Susara Margaretha Toerien

Is your surname Toerien?

Research the Toerien family

Susara Margaretha Toerien's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Susara Margaretha Toerien (Maré)

Also Known As: "Sarie Marais"
Birthdate:
Birthplace: Eendraght, Suikerbosrand, Heidelberg, Gauteng, South Africa
Death: December 22, 1939 (70)
Bloemfontein, Motheo, Free State, South Africa
Place of Burial: Bloemfontein, Motheo, Free State, South Africa
Immediate Family:

Daughter of Jacob Philippus (Jors Voeter) Maré and Cornelia Susanna Jacoba Maré
Wife of Jacobus Petrus "Jepete" Toerien, c6d5
Mother of Susara Margaretha Toerien; Jacob Philippus Marè Toerien; Private and Private
Half sister of Cornelia Maria Mare; Jacoba Hendrina Mare; Anna Margaretha Jacoba Hendrika Van Den Heever; Daniel Elardus Erasmus Maré; Kmdt. Jacob Philippus Maré and 6 others

Managed by: Daniel Jacobus Botes, g2h3
Last Updated:

About Susara Margaretha Toerien

Die verhaal van Sarie Marais (Susara Margaretha 'Sarie' Maré)

Die eerste dogter van Jacob Philippus Maré en Cornelia Susanna Jacoba Erasmus was Susara Margaretha. Sy is op die plaas Eendraght, Suikerbosrand, distrik Heidelberg, gebore op 15 April 1869. Haar pa was Jacob Maré, wat later 'n lid van die uitvoerende raad van die Transvaal geword en na wie 'n straat in Pretoria genoem is. Hierdie is dié Sarie Marais (eintlik Maré) wat in die wyk van die Mooirivier gewoon het, ook bekend as Tant Mossie, volgens die SA biblioteek se katalogus-inskrywing AP.1998-227. Haar ouers was Voortrekkers, en het hulle in die omgewing van die Suikerbosrand gevestig. Die dorpie Heidelberg het toe nog nie bestaan nie. Die grootste konsentrasie Voortrekkers het hulle in die wyk Mooirivier bevind, waar die dorp Potchefstroom aangelê is.

In hierdie tyd was daar vyf wyke in Transvaal:

1. Mooirivier (Potchefstroom)

2. Magaliesburg (Rustenburg)

3. Marico (Zeerust)

4. Ohrigstad

5. Zoutpansberg (Pietersburg)

Suikerbosrand was in die wyk van Mooirivier geleë, wat gestrek het vanaf Potchefstroom tot die huidige Wolmaransstad en Makwassie.

Toe sy 16 jaar oud was, het sy vir Jacobus Petrus Toerien, 'n verslaggewer van Di Patriot van die Paarl, ontmoet. (Hy was toe in Pretoria om 'n onderhoud met haar pa te voer). Hy het onder die skuilnaam Jepete in "Ons Kleintje" geskrywe in sy hoedanigheid as subredakteur van "Di Patriot". Hulle is getroud en het 16 kinders gehad, van wie net 8 grootgeword het.

Hy het by Amerikaners wat in Transvaalse myne gewerk het die liedjie Sweet Ellie Rhee gehoor, wat sy oorsprong in die Amerikaanse Burgeroorlog gehad het en deur Septimus Winner (Alice Hawthorne) geskryf is. In die tydperk tussen die Eerste en Tweede Vryheidsoorloë het Jepete die woorde vertaal en só sy vrou, Sarie Maré, verewig. Die lied het ook nie aanvanklik al die versies en presies dieselfde woorde gehad het as wat ons vandag ken nie. Maré het later weens 'n drukfout Marais geword.

Sarie se Laaste Jare

Sarie was 'n diep godsdienstige vrou en selfverheerliking was totaal in stryd met haar nederige geaardheid. Sy het altyd haar verbintenis met die liedjie stilgehou. Na Jacobus se dood in 1920 het sy haar by haar dogters in Bloemfontein gaan vestig. Sarie is op 22 Desember 1939 op die ouderdom van 73 jaar in armoede oorlede en in 'n nederige ongemerkte graf in die Memoriam-begraafplaas naby die Vrouemonument begrawe.

http://en.wikipedia.org/wiki/Sarie_Marais https://www.youtube.com/watch?v=wrvEwv26WLc

See also: Sara (Sarah/Susara) Johanna Adriana Nel


Daar is intussen wel 'n groot steen op haar graf opgerig, geskenk deur Avbob en wat lyk na die SANW: https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=1378703

view all

Susara Margaretha Toerien's Timeline

1869
April 15, 1869
Eendraght, Suikerbosrand, Heidelberg, Gauteng, South Africa
1888
May 20, 1888
South Africa
1894
1894
South Africa
1939
December 22, 1939
Age 70
Bloemfontein, Motheo, Free State, South Africa
December 22, 1939
Age 70
Memoriam-begraafplaas, Bloemfontein, Motheo, Free State, South Africa