Prof Pieter Jacobus Gerhard de Vos - Verwantskap met Brig PJG de Vos

Начал Pieter Wouter de Vos вчера
Показаны все сообщения (5)
вчера в 11:48 до полудня

Professor PJG de Vos, gebore 1842, seun van Jacob de Vos, het as een van die derde jaargroep ‘tokkelokke’ sy teologiese studie aan die Universiteit van Stellenbosch as top-student voltooi. Hy was predikant in Piketberg, Caledon en Riversdal. In 1883 het hy as professor in dogmatiek en Ou Testament aan die kweekskool begin. Hy het in 1918 die tweede kanselier van die universiteit geword en is vereer met ’n eredoktorsgraad. Hy het hom jare lank beywer vir ’n ‘vereenvoudigde Nederlands’, veral in die onderwys.

Daar was ook ’n Prof (Brigadier) PJG (Pieter of Vlakkies) de Vos wat 1956-1967 dekaan van die SA Militêre Akademie in Saldanha was. Hy was tevore ’n dosent in Fisika aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is gebore ±1916, en in 1942 getroud met ‘Sophia Wilhelm Vanniekerk’.

Prof/Ds PJG het verskeie kleinkinders wat sy name dra, maar ek kan nie enige van hulle genealogies plaas as Brig. PJG nie. Prof/Ds PJG het ’n seun PJG gehad wat (ongetroud) in 1935 in Valkenburg oorlede is.

вчера в 5:17 после полудня

Naandse... so bietjie gaan loer ja Brig PJG het in Klerksdorp getrou met Van Niekerk en daarvolgens is hy in die OVS gebore. Ons kan maar aanneem 2de helfde van 1916 of eerste helfde van 1917, gegewe die huwelik was op 27.6.1942 waartydens hy 26 jaar oud was. (Vir die wat dit nie het nie, hier: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS23-W5QM?cc=2821281)

Nou gegewe die skrywe, met die name aanname dus dat hy < +-80 jaar later gebore was as in direkte lyn, sou hy 4 generasies verwyder wees maksimum berekend op 20 ouderdom van eerste kind asook dan dat sy Y-DNA lyn nie 'n 4de seun op enige generasie was nie.

Maar soos voorheen dalk uiteengesit, dit is ongelukkig nie hoe ek navorsing doen nie. Ek werk op... ek neem aan u het PJG gebore 1842 se SK bestudeer... https://www.geni.com/documents/view?doc_id=6000000185505892903

Aangesien u wel naby verwant is, is my voorstel om by die familie Brig PJG se ouers te kry as maklikste oplossing,

вчера в 5:57 после полудня

Hmmm dink ek het hom gevind...

Maria Petronella de Villiers is oorlede te OVS terwyl die res van familie almal Kapenaars was... ek glo dus hy is 3de kind op hierdie SK

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91C-2S93-L?i=122&...

вчера в 6:01 после полудня
Сегодня в 8:38 до полудня

Dankie Jan. Het PJG (seun van Prof /Ds) PJG se grafsteen gekry: https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=584964

Показаны все сообщения (5)

Зарегистрируйтесь или войдите в систему чтобы участвовать в этом обсуждении