Start your family tree now Is your surname de Jager?
There are already 455 users and over 24,562 genealogy profiles with the de Jager surname on Geni. Explore de Jager genealogy and family history in the World's Largest Family Tree.

de Jager Genealogy and de Jager Family History Information

‹ Back to Surnames Index

Create your Family Tree.
Discover your Family History.

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!
view all

Profiles

About the de Jager surname

Die naam en geboortedatum van ene Pieter Christiaan de Jager (geb +/-1640 van Zutphen in Nederland dui daarop dat hy moontlik die vader van ons stamvader kan wees. Jan van Riebeeck bet in 1652 ‘n “hoofd chirurgijn” na die Kaap gebring. Hy was Adriaan de Jager, terwyl die ‘junior chirurgijn” Cornelis Maijarp/Majarp was, Dit moet beklemtoon word dat hierdie Adriaan nie die stamvader van die De Jagers in Suid-Afrika is nie. Die De Jagers in SuidAfrika kom op enkele uitsonderings na, van een stamvader, Pieter Cristiaens, wat in 1695 uit the Hollandse handelstad Zutphen, in die provinsie Gelderland, na Kaapstad verhuis het. Dit is dus een van die oudste families met ‘n enkele stamvader in Suid-Afrika. Uit Kaapstad het het die familie Ooswaards getrek - eers na Swellendam, wat ‘n prominente rol in die vroeë familiegeskiedenis speel. Heelwat doopseremonies, troues en begrafnisse is uit daardie ou NG-Kerk gehou. Vandaar is hulle na Riversdal, en veral Vermaaklikheid, waar verskeie De Jager-families tussen die Duiwenhoks en Kafferkuilsriviere gevestig het. Die familiewapen van die De Jagers verskil van land tot land en is oor tyd aangepas. Dit bevat egter altyd ‘n kruithoring (dikwels 3 kruithorings gerangskik 2-1) in wit en goud teen ‘n swart agtergrond, of in silwer teen 'n goue agtergrond. Dit is ontleen uit die jagtersmondering van die 1400's, wat impliseer dat die van ‘n beroeps-oorsprong het (Jagter, soos die Engelse van Hunter). Die van het vanuit Duitsland, waar dit steeds as Jäger of Jagaere voorkom, in die 1200's na Holland oorgespoel, waar ons stamvader se familie sedert die 1500’s al in die handelstad Zutphen in Gelderland gewoon het. Dit is egter oorspronklik Hongaars, waar die vroegste vorm van die van "Yäger", uit die vroeë 1200's dateer. Die oudste bekende rekord is van ‘n Berchtold dictus Jager wat teen 1280 op die plaas Burgtal, 3km noord van Stockach by die Bodensee meer in Duitsland, en sowat 65km Noord-Oos van Zürich, en 80km Noord-Wes van die Prinsdom van Lichtenstein gewoon het.