Jacobus Hendrikus van Zyl

Is your surname van Zyl?

Research the van Zyl family

Jacobus Hendrikus van Zyl's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Jacobus Hendrikus van Zyl

Also Known As: "Koos Uil", "Kosie"
Birthdate:
Birthplace: Prince Albert
Death: January 31, 2007 (69)
Steynsburg, Drakensberg District, Eastern Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Christiaan Hendrik Van Zyl and Susanna Magrieta de Beer van Zyl
Husband of Maria Johanna van Zyl
Father of Private; Private and Private
Brother of Christiaan Hendrik Van Zyl

Managed by: Private User
Last Updated:
view all

Immediate Family

About Jacobus Hendrikus van Zyl

In November 1959 the Divisional Council of Prince Albert received permission from the Administration to start building the road to the kloof, after many years of petitioning from the kloof inhabitants. Koos van Zyl was in charge and with the help of 8 labourers and his bulldozer, completed the road in 1962. It was named after Dr Otto du Plessis, the Administrator of the Cape at that time, who, after a visit had promised the locals that a road would be built.

In sy eie woorde het Van Zyl geskryf: “Bo-op die Swartbergpas het ons regs afgedraai en ’n bosboupad gevolg tot by Kliphuisvlei. Van hier moes ek die pad bou. ’n Groot klip, vandag bekend as ‘Oom Koos se Klip’, was die beginpunt.” Op ’n ander plek skryf Van Zyl dan: “Die padbou was maar net twee dae besig toe ek my Moses teëkom met ’n reuse-klip. Hierdie kant toe, daardie kant toe, hier ’n plan, daar ’n plan – maar al wat staan, was die rots. “Die kruiptrekker (Rooi Kerneels) moes maar die aftog blaas.” Van Zyl was trots dat die rots na hom genoem is. “Dit is as ’t ware my eie monument wat God aan my gegee het. Trots en onwrikbaar staan hy daar.” Vandag is dit ’n klip langs die pad waar jy nie verby mag ry nie as jy hom die eerste keer sien. Stop ’n wyle en bring hulde aan die manne wat ’n halfeeu gelede hier gesweet het om die Gamkaskloof aan die buitewêreld oop te stel. Danksy die pad kan ’n mens nou met ’n grondpad tot onder in die Gamkaskloof ry.

Afgesien van die pad, het Kosie op 69-jarige ouderdom die boekie Uit die Pen van die Padmaker in rymvorm gepubliseer

Koos Uil was ook digter en vryersklong

ehuman Jacobus Hendrikus van Zyl is op 7 Junie 1937 in Prins Albert, aan die voet van die Swartberg, gebore en was bestem om uiteindelik die eerste pad na Gamkaskloof (Die Hel) te bou, skryf Eben Human. Net soos die meeste Klowers het hy dit maar nie breed gehad in daardie dae nie en op 16-jarige ouderdom het hy twee jaar lank in ’n ysterwarewinkel in Port Alfred gaan werk, vertel sy dogter Sandra Hugo van Steynsburg in die Oos-Kaap. Die bynaam van die padbouer was Koos Uil om hom van die ander Van Zyls in sy familie te onderskei. Sy ander twee kinders se name is Mariana Frewen en Tiaan van Zyl. Die groot keerpunt in Koos Uil se lewe was toe hy aangestel is as die man wat die eerste pad na Gamkaskloof moes bou. Einde November 1959 het hy begin en as 22-jarige was hy vol energie. Twee jaar en ses maande lank het hy gewerk aan die nuwe Otto du Plessispad na Die Hel. Daar het ook ’n liefdesverhaal ontvou terwyl hy die 37 km met sy stootskraper, Rooi Kerneels, en ’n flukse werkspan getem het. Die meisie van sy drome, Marie Mostert van Boplaas, het in die bopunt van Gamkaskloof gewoon en oor haar het hy gediggies geskryf. Hy het naweke gaan kuier terwyl hy besig was met die padbouery. Sy ander groot droom was om ’n boek oor sy padbouery te skryf. Die boek is nie gepubliseer nie, maar die familie het Koos van Zyl se skryfwerk eksklusief aan Buite beskikbaar gestel. Lees vandag wat hy skryf oor die padbouery. Volgende week word gefokus op sy liefde vir die natuur en ’n week later word vertel van sy hofmakery in Gamkaskloof. Op 9 Augustus is die pad 50 jaar oud. Koos van Zyl het op 31 Januarie 2007 onverwags in Steynsburg gesterf. Nou wil die familie van die padmaker op 10 Augustus sy as op die Otto du Plessispad gaan strooi.

http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2012/07/17/BB/5/koosui...

http://princealbertfriend.blogspot.com/2007/03/die-padmaker-van-gam...

view all

Jacobus Hendrikus van Zyl's Timeline

1937
June 7, 1937
Prince Albert
2007
January 31, 2007
Age 69
Steynsburg, Drakensberg District, Eastern Cape, South Africa