Daniel Brink Bosman

Is your surname Bosman?

Research the Bosman family

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Daniel Brink Bosman

Birthdate:
Birthplace: Boshof, Free State, South Africa
Death: May 07, 1960 (72)
Klein Helderberg, Somerset-Wes Distrik, South Africa
Immediate Family:

Son of Paul Johannes Bosman and Louisa Brink
Husband of Frouwina Reina Bosman
Father of Tonko Hajo Meyer Bosman; Paul Johannes Bosman; Hendrika Reina Rust and Private
Brother of Catharina Margaretha Bosman; Louisa Elizabeth Bosman; Arnoldus Johannes Bosman; Paul Johannes Bosman; Aletta Maria Bosman and 7 others

Occupation: SA Ambassadeur - Nederland
Managed by: Hendrika Reina Rust
Last Updated:

About Daniel Brink Bosman

1888: Dr. D.B. BOSMAN, GRONDLEGGER VAN WETENSKAPLIKE BESTUDERING VAN AFRIKAANS

KULTUURDAGBOEK 30 JANUARIE 2015

Daniel Brink Bosman is op hierdie dag (30 Januarie 1888) in die distrik Boshof gebore. Sy skoolloopbaan op Boshof is deur die Tweede Vryheidsoorlog onder­breek. Gedurende die oorlog het hy 'n tyd lank saam met sy vader, wat weens doofheid nie op kommando kon gaan nie, gevlug. Ná die oorlog het hy op Franschhoek en Boshof skoolgegaan en in 1908 op Boshof gematrikuleer. Hy het sy studie aan die Grey-Universiteitskollege (die latere Universi­teit van die OVS) voortgesit, waar hy in 1911 die graad MA behaal het.

Op aanbeveling van pres. M.T. Steyn, is 'n Herman Coster-studiebeurs aan hom toegeken, en in 1912 is hy na Nederland om am die Rijksuniversiteit in Groningen verder te gaan studeer.

In 1916 het hy tot dokter in die Lettere gepromoveer op 'n proefskrif met die titel Afrikaans en Maleis-Portugees. Dr. Bosnian se proefskrif is die eerste we­tenskaplike verhandeling in Afrikaans op die gebied van die Afrikaanse taalwetenskap. Daarin opponeer en verwerp hy die teorie van prof. D.C. Hesseling dat Afrikaans ontstaan het a. g.v. 'n botsing van sewentiende-eeuse Nederlands met 'n Maleise Portugees aan die Kaap. In die plek daarvan stel hy sy teorie dat waar Afrikaans nie spontaan uit sewentiende-eeuse Nederlands ontwikkel het nie, dit toegeskryf moet word aan die invloed van die Nederlands van vreemdelinge. Hierdie proefskrif en die gevolglike lewendige polemiek tussen dr. Bosnian en prof. Hesseling het groot belangstelling gewek vir die problematiek i.v.m. die verklaring vir die ontstaan van Afrikaans. Hierdie onderwerp het tientalle jare lank in die middelpunt van taalkundige aandag aan Afrikaans gestaan. Na sy terugkeer in Suid-Afrika was dr. Bosnian 'n jaar lank lektor in Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch en daarna registrateur van die Grey-universiteitskollege in Bloemfontein. In 1921 is hy terug na Nederland vir navorsing in die Rijksarchief in Den Haag. In 1925 is hy aangestel as lektor am die Universiteit van Kaapstad; in 1927 het hy hoogleraar in Afrikaanse en Nederlandse Taalkunde aan die­selfde universiteit geword, en hy het hierdie betrekking tot sy aftrede in 1948 beklee.

Dr. Bosman was van 1918 tot 1948 lid van the Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en verskeie kere voorsitter daarvan. In die hoedanigheid het hy 'n belangrike bydrae tot verskillende uitgawes van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls gelewer. Hy was lid van die Akademie, waarvan hy van 1927 tot 1930 sekretaris was, en later het by ook in die Raad van die Akade­mie gedien. Dr. Bosnian het saam met I.W. van der Merwe die Tweetalige Woordeboek, Engels-Afrikaans (1931) en Afrikaans-Engels (1936) opgestel. Hierdie gesaghebbende werk, waaraan L. W. Hiemstra sedert 1962 meegewerk het, is meermale herdruk.

As gesaghebbende taalhistorikus, was dr. Bosnian ideaal toegerus om met prof. H.B. Thom mee te werk aan die uitgawe van Jan van Riebeeck se Dagboek, waarvan die eerste deel in die Van Riebeeckfeesjaar, 1952, en nog twee verdere dele tot 1957 verskyn het. Verder het talle taalwetenskaplike bydraes uit die pen van dr. Bosman ver­skyn in die Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, De Nieuwe Taal­gids, Die Huisgenoot en die Hertzog-annale.

In 1947 het sy laaste uiteensetting van sy opvattings oor die ontstaan van Afrikaans in die tweede deel van Die Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner verskyn. In 1949 is by aangestel as Gesant en later as Ambassadeur van die Suid-Afrikaanse Regering in Nederland. Hierdie amp het by met waardigheid en groot welslae beklee. Na sy uittrede uit die diplomatieke diens het hy op sy plaas naby Somerset-Wes gaan woon, waar hy op 7 Mei 1960 oorlede is. Hy word onthou as een van die grondleg­gers van die wetenskaplike bestudering van Afrikaans, on­kreukbare Afrikaner, eerlike en skerpsinnige denker en deeg­like werker.

view all

Daniel Brink Bosman's Timeline

1888
January 30, 1888
Boshof, Free State, South Africa
1917
October 8, 1917
Pretoria, City of Tshwane Metropolitan Municipality, GP, South Africa
1925
November 9, 1925
1960
May 7, 1960
Age 72
Klein Helderberg, Somerset-Wes Distrik, South Africa