Nicolaas Johannes Mentz

Is your surname Mentz?

Research the Mentz family

Nicolaas Johannes Mentz's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Nicolaas Johannes Mentz

EGGSA Grafsteen / Gravestone

HERINNERING AAN DIE SNEUWEL VAN NICOLAAS JOHANNES MENTZ geskryf deur sy seun NJ Mentz in Julie 1949.

VADER GESNEUWEL EN EK GEVANG

Die more van die l8de (Januarie 1900) sien ons ‘n sterk perde kommando — Engelse ongeveer 800 man, optrek van die Tugela (hulle het na ons die brug opgeblaas het 'n Pontoon of skuitbrug oor die Tugela gebou) in die rigting van die Vrystaat (Oliviershoek) trek. My pa het dadelik na Gen Prinsloo gegaan en vir horn gesê, daardie Engelse is van plan om die Vrystaat in te val, sodat ons Vrystaaters kan pad gee, en Buller ‘n oop pad kan he na Ladysrnith. Gen Prinsloo het gese hy glo nie. Hulle maak maar somrner ‘n beweging. Hierop het rny pa vrywilligers gevra om daardie Engelse te gaan terug dryf — ongeveer 50 Heilbronners, meestal van die dorp komrnando was dadelik gereed om te gaan (o.a. was daar Willie Steyn, Koos Theron, Gysbert Roos, Abarurn Ceronio, Piet Gidion en Hendrik Lubbe, Karel Luyt, David Hennop, Martiens Jordaan, Jim Tunner en Merrick en sy breer - dis name wat ek nog onthou van die dorpenaars en van die distrik, Louis Groenewald, Jan Schultz, Willie Theron.

Ons was ongeveer 400 tree van die Iaer af toe daar 400 Pretoriane onder Veldkornet Rooi Daniel Opperman by ons korn. Tom Moody, ‘n bekende van my pa was onder hulle en terwyl hulle groet en gesels, kom daar ‘n perde ruiter om aan my pa te se dat Gen Prinsloo horn graag wou spreek. My pa het terug gery en toe hy in die tent kom, sê Gen P dat Generaal Louis Botha, vir Komdt Opperrnan gestuur het met 400 man orn die Engelse terug te dryf en of my pa sal orngee em onder Veldk Opperrnan te dien. Hy het ingestem. Toe se Opperrnan, “Gen as die Engelse kannone het kan ons dan maar omdraai”. My pa vra toe vir horn “Veldkornet het jy gekom om vir Engelse kannonne te vlug of om hulle terug te skiet”. Toe sê Opperman “Nou kom ons ry” — Op die plaas van Coventry “Acton Holmes” was bale geel perskes — almal is daar in en die sakke vol gestop en geëet. Toe kom die order ry. Ons Heilbronners was almal by my pa en ons het gery — saarn met Veldk Opperman was rnaar orntrent 100 rnanskappe die ander het in die tuin gebly. Ons het gery tot by ‘n buite kerkie en daar gewag vir die ander. Veldk Opperrnan het verskeie persone gestuur, maar nie een het teruggekem nie. Eindelik het hy sy sekretaris Petrus Erasmus gestuur en die het toe gekorn met nog ongeveer 100 — 150 man. Net toe hulle bykorn gee Veldk Opperman order dat ons moet opklim en ry. Toe ens so ‘n paar honderd tree anderkant die brug oor ‘n spruit of rivier was, kry ens ‘n paar beeswagters wat hul beeste op ‘n galop aanja — aan hulle word gevra, wie daar bo in die rante was; vantevore het ons rnense daar gesien, maar dit was te vêr om te onderskei tussen wit of swart, hulle se toe dit is beeswagters. My pa sê toe aan Piet Lubbe en Abarurn Cironio om na ‘n sekere koppie aan die linkerkant te ry, die koppie was orntrent vier — vyf honderd tree van ons af, en Veldkornet Opperman sê aan 2 Duitsers jaag na daardie rand en wys vir my waar is die Engelse. Hul distansie was iets rneer as 300 tree. Hulle het gejaag — op die rand afgespring van hul perde en met hul hoede gewink.

Waarop Opperrnan toe die bevel gee em te storm. Ek het my pa toe hoor se “Dit is ‘n verkeerde order, maar storm”. Dit is die laaste woorde wat ek van hom gehoor het, en dit was presies 2 uur nm. My perd het besonder hard geloop en was ek los voor (intussen het die twee Duitsers op hul perde gespring en teruggejaag). Majoor McKenzie, van die Natal Carbineers, was in bevel van die Engelse en hy het order gegee dat niemand moet skiet voor hy nie die eerste skoot skiet nie. Daar was ‘n jong Nataller, dit was die eerste keer wat hy in die geveg kom en hy kon dit glo nie maar uithou toe ons so op hulle afstorm, en hy skiet en tref my stiegriem met die gevolg dat ek my balans verloor, en val. Toe daardie skoot val, toe dreun dit soos die Engelse skiet. Veldkornet Opperrnan was al op die grend, en my skreeuw net se hard by kon. "O, God burgers laat ons vlug!" Oom Jan Lawton van die Pretoria Kornrnando, gryp horn voor die bors en sê “Daniel staan, staan soos ‘n man” rnaar hy skreeuw nog harder “vlug burgers”. Oom Jan stamp horn toe en sê “nou vlug jou meid” sommige burgers jaag toe uit en ander jaag in, en hulle jaag mekaar onderste bo - spring op en hardloop ult en vlug vir al wat hul werd was - met die afklim van sy perd is my pa se een been vergruis deur ‘n koeël. Hy het toe op sy regter knie gebukken agter ‘n klip gekniel en geveg tot hy ‘n doodskoot deur sy kop gekry het. Op die plek waar ons afgespring het, het daar 12 man agter gebly wat nie gevlug het nie - n.l. my pa, Koos Theron, Kalie Luyt, Jan Scholtz, Abarurn Ceronio, Lewies Groenewald en ek, Heilbrcnners en Pretoriane, Asst Veldk Ben Snyman en sy seun en sy swaer Ben Badenhorst, Jan Lawten en ‘n jong man ek dink Roos. My pa en Roos is gesneuwel en ‘n 14 jarige Kaffer wat een van die Transvalers se agter ryer was. Kalie Luyt had ‘n skoot deur die arm. Jan Schultz had die skoot onderkant die sy oog deur die wang been en net langs die murg been agter sy nek uit. Lewies Groenewald ‘n skrarnskoot aan die oog. Op ‘n ander plek, ons het nie van hulle geweet nie, daar ons gedink het dat ens alleen oorgebly het, was Petrus Erasmus, Koos Opperman, ‘n broer van die Veldkomdt, Jan Jacobs (getroud met Frikkie Eloff se dogter, ‘n klein kind van President Kruger) en Tom Moody, Prinsloo en Lombard — hulle het ook nie van ons geweet nie en gedink dat hulle al wat oor gebly het, en ‘n paar ander wie se name ek vergeet het na aan die brug was nog ‘n stuk ef 6 ander Pretoriane. Die naaste Engelse was minder as 50 tree van ons af. Ons kon Rooi Daniel en sy manskappe sien staan omtrent 3000 tree van ons af, en het gehoop dat hul ‘n poging sou aanwend om ons te korn help om uit te korn, en ons het aangehou met skiet, tot 6 nm die middag, en toe ek omkyk toe sien ek dat Badenhorst op order van Asst Veldkomdt Snyman ‘n wit sakdoek aan die geweer se punt vas gemaak het, en dit opsteek. Dadelik het ek aan Koos Theron en die ander gese, dat hul moet cphou met skiet, daar die witvlag waai. Theron en ek het toe begin em die gewondes te verpleeg en ek het my Pa se oorlosie, sy beurs en ‘n lys van wagwoorde geneem en vernietig.

Daardie nag het ens heel nag deur geloop, met kort tussen pose, em ‘n bietjie te sit em te rus. Daar het een van die Natal Carbineers, sy naarn was “Calvus”, aan ens vertel dat hy baie goed bekend is of was met die boere van Harrisrnith en Vrede en dat hy meer as een nag in een van bogencemde laers gesit en gesels het, en saam met die een of ander vriend of bekendes saam koffie gedrink en uitgevind wat daar ult te vinde was, naamlik die sterktes van die verskillende kornrnandos, waar hul posisies was ens. Die more toe dit lig word is ons oor die skuit of "pontoon" brug oor die Tugela. Daar het ‘n hoe offisier gekom om ons te ondervra, hy had ‘n tolk, ‘n stuk of 10 van ons paar in die twintig gevangene, kon goed Engels praat, maar almal het gemaak of ons niks verstaan nie om also, ons beter voor te berei vir die antwoorde, wat ons moes gee. Voor die vraery begin het, het die offisier eers sy sakvles met Whisky uitgehaal, en uit die goue glasie vir elk van ons ‘n drankie gegee - as die sakvles leeg is, word dit weer volgemaak uit ‘n bottel, rnaar almal moes uit daardie fles drink. ek en 'n ander het geweier om te drink. Na die ondervraery, het hy gese “Now give these men a hearty breakfast”. ‘n Paar van die gevangene is toe aangesê em die kos te gaan haal. Dit was klinkers,- 14 blikke “Bully beef” en groot potte vol swart koffie. My hart was te seer oor my vader en ek het nie eers probeer om te eet nie, ‘n bietjie later korn daar ‘n ander hoog geplaaste offisier, hy had ‘n mooi netjies geknipte bruin baard, en het op ‘n baie rnooi perd gesit. Ek het daar eenkant gestaan terwyl die ander eet. ‘n Offisier het my kom haal en na die een op die perd geneem, toe ek by hom kom vra hy my of dit my vader is wat gesneuwel het? Na ek bevestigend geantwoord het, steek hy sy hand ult, en toe hy my hand neern sê hy “I can sympathize with you, for I also lost my father on the battlefield”. Hy vra my toe of dit my pa se perd is wat daar staan, ek antwoord ja. Toe stuur hy ‘n orderly om die saalsakke af te haal en aan my te gee. Hy wou toe verder weet wat hy vir my kan doen. Ek vertel horn toe dat my moeder op Smiths Crossing by die hospitaal was, en of hy nie die lyke van my vader en Roos kon stuur na die boere laers nie. Hy sê dat hy in bevel was van die leer wat opmars na Spioenkop en dat hy die lyke nie kan stuur nie, maar dadelik ‘n rapport na die kommando sal stuur en hulle vra om die lyke te laat haal. Waar ek nog bygestaan het, het sy sekretaris die Rapport geskryf, en na die offisier geteken het, is ‘n rapportryer met ‘n witvlag vort na ons komrnando. Hy het daar aangekorn en onmiddellik, het die boere offisier ‘n ambulans gestuur, en is die lyke vervoer na Smiths Crossing alwaar hul begrawe is, tussen die spoorlyn en die spoor draad. Ek is nou nog jammer dat ek nie aan die offisier gevra het wat sy naam is nie. Hy was nieteenstaande die feit, dat hy ‘n vyand van ons was nie, het hy ‘n ware Christelike houding teeneer my in die besonder en die ander in die algerneen openbaar.

==========================================

ANDER VERMELDINGS

"Another record of conspicuous bravery will live in the recollection of the burghers who helped to gain and who may survive the victory of Spion Kop. This was the death of old Nicholas Mentz, a Field Cornet of the Heilbron burghers, forming part of the Free State contingent with Botha's force. On the 18th a patrol of 200 men were sent across the river above Spion Kop to find out the main positions of the English west of Mount Alice. A few of the patrol were riding ahead of the body, and were told by a Kaffir that there were no British in front, where a kopje obscured the view in advance. Mentz and some fifty men rode ahead, and found themselves under a hill held by a large force of the enemy. They resolved, unwisely, to storm the hill, but were shot back by the troops who had been concealed behind, and who were in overwhelming numbers. The burghers retired, but old Mentz, his son Nicholas, and another would not turn from any number of Booi-neks, so they put their backs to a rock and faced the entire force in front of them, firing point blank at their foes. Young Mentz fell wounded; so did his companion, Theron. Old Nicholas was shot in both legs, but he still fired, refusing to surrender. A British-officer, in admiration of the old man's pluck, called upon him three times to stop firing, and prevented his men from killing their valiant foe. He refused to stop, and was killed in the act of firing his last bullet." Davitt: Boer Fight for Freedom - Chapter XXVII - Spion Kop

================================================

"So the soldiers succoured the Boer wounded, and we told the prisoners that they would be shown courtesy and kindness worthy of brave men and a famous quarrel. The Boer dead were collected and a flag of truce was sent to the enemy's lines to invite a burying and identification party at dawn. I have often seen dead men, killed in war—thousands at Omdurman—scores elsewhere, black and white, but the Boer dead aroused the most painful emotions. Here by the rock under which he had fought lay the Field Cornet of Heilbronn, Mr. de Mentz—a grey-haired man of over sixty years, with firm aquiline features and a short beard. The stony face was grimly calm, but it bore the stamp of unalterable resolve; the look of a man who had thought it all out, and was quite certain that his cause was just, and such as a sober citizen might give his life for. Nor was I surprised when the Boer prisoners told me that Mentz had refused all suggestions of surrender, and that when his left leg was smashed by a bullet he had continued to load and fire until he bled to death; and they found him, pale and bloodless, holding his wife's letter in his hand. Beside him was a boy of about seventeen shot through the heart. Further on lay our own two poor riflemen with their heads smashed like eggshells; and I suppose they had mothers or wives far away at the end of the deep-sea cables. Ah, horrible war, amazing medley of the glorious and the squalid, the pitiful and the sublime, if modern men of light and leading saw your face closer, simple folk would see it hardly ever."

•Churchill: London to Ladysmith via Pretoria : Chapter 16 - Trichardt's Drift And The Affair Of Acton Homes

view all 12

Nicolaas Johannes Mentz's Timeline

1846
April 15, 1846
1870
July 18, 1870
Age 24
1871
September 13, 1871
Age 25
1879
November 1, 1879
Age 33
Heilbron, Northern Free State, Free State, South Africa
1882
February 23, 1882
Age 35
1884
July 5, 1884
Age 38
1889
September 3, 1889
Age 43
1891
December 1, 1891
Age 45
1894
December 4, 1894
Age 48
1900
January 18, 1900
Age 53
sneuwel tydens ABO by Acton Homes, naby Ladysmith