Kolonel Petrus Imker Hoogenhout, Kolonel

Is your surname Hoogenhout?

Research the Hoogenhout family

Kolonel Petrus Imker Hoogenhout, Kolonel's Geni Profile

Records for Petrus Imker Hoogenhout

2,560 Records

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Kolonel Petrus Imker Hoogenhout, Kolonel

Birthdate: (86)
Birthplace: Groenberg, Wellington, Breede River DC, Western Cape, South Africa
Death: November 19, 1970 (86)
Wellington, Breede River DC, Western Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Casper Peter Hoogenhout, SV/PROG and Catharina Maria Hoogenhout, SM/PROG
Husband of Sebastina Susanna Hendrina Goosen and Elizabeth Emma Hoogenhout, b1c5d8e1f1g2
Father of Imker Francois Marais Hoogenhout; Caspar Peter Hoogenhout and Hilgard Müller Hoogenhout, Lieutenant
Brother of Dr Nicolaas Marais Hoogenhout; Johanna Retief Hoogenhout; Francois Paulus Hoogenhout; Daniel Marais Hoogenhout and Wynanda Elizabeth Hoogenhout
Half brother of Petrus Jacobus le Roux and Catharine Le Roux

Occupation: SWA Administrateur, Administrateur SWA, Onderwyser, Ambassadeur Nederland, Skrywer
Managed by: Hermanus Frederik 'Manus' Steyn,...
Last Updated:

About Kolonel Petrus Imker Hoogenhout, Kolonel (Afrikaans)

Petrus Imker Hoogenhout (Kolonel) * 2/2/1883 Groenberg, Wellington † 19/11/1970, Wellington. Onderwyser, Skoolinspekteur, Administrateur van Suidwes-Afrika, Suid-Afrikaanse Ambassadeur in Nederland en Skrywer

Petrus Imker Hoogenhout is op 2 Februarie 1884 op Groenberg, 'n plaas naby Wellington, gebore, as seun van die bekende digter en taalpropagandis C. P. Hoogenhout. Sy eerste onderrig het hy dan ook in die skool van sy vader ontvang, en in 1899 is hy na die Hoër Jongenskool op Wellington. AI sy eksamens daar het hy met lof afgelê: in Taalbond en Geskiedenis-Taalbond was hy albei eerste op die lys. Daarna is hy na die Victoria Kollege waar hy in 1904 die graad B.A. behaal het.

Die plan was om vir mediese dokter te gaan studeer, maar omdat sy vader nie alte gesond was nie. is hy gevra om hom vir drie maande behulpsaam te wees, en die drie maande het drie en 'n half jaar geword. Op 24-jarige leeftyd (1908) is mnr. Hoogenhout aangestel as hoof van die Jeppe-Opleidings-instituut in Johannesburg; maar twee jaar later het dr. Adamson, direkteur van onderwys, hom gevra om na Bethal te gaan as hoof van die skool aldaar. Op hierdie dorp was daar moeilikhede: Die ou C.N.O.-skool en die Goewermentskool het geamalgameer en die ouers wou geen een van die dienende hoofde hê nie. Onder die leiding van mnr. Hoogenhout het die inrigting gegroei tot 'n hoërskool, wat na hom genoem is. Op Bethal is sy eerste vrou, Stinie Goosen, oorlede, en daar het hy sy tweede vrou Emma Muller, ontmoet.

In 1921 het mnr. Hoogenhout hom die benoeming tot skoolinspekteur laat welgeval. Sy eerste inspeksie-kring was Wes-Transvaal, met Wolmaransstad as sy hoofkantoor. Vyf en 'n half jaar het hy daar gedien in komissies soos die kommissie van volksonderwys, die komissie vir die spelling van aardrykskundige eiename ens., ens.

Vreemd is dit niet dat mnr. Hoogenhout, as steun van C.P. Hoogenhout , ook aan die Afrikaanse taalstrijd deelgenomen het nie. Saam met Dr. D.F. Malherbe, adv. J.H.H. de Waal en andere, is hy een van die stigter van die Afrikaanse Taalvereniging in 1906. "Tot my spyt," verklaar mnr. Hoogenhout, moes ek, weens my vertrek na Johannesburg in April 1908, my betrekkinge met die bestuur afbreek. Met 'n glimlag op my gesig dink ek soms nog terug aan die snedige tong van oom Jannie de Waal, die geestige opmerkings van adv. H. Burton en die verstandig-versoenende stem van adv. Hendrik van Zyl, tans regter-president van die·Kaap.

Ook in die letterkundige wêreld is mnr. Hoogenhout geen onbekende nie, veral met sy bundel sketse: Op die Delwerye (1926). En wie van die jonger geslag het nie kennis gemaak met sy skoolboeke nie. Daar is die serie Lees met Lus, wat besonder suksesvol was; Afrikaanse Taaloefeninge vir Standerds I tot X - die eerste van hul soort; Afrikaanse Idiome, Taal en Styl (saam met prof. M. C. Botha); Stafie en Santie in Kabouterland (saam met Eitemal), ens.

Vanaf 1 April 1943 to 6 Desember 1951 was Kolonel Hoogenhout die Administrateur van Suidwes-Afrika en vervolgens was hy gedurende Augustus 1952 to 22 November 1956 die Ambassadeur van die Unie van Suid-Afrika in Nederland waar hy ook lid was van die Algemeen Nederlands Verbond. Hoogtepunte gedurende sy ambassadeurskap in Nederland sluit in:

  • Onthulling van die Jan van Riebeeck gedenksteen in die gewel van woning op Lange Kerkstraat 36 (waar eertyds die woning van Jan van Riebeeck gestaan het) op op 23 Augustus 1952 gedurende die Van Riebeeck-fees jaar
  • Benoeming tot ereburger van Culemborg op 17 Okotober 1956
  • Oorhandiging van 'n skenking van die Suid-Afrikaanse volk tot die rampfonds vir die 1953 Waternoodramp

Hy is op 19 November 1970 aan die huis van sy seun Imker op Wellington oorlede.

Bronne:

  1. Die Huisgenoot, 3 Okt 1941
  2. Genealogie Hogenhout
  3. Parenteel van Jan Hoogenhout
  4. Neerlandia, Jaargang 60
  5. Neerlandia, Jaargang 64
  6. Haagse Beeldbank
  7. Schiedam Gemeentearchief Beeldbank
  8. Regionaal Archief Rivierenland
  9. Matieland, Jaargang 15 Nommer 1
view all

Kolonel Petrus Imker Hoogenhout, Kolonel's Timeline

1884
February 2, 1884
Wellington, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1911
March 20, 1911
Age 27
1920
September 15, 1920
Age 36
1924
May 24, 1924
Age 40
1970
November 19, 1970
Age 86
Wellington, Breede River DC, Western Cape, South Africa