
Ek sou baie graag meer inligting wou hê oor my biologiese ouma- Sy het haar naam geskryf Alletta Elizabeth. Gebore 31 Desember 1912 te Rhodes, op haar sterftesertifikaat word haar ouers as Stephanus Jansen van Rensburg en Alletta Elizabeth Jansen van Rensburg aangegee. Sy is oorlede op 30 Junie 1946 met die geboorte van haar tweede kind. Sy was getroud met Jacob (Jacobus) Johannes Bester Schmidt. Alle inligting lei na Rhodes maar ek kry niks opgespoor nie.
Enige inligting oor Jacobus Johannes Bester Schmidt, gebore 14.06. 1905 en gesterf op 02.01.1957 sal baie waardeer word.