Adrianus de Necker, SV/PROG

Is your surname de Necker?

Research the de Necker family

Adrianus de Necker, SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Adrianus de Necker, SV/PROG

Also Known As: "de Neckere"
Birthdate:
Birthplace: Leisele, Veurne, Wes Vlaandere, België (Belgium)
Death: circa 1737 (56-65)
Kaapstad, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
Immediate Family:

Son of Franciscus De Necker and Elizabeth Markyn
Husband of Johanna Jordaan, a3b1 SM
Father of Francois de Necker, b1; Pieter Johannes de Necker, b2 and Johannes Adrianus de Necker, b3

Managed by: Private User
Last Updated:

About Adrianus de Necker, SV/PROG

Volgens die ryksargief te Brugge, Belgie is Adrianus de Neckere gebore 17 Mei 1676 en gedoop 18 Mei te Leisele in die streek van Veurne, Wes-Vlaandere, Belgie.

Sy vader was Franciscus de Neckere en sy moeder Elizabeth Markyn.

Sy vader was tweemaal getroud en is as landbou-pagter oorlede te Leisele, toe Adriaan elf jaar oud was, met 'n skuldelas van 300 pond.

Dit word vermeld dat die naam de Neckere veelvuldig voorkom in die streek van Veurne.

Hy het in 1711 as soldaat in diens van die H.O.I.K op 35 jarige ouderdom na SA gekom. Op 6 Februarie 1718 is hy getroud met Johanna Jourdaan in die Ned Geref Kerk Kaapstad. Toen ter tyd was daar nog geen huweliksertifikaat ingevul nie. Volledige besonderhede was eers ingevul sedert 1 April 1839. Die huweliksinskrywing lees dus so: 6 Februarie 1718 "Naamen der perzoonen die haar in den Egt begeven hebben. Adriaan de Nikker, van Veurne, jongman en Johanna Jourdaan van Cabo de Goedehoop, jongedr.

UIt die huwelik is 3 seuns gebore Francois, gedoop 3 Maart 1720 Pieter, gedoop 30 Mei 1723 Johannes Adrianus, gedoop 23 Januarie 1729

Wanneer Adriaan burgerskap verkry het is nie bekend nie, maar met die opstel van hulle eerste testament op 4 Januarie 1720, is hy reeds 'n burger. Interessant om te weet: die testament is opgestel deur Goudryk Swellengrebel, klerk van die Politieke Raad en as getuies het geteken Fredrik Lappenberg en Ryk Tulbagh. Swellengrebel en Tulbagh het albei goewerneurs aan die Kaap geword.

Uit die testament blyk die godsdienstige gevoel en die erns omtrent die christelike opvoeding van hulle kinders. As mens na hulle handtekeninge krities beskou, lyk dit of ons voorvader min skoolopleiding gehad het, maar ons voormoeder het 'n netjiese handtekening, sonder hoofletters.

Op 20 Mei 1727 word weer 'n testament opgetrek en geteken voor Josephus de Grandspreek. Hulle moes 'n vaste besitting gehad het, want daar word vermeld van roerende en onroerende goedere wat deur die langslewende geeef sal word. Dit word verder bepaal dat die kinders christelik opgevoed moet word.

Op 6 Maart 1737 word 'n byvoeging tot die testament van 20 Mei 1727, voor Willem van Kerkhof (Eerste klerk van die Politieke Raad) gemaak. As getuies teken die boekhouer Petrus Jesse Slossboo en Jan Andreisz. Hierdie byvoeging is in die huis van die 61jarige Adriaan geskryf en geteken. Sy erg bewerige handskrif is bewys daarvan dat hy baie siek was. Die bepaling is hierdie stuk is dat die tweede seun Pieter, wat tans 13 jaar oud is, by die bereiking van sy 25 jarige ouderdom, getroud of ongetroud, die som van een duisend Kaapse gulden moet ontvang van die langslewende, asook die twee "lyfeygenen" (slawe?) met die name Moses en Sana, albei van de Caab. Hierdie vergunning word aan Pieter gemaak agv sy gebreklikheid.

Waarskynlik is Adriaan kort hierna oorlede want 'n afskrif van die oorspronklike testament van 20 Mei 1727 is op 23 April 1737 gemaak. Albei testamente (4 Januarie 1720 en 20 Mei 1727) die byvoeging (6 Maart 1737) en die afskrif is op 23 April 1737 is algar in netjiese handskrif (nederlands) geskryf, waarskynlik met veerpenne. Die ink en die papier het goed gehou.

Ons voorvader was dus 'n Belg, getroud met 'n Franse Hugenote dogter.

Inlas:

Die eerste plaas aan die Kaap aan n vryburger, was Coornhoop, en die eerste onderverdeling was gemaak aan Francois Pieter de Necker. Hy was die tweede seun (gedoop 27 Augustus 1747) van Francois. Francois was die oudste seun van voorvader Adriaan. Die plaashuis is in 1785 gebou en in 1967 gerestoureer en onlangs tot 'n historiese monument verklaar. Die huis is in Mowbray, Kaapstad gelee en die naam is "Westoe"

view all

Adrianus de Necker, SV/PROG's Timeline

1676
May 17, 1676
Leisele, Veurne, Wes Vlaandere, België (Belgium)
1711
1711
Age 34
Cape
1720
1720
Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
1723
1723
Cape Town, WC, South Africa
1729
January 23, 1729
Western Cape, South Africa
1737
1737
Age 60
Kaapstad, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika