

Jan Kamp * Enschede 10 Desember 1862 † Potchefstroom 25 Julie 1924. Hy het in 1898 as gekwalifiseerde onderwyser om gesondheidsredes na Suid-Afrika geëmigreer. Na sy aankoms in Suid- Afrika het hy gedurende en onmiddellik na die Anglo-Boere- oorlog (1899-1904) te Rustenburg en Nigel onderwys gegee. In die begin van 1905 het hy dosent in Nederlands aan die Literariese Departement van die Teologiese Skool op Potchefstroom geword en in 1912 is hy bevorder tot professor.
As student·van dr A Kuyper was Jan Kamp n vurige ondersteuner van Christelik-nasionale onderwys. Hy het veral die stand- punt "dat die skool aan die ouers behoort", beklemtoon. As innige gelowige en stoere Calvinis het hy steeds vaste koers en rigting aangedui. As onderwysman was hy n vurige vegter vir CNO.
Jan Kamp was in 1907 n medestigter van die Voorbereidende Skool. Hy het vir baie jare die Nederlandse Taal en Letterkunde aan die leerlinge onderrig, was tot 1915 lid van die skoolkomitee (ook as sekretaris) en vanaf 1921 lid van die beheerraad van Potchefstroom Gimnasium. Hy het op 'n heel beskeie wyse n besondere invloed op die gees en rigting van Potchefstroom Gimnasium uitgeoefen en was tot en met sy dood in 1924, in noue kontak met die skool.
Bronne:
1862 |
December 10, 1862
|
Enschede, Enschede, Overijssel, Netherlands
|
|
1903 |
November 12, 1903
|
Wakkerstroom, Eastvaal District Council, Mpumalanga, South Africa
|
|
1908 |
1908
|
Potchefstroom, Southern DC, North West, South Africa
|
|
1911 |
February 7, 1911
|
||
1924 |
July 25, 1924
Age 61
|
Dennehof, King Edwardstraat, Potchefstroom, Southern DC, North West, South Africa
|
|
???? | |||
???? |
Hoofbegraafplaas, Potchefstroom, Southern DC, North West, South Africa
|