Susara Margaretha Erasmus

Is your surname Erasmus?

Research the Erasmus family

Susara Margaretha Erasmus's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Susara Margaretha Erasmus

b1c2d3 [rootsweb gee b6c3d4] Susara Margaretha Jacobs [Sarie] (*30.06.1818 Cradock) (=13.12.1819 Graaff-Reinet).

Eerste huwelik: (02.02.1833/34) Daniel Elardus Erasmus [Dom Dael] {b3c12d4e1} (*07.03.1813) (=20.05.1814 Paarl) (+21.08.1836 Murdered by the Matabele at the hunting camp near Losberg) seun van Kmdt. Stephanus Petrus Erasmus {b3c12d4} Voortrekker Kommandant en lid van die Natalse Volksraad EN Martha Wilhelmina Zacharya Kruger [Maartje].
First marriage: (02.02.1833 / 34) Daniel Elardus Erasmus [Dom Dael] {b3c12d4e1} (* 07.03.1813) (= 20.05.1814 Paarl) (+21.08.1836 Murdered by the Matabele at the hunting camp near Losberg) son from Kmdt. Stephanus Petrus Erasmus {b3c12d4} Voortrekker Commander and member of the Natal House of Representatives AND Martha Wilhelmina Zacharya Kruger [Maartje].

Tweede huwelik: (bef.Aug.1841) Daniel Elardus Erasmus [Daantjie Doornkloof] {b3c12d3e5} (*22.09.1815 Wanhoop, George distrik) (=16.01.1816 Swellendam) seun van Daniel Jacobus Erasmus (Oupa Swartkoppies) EN Cornelia Jacoba Susanna Kruger.
Second marriage: (b. Aug.1841) Daniel Elardus Erasmus [Daantjie Doornkloof] {b3c12d3e5} (* 22.09.1815 Despair, George district) (= 16.01.1816 Swellendam) son of Daniel Jacobus Erasmus (grandfather Swartkoppies) AND Cornelia Jacoba Susanna Kruger.

Susara en haar 2de man, Daantjie Doornkloof, die ouers van Kommandant van die 2de ABO, Stephanus Petrus Erasmus [Swart Lawaai] (*c.1854 Doornkloof, Pretoria, ‘Irene’) x Anna Catharina Trechardt (*c.1855 Ohrigstad) dogter van Carolus Johannes Trechardt EN Zacharia Gertruida Erasmus xx Johanna Susanna Frederika Bezuidenhout.

Susara en haar 2de man, Daantjie Doornkloof, die ouers van Generaal Daniel Jacobus Elardus Erasmus [Genl. Maroela] (*04.03.1845 Doornkloof, Pretoria) (=31.12.1849 Doornkloof).

-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-

Sy was gedoop in Graaff-Reinett en aangeneem op 1 Februarie 1833 te Cradock waarna sy op 15-jarige ouderdom op 2 Februarie 1833 (en nie 1834 soos H&L dit aandui nie) in Cradock getroud is met haar eeste man, Daniel Elardus Erasmus, wat op 21.8.1836 in 'n jagkamp naby Losberg deur Matebeles oorval en gedood is.

Hierdie skakeling is deur die navorsing van Mieka Erasmus bewys: Sy verwys spesifiek na die volgende sleuteldokument uit die Nasionale Argief te Pietermaritzburg:

1/LPMB Vol 15 p96-99 Uitgestorwe Boedels A-K 1838-1845 wat die staat en inventaris van die "gezamentlyken boedels van Suzara Margaretha Jacobs en van wylen deszelfz Echtgenoot Daniel Elardus Erasmus bij zijnen dood ontruimd en nagelaten den 21st Augustus 1836..."

Hierdie man van haar kom tot sterwe voordat hulle deel kon word van die Groot Trek. Hoe hopeloos moes die lewe nie vir die pas-weduwee-geworde persoon vorentoe lyk nie! Sy moes al haar besittings tot geld maak en boonop verantwoordelikheid neem dat hul kind "een kwart" van die geld sal kry by mondigwording - oor 17 jaar! As weduwee met 'n babadogterjie moes sy die gewigtige besluit neem of sy gaan trek of nie, en saam met watter trekgeselskap? Wonende op haar skoonvader se plaas (Mooiplaas aan Stormbersspruit - gelëe net suid van die huidige Burgersdorp) - word sy dus deel van Stephanus Petrus se trekgeselskap wat die Kaapkolonie verlaat teen middel 1837. (Die feit dat Stephanus Petrus as borg vir haar dogtertjie instaan is 'n verdere aanduiding dat hy wel die oupa van die kind is).

Langer as twee jaar na haar man se dood word hy eers as offisieel gestorwe gereken op 14 Januarie 1839 - miskien met die hoop dat hy êrens leef - sy lyk is nooit gevind nie. Dit verklaar ook waarop Sa ra Margaretha na twee jaar steeds nie weer getroud is nie.

Op 6 Feb 1838 word Piet Retief en sy manne vermoor by Dingaanstat. Die 16e en 17e probeer Dingaan ook die ander Voortrekkers in Natal uitwis tydens die Groot Moord langs die Bloukrans en Boesmansriviere - vandag die Estcourt-omgewing. Suzara M Jacobsz sterf nie omdat sy haar bevind in 'n laer by Doornkop wat die aanval vryspring. Tog bly sy onlosmaaklik deel van al die ellende en hartseer.

Na die slag van Italeni op 11.4.1838 waartydens Piet Uys sneuwel en die kommandos moes vlug voor die Zoeloes, verlaat die Potgieter trek in Mei 1838 Natal. Sara se vader Michiel Christiaan Jacobsz trek saam met Potgieter weg maar sy bly in Natal agter. In Junie 1838 versit alle oorblywende Voortrekkers in Natal sover as moontlik weg vanaf die Zoeloes tot teen die voet van die Drakensberg, maar steeds langs die Tugelarivier.

Ter selfverdediging gee trekleier Gert Maritz opdrag dat die laer versterk moet word met 'n grondskans van sooie - die Sooilaer ontstaan. Op 4 Desember 1838 vertrek Andries Pretorius met sy kommando hiervandaan om Dingaan se leer te verslaan by Bloedrivier op 16 Desember 1838. Haar skoonpa Stephanus Petrus is een van sy kommandante tydens die Slag van Bloedrivier. Ook na hierdie Sooilaer keer hierdie Wenkommando terug op 7 Januarie 1839.

Een week later op 14 Januarie 1839 onderteken Suzara Margaretha Jacobsz juis hier aan die Tugela die Boedeldokument. (Vandag nog word die Sooilaer aangedui op kaarte, ±30 km wes van Estcourt, 15 km suid van Winterton by die Loskop langs die klein Tugelarivier).

Sy is later met haar tweede man, óók Daniel Elardus Erasmus (b3c12d3e5 deur SAG 2 van Heese en Lombard - deur De Villiers/Parma aangedui as b3c1d2e5f4) getroud. Die plek en datum van hierdie huwelik is nog nie opgespoor nie. Die vermoede is baie sterk dat sy Natal verlaat saam met haar ander borg Frederik Andries Strydom (gemeld in die bg. Boedeldokument). Haar skoonouers bly aan in Natal tot 1843. Frederik Strydom se ouers bly toendertyd aan die Krakeelrivier, wyk Onder Langkloof distrik George (die plaas lê net wes van die huidige Joubertina) en besit ook die plaas Antoniesberg, distrik George waar die Olifantsrivier ontspring. Frederik is op 4.4.1832 te George met Hester Susanna Erasmus *29.9.1813 (die net-ouer suster van die einste Daantjie Doornkloof) getroud. Dis dus hoog s aanneemlik dat Sara Margaretha Jabosz en haar klein dogtertjie uit die gevaarlike Natal deur haar borg Strydom weggeneem is om by Antoniesberg veilig te woon by haar skoonouers se broer en suster. H ier sou sy dan haar toekomstige man Daniel Elardus Erasmus (Daantjie Doornkloof) leer ken. Dit verklaar dan ook waarom haar eerste kind van hierdie tweede huwelik in 1840 in die Kaapkolonie gebore is.

Op 23 September 2002 is 'n gedenkteken onthul op die plaas Doornkloof, Iréne net suid van Pretoria by die nou ongemerkte grafte van hierdie vrou en haar tweede man . Sy was 'n geliefde plaasvrou wat s tilweg (soos wat haar Bybel dit voorgeskryf het) haar rol as vrou volgestaan het.

Hulle was beide Voortrekkerpioniers. 'n Onbevestigde storie vertel dat haar klein hondjie vreeslik aan die blaf geraak het vir 'n leeu wat haar hoenders op die werf van die huis op Doornkloof (vandag in Irene) wou vang. Toe die leeu homself vererg en die hondjie agternasit, vlieg dié om en hardloop vir die oop kombuisdeur met die leeu op sy hakke. Sy het dit sien kom en maak die deur vinning toe n adat die hondjie die kombuis in is, maar die leeu spring toe die deur uit sy kosyn uit. Sy gryp toe 'n pan en boender die leeu daarmee uit die huis uit!

Bronnelys:

1. Author: Mieka Erasmus Title: Handgeskrewe Storie van Susara Margaretha Jacobsz Abbrev: Handgeskrewe Storie van Susara Margaretha Jacobsz Page: p1 Title: NAAIRS Abbrev: NAAIRS Page: TAB MHG O/19548

2. Author: Heese, J A en Lombard, R T J Title: Suid-Afrikaanse Geslagregisters Abbrev: SAG Publication: Pretoria. Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Later GISA. Page: Vol 4 p32 Author: Mieka Erasmus Title: Handgeskrewe velle Abbrev: Handgeskrewe Velle - Mieka Erasmus

3. Title: Nasionale Argief: TAB Abbrev: Nasionale Argief: TAB Page: SK TAB MHG O/195 Author: Cradock Huwelike Abbrev: Cradock Huwelike Page: G11/7/1

-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-

The farm Rietvlej was one of the first farms to be inspected by the local “Veldkornet” and registered by the Rustenburg “Landdrost Kommissie” on 9 August 1841, in the name of the widow Susara Mageretha Erasmus, born Jacobsz. Her first husband died at the hands of the Zulus in Natal in 1836, while on a mission with other Voortrekkers to assist the Voortrekkers under siege by the Zulus in Natal. On the Registration permit, the farm is referred to as “Rietvlej”, situated at the confluence of the “Sesmylspruit” and the “Kafferspruit” (Grootfonteinspruit).

-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-=-

view all 11

Susara Margaretha Erasmus's Timeline

1818
June 30, 1818
Cradock, Kaapkolonie, Suid Afrika
1835
June 5, 1835
KwaZulu-Natal, South Africa
1839
December 12, 1839
Caledon, Overberg DC, Western Cape, South Africa
1841
1841
Suid-Afrika, South Africa
1845
March 4, 1845
Doornkloof, Pretoria, Zuid Afrikaanse Republiek, Suid Afrika
1849
September 12, 1849
Pretoria, City of Tshwane Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa
1850
1850
1871
October 3, 1871
Age 53
Doornkloof, Pretoria, Zuid Afrikaanse Republiek, Suid Afrika