Pieter Hendrik Henning, SV/PROG 1

Is your surname Henning?

Research the Henning family

Pieter Hendrik Henning, SV/PROG 1's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Share

About Pieter Hendrik Henning, SV/PROG 1

Pieter Hendrik (Peter Heinrich) HENNING, SV/PROG 1

  • Born: 1.12.1740 Lippstadt, Lippe (Germany)
  • Christened: 24.12.1740 Lippstadt, Lippe (Germany)
  • Died: 4.7.1823

Huwelike/Marriages --------------------

  1. Anna Elizabeth Helena PIERS
  2. Drakenstein 10.7.1768 Elizabeth Catharina ENGELBRECHT * 20.1.1753 Kaapstad + 11.2.1845 Elandskraal, Cradock d.o. Gert (Gerd/Gerrit) ENGELBRECHT, SV/PROG & Catharina Elizabeth DE JONGH

Kinders/Children --------------------

By/with Anna Elizabeth Helena PIERS:

  • Friederich * ca. 1764 in Germany

By/with Elizabeth Catharina ENGELBRECHT:

  • b1 Johannes Gerhardus * 18.3.1770
  • b2 Elizabeth Catharina * 1772
  • b3 Pieter Hendrik * 18.4.1776
  • b4 Anna Maria * 5.10.1778
  • b5 Jacobus Cornelis * 1782
  • b6 Willem Frederik * 5.9.1782
  • b7 Gert Frans * 1.4.1785
  • b8 Carel * 2.12.1788
  • b9 Jan Hendrik * 2.6.1790
  • b10 Daniël Stephanus * 4.3.1793
  • b11 Johanna Magdalena * 23.8.1797

Geskiedenis/History --------------------

Sien die Henning familiekroniek Hoofstuk 3 vir 'n meer volledige geskiedenis uiteensetting.


Bronne/Sources --------------------

  1. Henning Families Worldwide: http://www.henning.org/CD/databasis/persone/8/8/88p.htm

He was born in Lippstadt, Germany and christened on 24 Dece mber, 1740, in the Grosse Marienkirche, Lippstadt, by the " leraar", Dr Dreckmann. Unfortunately, the custom at that ti me was to record the names of only the father and godfather . His father name was recorded as Johann Gerdt Hennning an d his godfather was Syndicus Clusener. His mother's name ha s not been found, in spite of a search of all the birth, ba ptismal and death records of the Evangeliese Lutherse congr egations in that area.. There were also various spellings u sed for his father's name -- Johan Gerhard, Johanes Gerhard . Researchers think that the spelling in Pieter's baptisma l record, Johann Gerdt, was an abbreviation of Johannes Ger hard. He was trained by his father to be a "tobacco roller" and a lthough he was just 17 years old when his father died, in A pril 1758, he had assumed responsibility for the family bus iness. Apparently, he was exempt from taxes until he becam e a full "burger" of Lippstadt on 23 January 1760.

Vir 'n volledige relaas van sy geskiedenis moet Hoofstuk 3 van die Geslagsregister gelees word. Kyk ook na die Skyfievertoning oor sy geskiedenis wat by die keuselys beskikbaar is. Hierdie is slegs 'n opgesomde relaas van sy geskiedenis.

Peter Henrich Henning word gedurende Desember 1740 te Lippstadt gebore as die sewende kind van Johannes Gerhard Henning. Ongelukkig is sy ma se name onbekend, ten spyte van die feit dat alle toepaslike registers (doop-, huwelik- en sterfregisters) deurgewerk is. Hy word deur sy pa opgelei as tabakroller en neem mettertyd, toe hy slegs sewentien jaar oud was, sy pa se tabakbesigheid oor. Op 20-jarige ouderdom tree hy in die huwelik met Anna Elizabeth Helena Piers en hul eersteling, ‘n seuntjie Friederich word vier jaar later, op 15 November 1764 gebore.

Op 14 Julie 1765 vertrek Peter Henrich as ‘n gewone soldaat in diens van die Hollandse Oos Indiese Kompanje na die Kaap. Die retoerskip, “Jonkvrouwe Kornelia Jacoba” waarmee hy reis kom op 22 November 1765 by die Kaap aan.

Gedurende sy tyd as soldaat dien hy onder Kaptein Hendrik Storm en Vaandrig Johannes Steen, maar op 25 Mei 1768 verleen die Kompanje goedkeuring dat hy as boerkneg begin werk vir Gerrit Engelbrecht wat op ‘n klein stukkie grond van ongeveer 2 morge in die Klein Drakenstein wyk van die Stellenbosch distrik, met die naam Leliefontein geboer het. Bietjie meer as ‘n maand later, op 10 Julie 1768 trou Peter Henrich met Gerrit Engelbrecht se dogter, Elizabeth Catharina. Hulle het uiteindelik tien kinders gehad, soos uiteengesit in die familiekroniek.

Dit is onseker presies wanneer die Henning gesin na die Oosgrens van die kolonie verhuis het, maar op 31 Maart 1779 kry hy goedkeuring om sy vee te laat wei op die plaas “Weltevreden”, langs die Voëlrivier in die Camdebo, aan die voet van die groot Bruintjieshoogde berge. Vyf jaar later, op 2 Desember 1784 kry hy toestemming om sy vee te laat wei op die plaas “Alleengelaten”, ‘n paar kilometers vanaf Weltevreden, stroomaf langs die Voëlrivier.

Op 25 November 1783 word Peter Henrich ‘n Vryburger. Gedurende hierdie tyd begin die spelling van sy naam ver-hollands na Pieter Hendrik.

Teen die einde van 1786, of vroeg in 1787 het die Henning gesin skynbaar verhuis na die wyk “Achter Sneeuberg” in die nuutgeproklameerde distrik Graaff-Reinet, want sy belastingopgawe is in 1787 hier opgeneem en die plaas Elandskraal op 20 November 1787 aan hom toegeken.

Bykans twee jaar later, op 25 September 1789 word die plaas “Commando Drift” in die Tarka ook aan Pieter Hendrik toegeken. Hierdie plaas was ver buite die grense van die kolonie in ‘n gebied wat baie onveilig was weens die Boesmans. Pieter Hendrik het tot ongeveer 1796 op beide Elandkraal en Commando Drift geboer, voordat hy afstand gedoen het van Commando Drift.

Met verloop van tyd het Pieter Hendrik drie aangrensende plase langs die bolope van die Visrivier, in die wyk Achter Sneeuberg besit — Elandskraal, Roode Taaibosch en Klipplaat. Ten spyte van sporadiese droogtes en ander plae soos sprinkane, trekbokke en diefstal deur die Boesmans en Xhosas het die Henning boerdery ‘n stygende kurwe getoon.

Al Pieter Hendrik – en Elizabeth Catharina Henning se kinders het met verloop van tyd, na hulle onderskeie troues as trekboere weggetrek. Slegs Daniël Stephanus (b10) en sy gesin het op Elandkraal agtergebly.

Pieter Hendrik Henning sterf op 4 Julie 1823 in die rype ouderdom van 82 jaar en ses maande en sy eggenote Elizabeth Catharina op 1 Februarie 1845 in die ouderdom van 92 jaar en een maand. Hulle het dus ‘n vrugbare huwelik van 55 jaar gehad. https\\:/61903/2\:2\:93V6-87N

view all 17

Pieter Hendrik Henning, SV/PROG 1's Timeline

1740
December 1, 1740
Lippstadt, North Rhine-Westphalia, Germany
December 24, 1740
Lippstadt, North Rhine-Westphalia, Germany
1764
1764
Age 23
1770
March 18, 1770
Age 29
Tulbagh, Land van Waveren, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1772
November 15, 1772
Age 31
Tulbagh, Land van Waveren
1776
April 18, 1776
Age 35
Cradock, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1778
October 5, 1778
Age 37
Suid Afrika
1782
February 3, 1782
Age 41