Johan Godlieb Godfried Welgemoed, SV/PROG

Is your surname Welgemoed?

Research the Welgemoed family

Johan Godlieb Godfried Welgemoed, SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

Johan Godlieb Godfried Welgemoed, SV/PROG

Birthdate:
Birthplace: Königsberg, Lower Franconia, Bavaria, Germany
Death: Died in Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
Immediate Family:

Husband of Magdalena Catharina Keyser, SM/PROG
Father of David Johannes Welgemoed, b3; Johan Godliep Carel Welgemoed; Maria Charlotta Welgemoed; Hendrik Paul Welgemoed; Anna Margaretha Susanna de Waal and 5 others

Managed by: Private User
Last Updated:

About Johan Godlieb Godfried Welgemoed, SV/PROG

Johan(n) Godfried (Godlieb) WELGEMOED (WELGEMOTH), van Koningsbergen in Pruise (vandag Pole), gebore 1760. Sy oorsponklike van “WELGEMOTH” is verHollands na “WELGEMOED”. Daar is verwarring wat betref sy tweede naam. Op verskillende dokumente word sy tweede naam aangegee as Godfried, Godliep, Gotlieb, Gotliep en as: "Johann Gottlieb" soos in die bron : De Villiers/Pama se "Geslagregisters Van Die Ou Suid-Afrikaanse Families - 1960 ". Hy was bootsman in diens van die V.O.C., tot die jaar 1795, toe die V.O.C. ontbind is, en Groot Brittanje die Kaap Kolonie geannekseer het. Hy is in 1795 uit die diens van die Kompanje; dit is onbekend wat hy direk daarna gedoen het. Hy was heel moontlik in die tyd bedrywig in die omgewing van Patensie op sy skoonvader se plaas. In 1806 koop hy die plaas "de Suure Bron". Sy naam verskyn in die bron: " African Court Calendar" (amptelike regerings jaarboek) vir elke jaar vanaf 1810 tot 1815 . Daarin word hy gelys as een van die amptenare van die Kaapse Koloniale Regering, met die volgende ampsbeskrywing : "Overseer of the Roads and Collector Of Tolls at Kromme River, Dist., Uitenhage". (Kromme River is nou bekend as St. Francis Baai). 'n Toesighouer van die paaie was iemand wat deur die regering aangestel was, en iemand wat aansien in sy gemeenskap geniet het. Hy het uit die gemeenskap waarin hy gewoon het 'n aantal persone aangestel om die paaie in die gebied in stand te hou, en hy moes toesig hou oor die werk. Johan Godfried het baie rondgetrek (verwys kinders se doopplekke) en was dalk op 'n stadium óf 'n trekboer óf 'n transportryer. Hy is op 15.5.1796 getroud met Magdalena Catharina Elizabeth KEYSER in die Ned. Geref. Kerk, Kaapstad. In die huweliksregister verskyn die volgende inskrywing : "Johan Godlieb Welgemoed van Konigsbergen onder afgeskreeve gagie gestelden Bootsman Jongman met Magdalena Catharina Elizabeth Keyser van Cabo de Goede Hoop jonge d."(ochter). Sy was dogter van David KEYSER en Margaretha KLEIN (10 kinders). Hy is oorlede 1841 op die plaas “Welgevonden” by Uitenhage.

KINDERS:

  • b1 Frederik Ernst gebore 1799 op Zuurbron (Sy vader se plaas wes van Hankey/Patensie oorkant die Gamtoos rivier)
  • b2 Anna Margaretha Susanna gedoop Swellendam, 15 Sep 1799.
  • b3 David Johannes, gebore 19 Jan 1801, gedoop Swellendam, 19 Mar 1801
  • b4 Johan Godlieb Karel, gedoop Swellendam, 9 Sep 1803
  • b5 Maria Charlotta, gebore 5 Mei 1806, gedoop Swellendam, 29 Jun 1806
  • b6 Hendrik Paul, gebore 21 Sep 1810, Gouritzrivier, dist Mosselbaai.
  • b7 Magdalena Jacoba Susanna, gebore 10 Jan 1811, gedoop Stellenbosch, 15 Jun 1811.
  • b8 Aletta Johanna, gebore 8 Jun 1813, Grahamstown , gedoop Stellenbosch, 3 Feb 1814.
  • b9 Louisa Christina, gebore 23 Des 1815, gedoop Stellenbosch, 27 Jul 1816.
  • b10 Christian Jacobus, gebore 1822, Uitenhage dist., gedoop Uitenhage, 3 Sep 1823.

Verwysings:

Saamgestel deur: Pieter Conradie pietc@iafrica.com

view all 13

Johan Godlieb Godfried Welgemoed, SV/PROG's Timeline

1759
November 1759
Königsberg, Lower Franconia, Bavaria, Germany
1793
1793
Age 33
1797
January 26, 1797
Age 37
Paarl, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1799
February 28, 1799
Age 39
Uitenhage, Port Elizabeth, Eastern Cape, South Africa
1801
1801
Age 41
1806
May 15, 1806
Age 46
Swellendam, South Africa
1810
September 21, 1810
Age 50
1811
January 10, 1811
Age 51
Stellenbosch
1813
June 8, 1813
Age 53