Immediate Family
-
mother
-
father
-
sister
-
brother
-
sister
-
brother
-
sister
-
sister
-
sister
About Theodorus Cornelius de Buys
Baptism (second entry from above, left page)
Notas deur David Abraham Swanepoel
Hierdie persoon is die laaste kind van Coenraad se eerste de facto vrou (volgens SAF 2018), Maria van der Horst.
Hy word vermeld as "Doors" in Louis Tregardt se dagboek. 'n Tegniese telling op 'n PDF weergawe gooi 166 vermeldings uit, wat Preller se inleiding insluit. Hy het die belangrikste rol as gids in die trek gespeel. Dat hy egter soos SAF 2018 "met die Trekkers saamgereis het op weg na die binneland en Mosambiek" is foutief. Hy was definitief nie deel van die Groot Trek nie, sy pa was deur sy migrasies die Voortrekkers meer as 20 jaar vooruit. Doors het Tregardt op die ou end ook nie na Mosambiek vergesel nie, net die aanbod was daar. Sien vorentoe.
Feitlik alle inligting beskikbaar oor die Buyskinders se bewegings is uit die dagboek te kry. Doors en sy broer Jan het volgens alle aanduidings lank aangebly op die punt waar Coenraad hulle verlaat en verdwyn het. Hy was toe omtrent 12 jaar oud. Daarna is hy Soutpansberg toe. Doors spesifiek het in die domein van die Venda hoofman Rasethau gebly “erens naby Blouberg”. Potgieter se kommissietrek het hulle al 6 maande voor Tregardt se aankoms ontmoet.
Sy eerste vermelding van die Buyse is op 22 Desember 1836. Op gemelde datum het hulle, tesame met Trichardt en sy geselskap opgetree “teen die kraal die met Rammabooija zijn vee en goed gevlugt was". Dis onduidelik teen wie opgetree is. Rammabooija is in die Tregardt-Buys alliansiekring.
Die talle vermeldings oor Doors waar hy wild skiet, ensovoorts, is te veel en te spesifiek van aard om as biografie te dien. Dit wil voorkom of hy redelik nomadies was. Hy en sy broer Gabriël verklaar hulle bereid om met Tregardt saam te trek. Hulle het egter albei in die Soutpansberg agtergebly toe Tregardt wegtrek.
Die laaste vermelding van Doors is in Aug 1837. In ‘n voetnota staan: Doors moet inmiddels, na Gabriel se vertrek, en die kwessie oor sy geweer, verhuis het, van die onmiddellike omgewing van Rasethau in 'n westelike rigting, na 'n punt naby die latere Schocmansdal.
Kort daama het hulle in vyandskap geraak met die Venda, waarop hul die wyk geneem het na Buyskop, naby die latere Warmbad.
Hierdie profiel maak geen melding van ‘n vrou nie. In die dagboek is daar 2 inskrywings 14 dae uitmekaar:
Vrydag 12 Mei 1837: “Na middag kwam Sara van Doors met een mant patatis” en nuus wat ons maar weglaat oor die bewoording.
Vrydag 26 Mei 1837: "De morgen kwam Doors met zijn klijn vrouw. Begrijp: zij gelijk omtrent negen of tien jaar."
Sara kon Doors se vrou of ‘n kind wees of iemand anders in Doors se huishouding, soos 'n werker. . As Tregardt beide vrouens gesien het en verbaas was oor die bevestigde vrou se grootte, as hy haar die eerste keer ontmoet het, is dit waarskynlik nie dieselfde persoon nie.
Sy was waarskynlik ‘n VhaVenda en ons het dus geen naam nie.
Bron:
Louis Trichardt; Gustav Schoeman Preller. Dagboek van Louis Trichardt, 1836-1838. Kaapstad : Nasionale Pers, 1938. Ons geskiedenis-serie.
Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode
Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.
Theodorus Cornelius de Buys's Timeline
1810 |
October 3, 1810
|
Cape Of Good Hope, South Africa
|
|
1811 |
January 4, 1811
|
Swellendam, Western Cape, South Africa
|
|
1851 |
1851
Age 40
|