Isaac Nieuwoudt SV/PROG - oorsprong van Nieuwoudt

Начал Andri Nieuwoudt сегодня
Сегодня в 1:41 до полудня

Tans is ek woonagtig in Nederland- geen ander Nieuwoudt's is te vinde in Nederland, behalwe my eie nasate: Frans-Andri Nieuwoudt (seun) en sy twee in Nederland gebore kinders, Lisa (geb te Terneuzen 12 Julie 2011) en Tiaan (geb 16 November 2013). Ek het egter 'n probleem met die algemeen aanvaarde oorsprong van ons van: Nieuwe Woudt is 'n pleknaam naby Groningen, Holland. Die van Nieuwoudt word so aangeneem." Daar is wel 'n dorp met die naam Nieuwolda, maar geen Nieuwe woud. As jy egter Nederlands kyk na die van is dit vir my duidelik 'n samevoeging van Nieuw en Oud(t). die gebruik om 'n t aan die einde van vanne te sit is normaal in Nederland. Die uitspraak in Namakwaland eaar die meeste Nieuwoudts voorkom is soos jy die nieuw en oud in Nederlands sal sê, naamlik met 'n sagte w- iets soos "newt". Met geen bewyse behalwe logika wil ek dus voorstel dat die van 'n versindsel is deur 'n voorvader wat die Nieuw en oud saamgevoeg het

Зарегистрируйтесь или войдите в систему чтобы участвовать в этом обсуждении