Jan Gerritze Bantjes

Is your surname Bantjes?

Research the Bantjes family

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Jan Gerritze Bantjes

Also Known As: "Johannes", "Jan Gerritze", "Jan Gerretze", "Jan Gerritze Bantjes"
Birthdate:
Birthplace: Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
Death: March 10, 1887 (69)
Potchefstroom, Southern DC, North West, South Africa
Immediate Family:

Son of Bernard Louis Bantjes, b1c3 and Isabella Johanna Adriana Bantjes, b3c12d4
Husband of Anna Christina Bantje (Jansen) and Matthysina Germina Clasina Bantjes
Father of Bernard Louis Bantjes; Isabella Johanna Adriana Bantjes; Jan Gerritse Bantjes; Rachel Hilletjie Coulson; Hendrik Matthys Bantjes and 1 other
Brother of Martha Isabella Adriana Bantjes; Isabella Jacoba Swanepoel; Rachel Hilletje Roets; Anna Francina Bantjes; Hendrik Jacobus Petrus Bantjes and 4 others

Occupation: Pioneer & Explorer
Managed by: Private User
Last Updated:

About Jan Gerritze Bantjes

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-ZQSJ-V?i=563&...



Bantjes, Jan Gerritze, Voortrekker.

1817: Op 8 Julie in Beaufort-Wes gebore.

1837: Sluit hom op Nuwejaarsdag by die Voortrekkerlaer op Thaba Nchu aan.

1838: Vergesel Andries Pret,orius se "Wenkommando" en hou die "Journaal" van die ekspedisie.

1839: Vestig hom op Pietermaritzburg as "Prokureur".

1840: Keer na die KaapkoIonie terug.

1848: Tree op as onderwyser en "Klerk van den Kerkraad" op Fauresmith.

1865: Hy word onderwyser op Potchefstroom.

1887: Op 10 Maart op Potchefstroom oorlede.

Uit Afrikaanse Kinderensiklopedie deel XI 1962 Sincerely,

Hans Peter Silbernagl

---------------------------------------------------------------

Extract from http://rwnel.blogspot.nl/2008_08_01_archive.html

Van die ou historici vertel ons ook dat die verdrag tussen Piet Retief en koning Dingaan wat die Slag van Bloedrivier voorafgegaan het, deur ene JG Bantjes opgetrek is en dat hy ’n lid van die Wenkommando by Bloedrivier was. Daar is plek-plek selfs melding gemaak daarvan dat dié Bantjes die Klerk van die Volksraad van die Republiek van Natalia was.

Bantjes was nie net ’n volwaardige Voortrekker nie. Hy was een van die mees prominente intellektuele van die Trek en het menige Trekkerkinders – onder andere ’n jong Paul Kruger – in sy ossewa geleer lees en skryf.

Bantjes is op 8 Julie 1817 te Nieuwveld in die distrik Graaff-Reinet gebore. Hy was die derde kind van Bernhard Louis Bantjes en Isabella Johanna Swanepoel. Bernhard se oupa, Jan Geert Bantjes, het in 1755 in die Kaap geland en is op 5 Maart 1758 met Hilletje Agnita Jacobs getroud. Sy was die dogter van Jan Jacobs van de Caab en Agnietie Pieters van de Caab, twee slawe.

Bantjes het die Beaufort-distrik in Desember 1838 saam met veldkornet Jacob de Clerq en verskeie familielede verlaat en op Nuwejaarsdag 1837 by Thaba Nchu by die Groot Trek aangesluit.

Die Voortrekkers se dominee, Erasmus Smit, het in sy dagboek geskryf: “Mnr. De Klerk het ’n jong kleurlingman saam met hom gebring, en aangesien laasgenoemde sekere talente had, het ek hom versoek om ’n passasie te lees en te sing. Sy naam is Jan Bantjes.”

Die verdrag tussen Retief en Dingaan wat op 4 Desember 1838 onderteken is en ’n groot stuk grond aan die Boere oorgedra het, is deur Bantjes in sy eie handskrif opgetrek. Twee dae later, toe Retief en van sy manne vir Dingaan by umGungundlovu gaan groet het, is hulle in opdrag van die Zoeloe-koning met knuppels doodgeslaan.

Dit was Bantjes, in daardie stadium sekretaris van die bevelvoerder van die Wenkommando teen die Zoeloes, Andries Pretorius, wat die nuus van Retief se grusame einde aan die res van die Voortrekkers moes oordra.

Bantjes was in die binnekring van die groep wat op 9 Desember 1838 by Waschbankspruit ’n gelofte aan God gemaak het dat as Hy hulle ’n oorwinning oor die Zoeloes laat behaal, hulle en hul nageslag dié dag as ’n Sabbatdag sal herdenk.

Bantjes het in 1839 breedvoerig oor die Gelofte en die Slag van Bloedrivier in ’n spesiale uitgawe van die tydskrif De Zuid-Afrikaan geskryf. Dit is een van die belangrikste dokumente waarop latere historici hul ontledings van dié twee gebeurtenisse gegrond het.

Bantjes het in 1839 Klerk van die Volksraad in Pietermaritzburg geword en ook as prokureur in die landdroshof begin praktiseer. Toe die weduwee HJ van Niekerk hom vir ’n bedrag geld dagvaar wat hy glo by haar geleen het, het hy terug Kaap toe getrek om die saak te ontduik.

Bantjes het daarna vir ’n paar jaar lank ’n winkel in Prins Albert bestuur en was later die skoolmeester en voorleser van die NG Kerk in Humansdorp. In 1855 trek hy weer Graaff-Reinet toe, en agt jaar later word hy die landdrosklerk en Posmeester van die Zuid-Afrikaansche Republiek in Pretoria. Van Pretoria af is hy Lichtenburg toe waar hy staatsaanklaer was, en daarvandaan na Ventersdorp, waar hy ’n paar jaar lank skoolhoof was. (Ja, Eugene, Ventersdorp.)

Jan Gerritze Bantjes is in 1887 aan huis van sy oudste seun in Potchefstroom dood. ’n Jaar tevore het sy jongste seun, ook Jan Gerritze Bantjes, die eerste goudmyner aan die nuutontdekte Witwatersrand geword.

  1. Die volledige verhaal van Jan Bantjes verskyn in Max du Preez se boek Of Tricksters, Tyrants and Turncoats – More Unusual Stories from South Africa’s Past wat in Oktober 2008 by Zebra Press verskyn het. http://www.amazon.com/Of-Warriors-Lovers-Prophets-Unusual/dp/186872...
  • Name Isabella Johanna Adriana Bantjes
  • Event Type Probate
  • Event Place Transvaal, South Africa
  • Relationship to Deceased Child
  • Citing this Record
  • "South Africa, Transvaal, Probate Records from the Master of the Supreme Court, 1869-1958," database with images, FamilySearch (https://familysearch.org/ark:/61903/1:1:QP46-46X9 :
2de huwelik https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91V-93NW-Q?i=3112...

SK https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-ZQSJ-V?i=563&...



SK https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS92-ZQSJ-V?i=563&...

sy pa se doop https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HY-DRVG-N4?i=81&cc=14...

view all 12

Jan Gerritze Bantjes's Timeline

1817
July 8, 1817
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
October 6, 1817
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
1839
October 19, 1839
Humansdorp, Western District, Eastern Cape, South Africa
1842
1842
Humansdorp, Western District, Eastern Cape, South Africa
1843
November 17, 1843
Humansdorp, Western District, Eastern Cape, South Africa
1846
1846
Prince Albert, Central Karoo DC, Western Cape, South Africa
1849
January 5, 1849
Humansdorp, Western District, Eastern Cape, South Africa
1849
Cradock, Stormberg District, EC, South Africa