik gevorm het.

Source (Click Here)

Hy is 'n Voortrekker en neem ook deel aan die Slag van Bloedrivier. Hy boer later jare op die plaas Keerom, Brandfort en Melkbosch, Edenburg. Hy is getroud in Beaufort-Wes op 5 Oktober 1830 met Susanna Catharina OOSTHUYSEN, dogter van Ockert Almero OOSTHUYSEN en Adriana Cecilia VENTER. Hy is 'n tweede keer getroud in Potchefstroom op 27 Julie 1840 met Catharina Helena VAN DYK. Hy is 'n vierde keer getroud in die NGK, Brandfort op 25 September 1882 met Louisa Catharina MOLLER, hy is 'n 73 jarige wewenaar en veeboer en sy 'n 38 jarige weduwee, beide van Brandfort.

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Voortrekkerstamouers 1835 - 1845 by Jan C. VISAGIE (Afrikaans). Protea Uitgewers, Pretoria, 2011. Tweede uitgawe, derde druk 2011. ISBN 978-1-86919-372-0

Bl. 582

Jacobus VAN ZYL - b3c2d11e3

* 20/9/1809

≈ Swellendam 6/12/1809 (?)

† Melkbos, Bethanie-spoorwegstasie, distrik Edenburg c. 10/4/1906

X Beaufort 15/10/1830 Susanna Catharina OOSTHUYSEN

XX in laer van A. H. POTGIETER, Potchefstroom 27/7/1840 (siviele bevestiging) Catharina Magdalena VAN DYK - a1b5c8d7e3

* 18/9/1824

≈ Graaff-Reinet 4/3/1825

Hul kerklike bevestiging het op 2/11/1840 op Colesberg plaasgevind.

XXX Louisa Catharina MOLLER

† c. 1888

XXXX Doulina Marthina KLOPPER

Woonplek: Distrik Beaufort

Vertrekdatum: Ongeveer April/Mei 1838

Trekgeselskap: P. D. JACOBS (?)

Volgens oorlewering het VAN ZYL aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem en hom enkele jare later op die plaas Keerom, distrik Bloemfontein, gevestig. Hy was lank ouderling in die gemeente Bloemfontein. Later het hy 'n gedeelte van sy plaas in erwe opgedeel en die dorp Brandfort het so sy beslag gekry. Hy is waarskynlik ook die "J. VAN SEYL" vir wie die plaas De Stinkhoutboom aan die Doorenkloof (ligging ?) op 22/7/1840 in die grondregister aangeteken is.

Added by Y. DROST, 14 SEP 2015

----------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

view all 21

Jacobus van Zyl, b3c2d11e3's Timeline

1809
September 20, 1809
Swellendam, Western Cape, South Africa
December 6, 1809
Swellendam, Overberg DC, Western Cape, South Africa
1836
May 17, 1836
Age 26
1843
1843
Age 33
1852
1852
Age 42
1864
1864
Age 54
1906
April 10, 1906
Age 96
District Edenburg, Xhariep, Free State, South Africa