Johann Kruger, SV/PROG 6

How are you related to Johann Kruger, SV/PROG 6?

Connect to the World Family Tree to find out

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Johann Kruger, SV/PROG 6

Not to be confused with Jan Hendrik Kruger, SV/PROG 4

Hy kom gedurende 1765 by die Kaap aan vanaf Stralsund, Duitsland.


Die 6de (nie 4de, gegewe die 2 KRUGELS) Kruger stamvader wa na SA gekom het. In sommige ou geskrifte ook "Jan" genoem - dit is blykbaar sy plaaslike noemnaam. Dit is nog nie vasgestel of hy familie van een of meer van die 1e 3 was nie (President Paul Krüger se stamvader as Jacobus) of Jacob Krüger (of Gruger) van Berlyn wat reeds in 1713 in die Kaap aangekom het - 52 jaar voor Johann.

Hy, Johann, arriveer in 1765 (in Ryk Tulbagh se ampstermyn) aan die Kaap vanaf Stralsund (Strahlsund), 'n hawestad aan die Baltiese See in die huidige Oos-Duitsland (voorheen Pruise), as 'n huur-soldaat in diens van die H.O.I.K. - hy as na berekening toe omtrent 28 jaar oud. Date of birth then 1747

Op 25 April 1767 (d.i. die jaar van die groot pokke-epidemie aan die Kaap) word hy 'n vryburger en sluit 'n kontrak (afdruk van die oorspronklike dokument uit die Kaapstad se argief sal nog bygevoeg word) om vir 'n tydperk van een jaar in die diens van die "landbouer Henning Viljoen" te tree as "kneg" (destyds genoem "bouwknegt"), oftewel wat ons vandag sou noem plaasvoorman - dit ws 'n soort vakleerlingksap deur die wet vereis voordat hy kon kwalifiseer vir 'n eie "huurpagplaas". Verdere hernuwings van hierdie kontrak (later ook by ander boere, almal vir een jaar termyne) is ook nog in die argiewe te sien.

Op 22 Januarie 1777 tree hy in die huwelik met Maria Elisabeth Venter, dogter van Jan Adriaan Venter en Maria Jourdaan (Jordaan), by wie hy 9 kinders gehad het - eers 3 dogters - toe tweeling seuns, gevolg deur nog 2 seuns en toe tweeling dogters.

Hul 1e 5 kinders is gedoop in die N.G Kerk te Kaapstad (die Gereformeerde Kerk is eers in 1859 gestig) en die laaste 3 in die N.G. Kerk op Graaff Reinet (6e onseker). Die oudste was in 1779 gedoop en die jongste in 1792.

Hy het diep spore getrap aand ie Oos grans en het blykbaar o.a.aan al die Kafferoorloë voor 1795 deelgeneem, en het waarskynlik êrens ind ie "Agter Sneeuberge" en/of die Tarka-kontrei geboer.

In 1795 is hy saam met 'n groot groep grensboere wat in opstand gekom het teen die Engelse Regering aan die Kaap, gevange geneem en vir een jaar in die "donker gat" in die Kasteel (saam met baie medegevangenis) opgesluit (sonder verhoor) en toe vrygelaat "weens hoë ouderdom" (hy was toe 56!).

Wat hierna van hom geword het is tans nog nie nagespeur nie, maar vir enigiemand wat bg. kerker al gesien het, is dit denkbaar dat hy teen die tyd dat hy vrygelaat i, seker 'n fisiese (en moontlik ook gestelike) wrak moes wees - dis eintlik verstommend dat hy dit oorleef het. Sy oudste dogter was maar 16 en sy oudste seun 8 in hierdie tyd.

Sy 7e kind (4e seun) wat ten tye van sy vader se gevangenskap 6 jaar oud was, was ons volgende stamvader (die 1e gebore Suid-Afrikaner in ons geslag)

view all 14

Johann Kruger, SV/PROG 6's Timeline

1747
1747
Stralsund, Mecklenburg-Vorpommern, Deutschland (Germany)
1779
March 21, 1779
Paarl, Western Cape, South Africa
1780
December 31, 1780
Paarl, Western Cape, South Africa
1782
April 3, 1782
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
May 10, 1782
Paarl, Cape, South Africa
1785
June 15, 1785
Paarl, Western Cape, South Africa
1787
April 15, 1787
Paarl, Drakenstein, Caep de Goede Hoop, South Africa
1788
1788