Marthinus Jacobus Oosthuyzen, b1c4d7e3

Is your surname Oosthuyzen?

Research the Oosthuyzen family

Marthinus Jacobus Oosthuyzen, b1c4d7e3's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Marthinus Jacobus Oosthuyzen (Oosthuizen), b1c4d7e3

Also Known As: "Oosthuyse"
Birthdate:
Birthplace: Plaas Olifantshoek, distrik Uitenhage, Suid Afrika
Death: April 02, 1897 (78)
Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal
Place of Burial: 1897 to 2015: farm Lindeques Laager 1039, Enon, Winterton, District Estcourt. 2015-present: farm Patryshoek, District Warden
Immediate Family:

Son of Marthinus Jacobus Johannes Oosthuizen, ii c4d7 and Dirkie Elizabeth Oosthuizen
Husband of Aletta Bernhardina Oosthuizen, c1d3
Father of Marthinus Jacobus Johannes Oosthuizen (Oosthuyse); Elizabeth Susanna van der Westhuizen; Johan Bernard Rudolph Oosthuizen; Barend Gabriel Oosthuizen; Dirkie Elizabet Oosthuizen and 6 others
Brother of Hester Susanna Getruida Scheepers; Barend Gabriel Oosthuizen; Jacobus Nicolaas Oosthuizen; Dirk Wilhelmus Oosthuizen and Johannes Hendrik Lodewyk Oosthuizen, b1c4d7e1

Managed by: Private User
Last Updated:

About Marthinus Jacobus Oosthuyzen, b1c4d7e3

Marthinus was een van die 464 wenkommando lede wat betrokke was by die slag van Bloedrivier van 16 Des 1838. Hy was ook die held by die Rensburgkoppie slagting. Sy broer Johannes Hendrik Lodewyk gebore is saam met Piet Retief vermoor.

Marthinus Jacobus Oosthuizen (1818 - 1897) was 'n Voortrekkerheld en boer. Hy is naby Uitenhage gebore en sluit aan by die Groot Trek. Hy het bekend geraak na sy heldedaad op 16 Februarie 1838 toe hy na die moord op Piet Retief eers sy eie gesin na veiligheid geneem het en hom toe so goed as moontlik verskans om die Zoeloe aanval af te wag. Hy hou hulle op eie houtjie terug vir 'n tydperk en jaag toe deur 1500 Zoeloes om ammunisie vir sy makkers te gaan haal. Hy het later in Natal gaan boer en is in 1897 oorlede


Verhaal oor heldedaad by die Bloukransgebeurtenisse soos op Facebookblad @Kaalvoethelde:

Marthinus Oosthuizen, ’n Voortrekkerheld!

Min mense ken die verhaal van Marthinus Jacobus Oosthuizen. Hy was ’n ware Voortrekkerheld en verdien verseker lof vir sy heldedaad! Marthinus is gebore in Oktober 1818 en is in April 1897 oorlede.

Marthinus was die seun van Marthinus Oosthuizen sr, en het saam met sy pa en Piet Retief na Natal getrek. Dit was in April 1837. Hulle het by ’n plek genaamd Doornkop uitgespan en Marthinus se pa en Piet Retief is saam met ander onderhandelaars na Dingaan toe om ’n traktaat te laat teken. Ongelukkig het die Zoeloes hulle geflous en op 6 Februarie 1838 is hulle wreedaardig vermoor by Mgungundlovu.

Op 17 Februarie 1838 het die Zoeloes die Voortrekkerlaers aan die Moordspruit, Boukransrivier en Rensburgspruit aangeval. Marthinus, wat toe 19 jaar oud was, het hom na die toneel gehaas – hier kan ons reeds sien hoe dapper hy was!

Daar was ongeveer agt tot tien Van Rensburg- en Botha-families wat op ’n heuwel vasgekeer was. Tussen hierdie families was daar slegs 14 weerbare manne. Hulle is omsingel deur Zoeloes en daar was geen uitkomkans! Marthinus het die families genader, en een van die mans, Johannes Van Rensburg, het sy geweer onderstebo opgehou om vir Marthinus te wys dat hulle ammunisie opgeraak het.

Marthinus het al vegtend teruggeval en op sy eie terug gehaas na die laer waar hy by die wa van ’n Pretorius-familie nog ammunisie kon kry! Die wreedaardige moord van sy pa en die ander Voortrekker mans op 6 Februarie, nog vars in sy geheue – het hy hom voorgeneem dat daar nie nog 'n Voortrekker sou sterf vandag nie!

Marthinus het sy pad oopgeveg tussen die Zoeloes deur, terug na die families in nood. Hier het hy die kosbare vrag ammunisie afgelaai en sodoende die lewens van daardie families wat vasgekeer was, gered!

Marthinus was op ’n jong ouderdom reeds ’n voorbeeld vir vele! ’n Ware Kaalvoetheld!



Skakels en inligting bygedra deur David Abraham Swanepoel

https://af.wikipedia.org/wiki/Marthinus_Jacobus_Oosthuizen

https://www.battlefieldsroute.co.za/place/rensburg-koppie/. Ko-ordinate: S29° 00.804’ E29° 57.035’. Dis op privaatgrond en dis die beste om ‘n gids te huur.

Die graf van Marthinus Oosthuizen is in 2015 op inisiatief van die Erfenisstigting en met SAHRA goedkeuring (geval ID 6450) geskuif. Die graf is gevandaliseer vermoedelik deur mense wat die beendere wou opgrawe vir muti-doeleindes. Terselfdertyd is die graf van sy vrou ook gelig sodat hulle bymekaar begrawe kon word, hulle was vir amper 100 jaar apart.

Die SAHRA webwerf verskaf verdere interressante inligting (sien skakels). https://sahris.sahra.org.za/cases/marthinus-jacobus-oosthuyse-alett... ‘n Aantal foto’s soos wat die graf oorspronklik was is nog te sien by https://graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=961466. Die Patryshoek begraafplaas is nog nie deur eGGSA gefotografeer nie (2020-10-14) Slegs sy graf is geskuif weens die hoë koste. Die res van die Enon Voortrekker begraafplaas is in ‘n swak toestand, wel verbasend dat enige stene nog bestaan, gegewe die vroeë sterfdatums van sommige persone. Dis waarskynlik baie later opgerig.

Daar is besienswaardighede by die Rensburgkoppie waar Mathinus sy heldedaad verrig het. Dit is ‘n monument op die koppie, mure met panele ter verduideliking, en die graf van Johanna Van Rensburg, die dogter. Die laaste nuus daar is egter ook baie sleg, verdere vandalisasie. Die plaat op die monument is reeds voor die 2020-vandalisaie verwyder. (https://northernnatalnews.co.za/194768/vandals-target-historic-grav...

Skakels werkend en soos op 2020-10-14

view all 15

Marthinus Jacobus Oosthuyzen, b1c4d7e3's Timeline

1818
October 14, 1818
Plaas Olifantshoek, distrik Uitenhage, Suid Afrika
1839
June 24, 1839
1841
April 7, 1841
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
1843
April 23, 1843
1844
November 3, 1844
1847
January 3, 1847
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
1848
July 10, 1848
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
July 18, 1848
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa
1852
September 6, 1852
Pietermaritzburg, Indlovu DC, KwaZulu-Natal, South Africa