26Die oudste seun, Johann George________________________________ Johann George Duvinage is op 25 Augustus 1771 in Kaapstad gebore , en ook daar gedoop op 1-9-1771. Die doop inskrywing kan gelees word op bladsy 148 onder die jaar 1771, doopregister FK2150. Die opskrif van die bladsy lees: "Namen der Gedoopte Christen Kinderen." Die getuies wat die doopregister geteken het was sy ouma Anna Dorothea van den Berg, en sy oom Johan George Hasse. Dit is waar die familiename Johan George en Jan George vandaan kom. Die volgende inskrywing is gevind in 'n ou Familiebybel (eienaar P.M.B. Wiese) en lees as volg:- "1771 den 25 Augustus is geboren mijn zoon Johan Georg Duvinage op Zondag morgen." In 'n ander Familiebybel ( eienaar Abraham Petrus Carolus ) is die volgende inskrywing gedoen deur Abraham Duvinage:- "Mijn zoon Johann George gebore 25 Augustus 1771." Dit is nie bekend of hy in Kaapstad skoolgegaan het nie. Na die dood van sy moeder in 1782 het sy vader Abraham met die res van sy gesin na die distrik Graaff-Reinet verhuis. In 'n ou opgaafrol van Graaff-Reinet van 1787 word "Abraham Duvinage met twee seuns en twee dogters, een perd, een snaphaan, een pistool, een degen." gemeld. Daarvolgens kan 'n mens aflei dat Johan George op 16 jarige ouderdom saam met sy vader en broer en twee susters in Graaff-Reinet gewoon het. Hulle was veeboere in die omgewing van Graaff-Reinet. In die opgaafrol van Graaff-Reinet van 1794 verskyn Johann George se naam as 'n boer in die omgewing. Op 26 jarige ouderdom trou hy op 23 April 1797 met Sibella Muller, die dogter van Johannes Theunis Mulder en Isabella. Hulle het sewe seuns en twee dogters gehad. Almal is op Graaff-Reinet gedoop. 1. SAA (6) Abraham Christiaan Duvinage gebore 17-2-1798, gedoop 16-9-1798 2. SAB (7) Theunis Johannes Duvinage gebore 1-7-1799 3. SAC (8) Johan Hendrik Duvinage gebore 29-11-1800, gedoop 10-11-1801 4. SAD (9) Andries Godlieb Duvinage gebore 27-6-1802 5. SAE (10) Barend Christoffel Duvinage gebore 6-5-1804 6. SAF (11) Johannes Gerrit Hendrik Duvinage gebore 12-4-1807 7. SAg (11a) Elzabe Magdalena Duvinage gedoop 22-10-1809 8. SAH (12) Petrus Carolus Stephanus Duvenage gebore 23-7-1811, gedoop 29-11-1812 9. SAi Maria Christina Duvinage gebore 1815
