
Die projek is geskep deur Y. DROST.
Voortrekkers van Weenen/Bloukrans Slagting
Ook bekend as die slagting van "Blaauwkrans" of "Blauwkrantz": Eersgenoemde is die Suid-Afrikaanse spelling van Nederlandse oorsprong, en laasgenoemde die alternatiewe Duitse spelling
Hierdie projek streef om die persone te lys wat teenwoordig was by die Weenen/Bloukrans slagting. Die slagting het plaasgevind in die nag van 16 - 17 Februarie 1838. Die Zulu koning Dingane het sy impi uitgestuur om die Voortrekkers te vermoor. 532 Boere mans, vrouens en kinders is tydens die slagting vermoor.
This project aims to list all the Voortrekkers that were present at the Weenen/Bloukrans Massacre. The massacre took place during the night of 16 - 17 February 1838. The Zulu king Dingane sent out his impi to murder the Voortrekkers. 532 men, women and children were murdered.
https://en.wikipedia.org/wiki/Weenen_massacre
https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_massacres_in_South_Africa
Naamlys / List of names:-
† BADENHORST, Maria Magdalena, vrou van † Jan Christoffel Joubert.
† BERG, VAN DEN, Elizabeth Johanna (Vrou van Johannes Gysbertus ROOS Jr. - b10c2d1e1)
† BIGGAR, George (1820-1838) Youngest son of Captain Alexander Biggar, who was involved in Battle of Blood River.
† JAARSVELD, VAN, Rachel Cornelia, vrou van Jacobus Petrus Joubert en moeder van o.a. Abraham Benjamin Joubert.
† JOUBERT, Abraham Benjamin "Abram" *1815-04-16 Graaff-Reinet † 1887-09-17 Ermelo. Enigste oorlewende van sy eie gesin gedurende die slagting te Blaauwkrans, en slegs omdat hy op die vooraand van die slagting die sowat 20 minute te perd na sy skoonvader Johannes Hendrik Adriaan Roets se kamp afgelê het om te reël vir hulp om die vee die volgende oggend deur die rivier te jaag, en toe daardie nag by sy skoonouers se kamp oorgeslaap het. Só het hy oorleef terwyl sy vrou † Anna Francina Joubert, (i) b5c3d2 en kinders Abraham Benjamin Joubert en Johannes Nicolaas Rudolph Joubert vermoor is. Hy het later getrou met sy oorlede vrou se gelyknamige niggie.
† JOUBERT, Abraham Benjamin *c.1836 †1838-02-17 Blaauwkrans. Oudste kind van Abraham Benjamin Joubert en † Anna Francina Joubert, (i) b5c3d2.
† JOUBERT Adriaan Josua Jacobus, seun van † Jacobus Petrus Joubert en † Rachel Cornelia Joubert, getroud met † Susanna Catharina Roos, d3.
† JOUBERT, Christina Hendrina (vrou van / wife of Charl Petrus ROOS - b10c2d13).
† JOUBERT, Jacobus Petrus, getroud met † Rachel Cornelia Joubert en vader van o.a. Abraham Benjamin Joubert.
† JOUBERT, Jan Christoffel, tweede man van † Maria Magdalena Badenhorst.
† JOUBERT, Johannes Nicolaas Rudolph *c.1837 †1838-02-17 Blaauwkrans. Tweede kind van Abraham Benjamin Joubert en † Anna Francina Joubert, (i) b5c3d2. Ná die slagting is sy lyk gevind bo-op 'n juk met sy ingewande ontbloot.
† LOCHERENBERG, VAN, Stoffelina Catharina (vrou van / wife of Cornelius Johannes VAN ZYL - b5c1d4e1)
LOGGERENBERG VAN, Luitje Maria - b1c7d4 (vrou van / wife of Nicolaas Casparus LE ROUX). Sy en die twee oorlewende kinders het na die Kolonie teruggekeer / She and the 2 surviving children returned to the Colony.
PRINSLOO, Catharina Margaretha Petronella Bekend as Grietjie. Sy is 26 keer gesteek, maar het die aanval oorleef. Dogter van die Voortrekkers Joachim Johannes PRINSLOO en Martha Louisa PRINSLOO wat tydens die aanval gesterf het. Sy was 15 jaar oud tydens die aanval.
† PRINSLOO, Joachim Johannes. Vermoor tydens die aanval saam met sy vrou, Martha Louisa PRINSLOO. Hy was een van die kwytgeskelde Slagtersnekrebelle.
† PRINSLOO, Martha Louisa. Vermoor tydens die aanval saam met haar man, Joachim Johannes PRINSLOO.
† ROETS, Anna Francina, eerste vrou van [Abraham Benjamin Joubert]. Die oggend ná die aanval vind Abram sy vrou waar sy oor die wa-kis lê, half in die wa en half daaruit waar die aanvallers haar vermoor het, rooi gevlek met bloed en verskeur met byna geen klere aan haar liggaam. Haar twee klein kindertjies Abraham Benjamin Joubert en Johannes Nicolaas Rudolph Joubert is saam met haar vermoor.
ROETS, Cornelis Johannes Petrus, op daardie stadium slegs 14 maande oud, seun van Johannes Hendrik Adriaan Roets en Aletta Johanna Roets. Oorleef.
ROETS, Johannes Hendricus Adriaan, b5c3 beter bekend as "Jan-Hendrik", getroud met Aletta Johanna Roets. Oorleef met sy gesin slegs omdat hulle gekampeer het sowat 20 minute te perd vroeër as die meerderheid van die ander trekkers, agter 'n hoogtetjie waar die Zoeloe-impi nie hul kampvuur gewaar het en hulle derhalwe nie aangeval het nie. Sy skoonseun, Abraham Benjamin Joubert, was die enigste oorlewende van sy eie gesin slegs omdat hy vir die nag by Jan-Hendrik se kamp vertoef het.
ROETS, Johannes Nicolaas Rudolph "Niklaas", seun van Johannes Hendrik Adriaan Roets. Hy was in 1838 'n jong seun van 8 jaar oud, maar het later (in sy tagtigs) vertel hoe duidelik die gebeure nog in sy geheue was. Sy herinneringe daarvan is opgeteken deur Deneys Reitz, seun van Pres. F.W. Reitz van die OVS, onder die titel Een Man uit het Volk.
† ROOS, Charl Petrus - b10c2d13. Hy, sy vrou, Christina Hendrina JOUBERT, en drie kinders is vermoor.
† ROOS, Johannes Gysbertus Sr. - b10c2d1
† ROOS, Johannes Gysbertus Jr. - b10c2d1e1. Hy, sy vrou en hul twee kinders is vermoor. Dus is drie geslagte van die familie vermoor.
† ROOS, Susanna Catharina, vrou van Adriaan Josua Jacobus Joubert, d4e2.
ROUX, LE, Klasina Maria Johanna (vrou van / wife of Pn VAN DALEN). Sy is 17 keer met 'n assegaai gesteek, maar het oorleef. Haar skoonouers en twee van haar swaers en hulle gesinne, die LOGGERENBERGs, het ook omgekom. / She was stabbed 17 times with an assegai, but she survived. Her parents-in-law and two brother-in-laws with their families, the LOGGERENBERGS, were also killed.
† ROUX, LE, Nicolaas Casparus - a1b2c1d4e3 en 3 van sy 5 kinders. Sy dogter, Klasina Maria Johanna VAN DALEN gebore LE ROUX het oorleef / and 3 of the 5 children. The daughter, Klasina Maria Johanna VAN DALEN born LE ROUX, survived.
SCHUTTE, Aletta Johanna x Johannes Hendrik Adriaan Roets. Oorleef.
SCHUTTE, Jan Harm Thomas, a1b1c4d9 *1811-08-05 Cradock †1897-12-02 Winburg. Oorleef met sy gesin die aanval te Blaauwkrans. Hy was daarop een van drie manne (die ander twee was Abram Joubert en Ignatius Marits (moontlik Francois Ignatius Maritz, b1c8d6, broer van die Voortrekkeleier Gerrit Maritz) wat ná die slagting gestuur is om trekkers wat nog besig was om die Drakensberg oor te steek aan te haas ter versterking van die oorlewendes te Blaauwkrans. Ná 'n paar dae het hulle teruggekeer "met 'n klompie mense".
† VORSTER, Aletta Helena (vrou van Johannes Gysbertus ROOS - a1b10c2d1 )
† ZYL, VAN, Cornelius Johannes - b5c1d4e1