Jan Willem Van der Rijst

Is your surname Van der Rijst?

Research the Van der Rijst family

Jan Willem Van der Rijst's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Jan Willem Van der Rijst

Also Known As: "Oom Willem"
Birthdate: (76)
Birthplace: Leuven, Flemish Brabant, Flanders, Belgium
Death: September 13, 1904 (76)
Kennemerstraatweg 53, Heiloo, Heiloo, North Holland, The Netherlands
Immediate Family:

Son of Lodewijk Van der Rijst and Hendrika Maria van der Rijst
Husband of Anna Jacoba van der Rijst and Metje Elisabet Wils
Father of Louis Hendrik Van der Rijst; Levenloos Van der Rijst and Anna Wilhelmina Fish
Brother of Petrus Johannes Van der Rijst; Engelbertus Leonardus Van der Rijst, SV/PROG and Gerharda Louiza van den Berg

Managed by: Louis Scholtz, j4
Last Updated:

About Jan Willem Van der Rijst (Afrikaans)

Jan Willem van der Rijst (15 Januarie 1828 - 13 Desember 1904)

Oom Willem (eerw. J.W. van der Rijst) het 'n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van die Eerste Afrikaanse Taalbeweging, ook as skrywer, en tog kon ons geen lewensbesonderhede omtrent hom kry nie, hoe ywerig ons ook al probeer het. Hier en daar het ons iets raakgeloop.

Net soos Pannevis en C.P. Hoogenhout was hy 'n Hollander van geboorte. Hy is as sendeling in die Ned. Geref. Kerk toegelaat in 1861, en was werksaam in Calvinia vir 'n kort tydjie, want in Februarie 1862 is hy as onderwyser en sendeling in die gemeente Wynberg aangestel. In 1863 het hy die Ned. Geref. Kerk verlaat en nou was hy voorganger onder die Plymouth Brethern, en het as reisende prediker oral opgetree. So lees ons in die Patriot dat hy op 14 September 1877 op Claremont was, en op 15 Augustus 1879 het hy in die Paarl godsdiens gehou by mnr McMillan. Volgens 'n mededeling van dr J.D. du Toit was hy 'n vriend van ds S.J. du Toit. ‘Ek het hom dikwels ontmoet. 'n Baie beminlike man.’

Aanvanklik was Oom Willem 'n teenstander van Afrikaans, maar Oom Lokomotief (D.F. du Toit) het hom tot bekering gebring volgens 'n mededeling van Oom Loko in Die Huisgenoot (Desember 1919).

Op die tweede vergadering van die Genootskap van Regte Afrikaners (25 September 1875) was eerw. V.d. Rijst dan ook teenwoordig, en van nou af beywer hy hom met hart en siel vir Afrikaans. Hy het dadelik begin om 'n Afrikaanse spraakkuns op te stel, maar volgens Oom Lokomotief, het hy slegs 'n Hollandse spraakkuns verafrikaniseer. Nou pak hy die eerste Spel- en Leesboek ver Afrikaanse Kinders aan. Hierdie boekie het geen liefdevolle ontvangs te beurt geval nie! ‘Mar dit het oek 'n vreselike storm van vyandskap lat losbreek by die teenstanders,’ skryf ds S.J. du Toit (Geskiedenis van die Afr. Taalbeweging, 1880 bl. 75). (Die Brandwag III nr 5). Dit is dan ook nie vreemd dat die eerste oplaag van duisend binne twee maande van die hand gesit is nie. By die Spel- en Leesboekie (1878) sluit aan die Samesprake in Afrikaans en Engels deur Oom Willem, waarvan daar drie nommers verskyn het: nommer 2 in 1885 en nommer 3 in 1891. In 1897 is al die nommers saam uitgegee. Hierdie Samesprake is by die duisende verkoop.

Die doel was om die Afrikaners sowel as die Engelse in staat te stel om mekaar se tale te leer. In die inleiding word eers 'n oorsig gegee van die Afrikaanse klanke en hulle waardes, en dan begin Oom Willem weer onder met eenvoudige samesprakies, daarna word dit al moeiliker. Die eerste samespraak begin as volg:

Afrikaans

Goeie mor'e, meneer!

Hoe gaan dit nog?

English

Good morning, sir!

How do you do?

Naderhand word die name van die dae en maande geleer, 'n besoek gebring aan 'n winkel, en eindelik word gebeurtenisse van die dag behandel, ook politieke kwessies. Godsdienstige sake word ook nie vergeet nie. Teen die einde is die sinne en samesprake al so lank dat dit duidelik is dat die leerling nou volkome tweetalig moet wees.

Die ontvangs van die Samesprake was besonder gunstig, soos herhaaldelik uit briewe in die Patriot blyk. So skryf 'n korrespondent op 15 Januarie 1886 nà die ontvangs van die tweede Samespraak: ‘Waarlik, as 'n man nou nog onbekend bly met die twee hooftale van Suid-Afrika dan is dit syn eie skuld, en dan is dit oek onverskoonlik. Ek hoop mar dat Oom Willem syn groot werk ni daar sal laat nie, mar 'n derde en vermeerderde uitgawe binne kort sal verskyn. Hy moet so reken hy doet meer as wat nog di beste skoolmeester in ons land gedaan het.’

Oom Willem was in die eerste plaas prediker, en vir ons is hy hier belangrik omdat hy nà ds P.D. Rossouw van die eerste preke in Afrikaans geskryf het. Hierdie preke het eers in die Patriot verskyn en is later in aparte boekies uitgegee onder die titel: Evangeli in di Volkstaal Nr 1 (1884) en Nr 2 (1885).

Sy preke, eintlik toesprake, Bybellesinge, was in die mees eenvoudige taal. In Nommer 1 is dit as 't ware geen preke nie, maar verhale wat hy vertel van mense wat tot bekering gekom het. Hy doen dit op so 'n eenvoudige wyse dat dit sy lesers moes boei, hy hou dan ook gedurig kontak met hulle. Hy het die verhaal so geskryf dat elke leser(es) hom of haar daaraan kon spieël. Die evangelie het die harte van sy lesers geraak. ‘[Ek] moet oek as 'n dienende priester van God myn medemense op di Lam wys, en dat oek in di taal van ons volk. Ons volk het 'n reg om in ons eie taal di Evangeli te hoor, en al te lank word hulle di reg onthou en al te onverskillig is ons volk omtrent hulle reg.’

Soms is die prediker-skrywer darem te plat in sy taalgebruik. Geen wonder dat ds S.J. du Toit en Oom Lokomotief gelag het toe hulle hom vir die eerste keer in Afrikaans hoor preek het nie. So dreig hy die sondaar: ‘Jy wandel van jou jeugd af in jou bloedroot kleed van jou sonde; di hel is jou voorland ....’

In Di Skarlaken Snoer vertel eerw. V.d. Rijst op 'n heel interessante wyse hoe Anna en haar suster een aand na die nuwe predikant gaan luister het. Hy het die sondaars aangemaan om hulle te bekeer, en ‘Anna het di aand di skoot gekry so dwars deur di kol van haar hart.’ Sy kon die nag nie slaap nie, want sy het gevoel sy is verlore. Haar onrus skets die skrywer vir ons uitstekend, want hy ken die hart van die sondaar. Haar familielede is bang dat sy in 'n stryd sal raak en laat die prediker roep. Hy wens haar geluk dat sy die afmetings van haar sonde begryp, want nou kan sy Christus ontmoet!

Dit was eerw. V.d. Rijst veral te doen om aan mense hulle sondes te openbaar, en veral aan dié mense wat hulle verbeel dat hulle hemel-toe gaan. Dit was bv. die geval met Tant Leni in Issakar, di Sterk Gebeende Esel (P. 5 en 12 Sept. 1884). Sy het gedag sy kon deur haar goeie werke vir haar 'n plekkie in die hemel loskoop, en het ook daarop geroem dat sy goeie dade gedoen het. Sy neem dit Tant Kris-i kwalik dat sy haar op die valsheid van haar godsdiens wys. Ook Oom Karel kan sy nie bra veel nie: ‘Hy lol te veul van geloof, geloof.’

Hulle gaan almal na 'n diens by een van die bure, en die predikant preek eintlik net vir haar en die ‘eselgristene.’ ‘Di esels lê tusse twe pakke: op di linkerhand lê di pak van sonde, op di regterhand di pak van goeie werke. Hulle kan ni verstaan ni, dat di dood in di goeie werke sit, en dat di sonde in dibloed van di Lam van God doodgemaak is... Verwerp julle goeie werke as 'n grond van saligheid.’

Doodongelukkig keer Tant Leni terug van die diens, want haar oë het oopgegaan. Ook haar stryd word met veel noukeurigheid beskrywe totdat sy tot bekering kom, en toe kon ‘'n mens so di vrede op haar gesig lees.’ In Liew en Lam (P., 10 Okt. 1884) ondervra eerw. V.d. Rijst iemand om uit te vind of sy siel veilig is.

‘Is jy bang vir 'n lam?

‘Né, waarom sal ek ver 'n lam bang wees? So'n diertji kan mos vir myn gen kwaad doen ni.’

‘Is jy bang ver 'n liew?’

‘Natuurlik!....’

Hierdie inleiding moet dan dien om aan die ondervraagde te toon dat sy regverdigheid sy sonde is, en so word vir hom die weg aangetoon tot saligheid. Jesus is di Gristus (P., 31 Okt. 1884) is die eerste werklike preek, want dis geskryf in die vorm en die gees van 'n preek. Eerw. V.d. Rijst bewys met talryke voorbeelde dat Jesus die Christus is.

Gewoonlik gebruik hy 'n beeld om een of ander waarheid te bewys, bv. Root of Wit, waar rooi die kleur van die sonde is en wit die kleur van die saligheid. Alle sondaars dra 'n rooi kleed, en nou bewys die prediker dat alle onbekeerdes sondaars is en verlore gaan. Hulle sondig bv. deur hulle gedagtes, want hoe baie is daar wat in die kerk sit en aan ander dinge dink. Hy ondervra sy toehoorders of lesers direk: ‘En wi was di ander aand op di dansparty, en ni heeltemal nugter tuis gekom ni? Was dit ni jy, jong kêrel! wat God ni vrees, en gen mens ontsien... En moet ek jou wys op di ligsinnige manier, waarmé jy met die jong meisies omgaat... Jy moet tog begin nadink. So kan jy ni aangaan ni.’

Dis nie nodig om al die preke te behandel nie, want baie het dieselfde opset. Gewoonlik noem eerw. V.d. Rijst sy lesers hulle sondes by hulle name, laat hy hulle besef dat hulle verlore is. Ons sal 'n paar voorbeelde gee: ‘Di toorn van God bly nog op jou, en sterwe jy in jou sonde, dan lê jy in di helse vuur, net so seker as di ryke man in di gelykenis. Lukas 16: 19-31.’ (Nr 1, bl. 51). ‘Jy is in gevaar, jy loop op di brede weg, wat na di verderf gaat.’ (Nr 1, bl. 53). ‘Wil jy dan mar so vir dood slaap totdat jy in di helse vuur wakker skrik? Kan jy dan so gerus na di verdoemenis stap? Julle, wat di stukki lees, julle gaat ni ongewaarskuw na di hel toe.’ (Nr 2, bl. 6).

Maar na hierdie dreigemente wys die prediker sy toehoorders die weg aan tot saligheid, wys hy hulle op die versoeningsdood van Christus, en vra hy hulle om in Christus te glo. ‘Daarom lesers, as daar onder julle is, wat Jesus nog ni besit ni, en dus di Vader ni ken ni; neem dan di Soon an, kus Hem; onderwerp julle an Hem; glo Syn Evangeli...’ (Nr 1, bl. 47) ‘'n Mens moet di stem van di Here Jesus hoor, anders kom di saak ni reg ni’ (Nr 2, bl. 7). ‘Gaat, lê jouself voor God neer, erken jou skuld en jou sonde.’ (Nr 2, bl. 14).

Volgens getuienisse het hierdie preeksketse, net soos dié van ds Rossouw, meer as een leser tot bekering gebring. So gaat dit is 'n lang verhaal wat in 1885 gedeeltelik in Di Afrikaanse Almanak verskyn het, en die volgende jaar apart met 'n oplaag van duisend. Dit herinner sterk aan eerw. V.d. Rijst se preeksketse, want ook hier is die godsdienstige strekking op die voorgrond. Die gegewe is nie belangrik nie: Oom Koos gaan Kaap-toe om inkopies te doen en terselfdertyd 'n blanke meisie en twee seuns te soek om op die plaas te kom help met die boerdery. Alles gaan voor die wind: sonder moeite kry hy die dogter en twee seuns, sodat Oom Jan verruk uitroep: ‘Ek staan verbaas o'er di dade van God; mar so gaat dit; as di Liwe Here 'n ding wil doen, dan gaat dit tog al te maklik.’

Na hierdie breedvoerige inleiding vertel die skrywer die lotgevalle van die kinders op die plaas.

Eerw. Van der Rijst het gereeld Bybelraaisels ingestuur vir die lesers van die Almanak en die Patriot 'met die belofte van 'n mooie Bybel’ vir die oplosser van dié raaisels.

Bronne:

  1. Geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde, P.J. Nienaber en G.S. Nienaber. J.L. van Schaik, Bepk., Pretoria 1941
  2. 365 Spore Geskiedenis vir Elke Dag
  3. Sterfkennis - https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSQ8-73SH-F?i=2161&cat=331262
view all

Jan Willem Van der Rijst's Timeline

1828
January 15, 1828
Leuven, Flemish Brabant, Flanders, Belgium
1851
1851
Age 22
Amsterdam, Government of Amsterdam, North Holland, The Netherlands
1854
March 12, 1854
Age 26
Amsterdam, Government of Amsterdam, North Holland, The Netherlands
1904
September 13, 1904
Age 76
Heiloo, Heiloo, North Holland, The Netherlands
????