Christiaan Ernst Schütte, SV/PROG

Is your surname Schütte?

Research the Schütte family

Christiaan Ernst Schütte, SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Christiaan Ernst Schütte, SV/PROG

Also Known As: "Christiaan Ernst", "Schöttens", "Schut"
Birthdate:
Birthplace: Schleswig, Schleswig-Holstein, Deutschland (Germany)
Death: circa 1766 (68-77)
Kaapstad, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
Immediate Family:

Son of Ernst Gregorius Schutte and Anna Magdalena Schutte
Husband of Susanna Fourie, SM
Father of Christiaan Ernst Schutte, b1
Brother of Margreta Dorothea Schütte; Maria Garderuth von der Lieth and Hans Andreas Schütte

Occupation: Soldier / Farmer, Professional soldier with the V.O.C.
Date of Immigration: 1727
Managed by: F Waller
Last Updated:

About Christiaan Ernst Schütte, SV/PROG

BIOGRAPHY: Sk 6/1 vol 2, bl. 153, 1776 - 1788. De Villiers Pama p 864 &Pama p 296. Hy word op 4 Oktober 1693 deur pastoor Lucas Klippe van Luneburg gedoop het in die Evangelie-Lutherse kerk te Schleswig, Duitsland.Hy was die pastoor wat die gemeente van 1690 tot 1715 gedien het en wat pastoor Petrus Fabricius van Husum opgevolg het wat die gemeente op sy beurt van 1654 tot 1690 gedien het. CE moes aan die 30 jarige godsdiensoorlog tussen die Protestante en die Rooms Katolieke deelgeneem het aangesien hy gedurende 1726 in diens tree van die VOC as professionele soldaat. Uit die argiefstukke van die "Dutch Asiatic Shipping" en in eenpublikasie van die "Serie Rijks Geschiedkundige Publicaten (RGP deel 166)kon sy naam opgespoor word in die skeepsoldyboek van een van die 18 skepewat gereeld tussen Nederland, Kaapstad en Batavia (Oos-Indie) gevaar het nl. "Oudenaarde". Die "Oudenaarde" wat in 1708 in Amsterdam gebou was senooiensvaart was op 27 Oktober 1709 toe hy vanaf Texel, Nederland na Kaapstad gevaar waar hy op 7 April 1710 gearriveer het.

Die kapteintydens die vaart was Christian Emmery. Die skip is in 1734 aan 'n Engelsemaatskappy in Indonisie verkoop waar die gebruik is tot 5 Februarie 1787en toe afgetakel is. Die VOC het onder normale omstandighede drie vlote per jaar met handelskepe na die Ooste gestuur. Eike vioot het uit 16 skepe bestaan,waarvan 8 deur die Kamer Amsterdam, 4 deur Zeeland en 4 deur dieoorblywende handelskamers uitgerus is. Die skepe is deeglik voor berei en toegerus vir so 'n reis. Die skepe is op sorgvuldige wyse seewaardig gemaak, en die senior bemanningslede is sorgvuldig gekies. Die laaste deel van die bemanning wat gekies is, was die soldate Rekute soos CE Schutte moes hulleself aanmeld by die kantore van

die Kompanjie, waar die armes en hongeresvan daardie tyd in massassaamgedrom het met die hoop om deur die Kompanjie in diens geneem te word. Die manne het mekaar dikwels vertrap in die hoop om ingelaat te word as deel van die groepe van 12 tot 15 wat ondersoek is met die oog opkeuring. Uit die wat as soldate gekeur is, is onder andere tweetrompetblasers en twee tromspelers gekies. By die keuring van hierdiemanne moes hulle 'n paar militere oefeninge met 'n vorlaaier-geweer doen.'n Offisier wat teenwoordig was, het die man se naam en geboorteplekneergeskryf. Al die manne het die lokaal daarna deur 'n sydeur verlaat,waarna 'n ander groep in die drilkamer toegelaat is. Na werwing het 'n rekruut 'n kis van 105x45x45 cm gekry om sy besittings in te sit. Na diewerwingsproses is die manskappe verdaag tot die dag waarop hulle deur dieblaas van trompette byeengeroep is. Die dag na die byeenroeping is die manne se kiste gemerk en aan boordgestuur, waarna die skip se bemanning ook aan boord gegaan het.

Vir 'n Duitser soos CE Schutte wat die eerste keer die handelskepe vandie VOC gesien het, moes dit soos 'n drywende kasteel gelyk het. Teen die tyd dat die soldate aan boord gegaan het, was die onderstegeskutpoorte oop, en 'n mens kon alles aan boord sien. Alles is nuut en onverwags en omdat die manne onkundig was omtrent alles, het hulle na alles gestaar en niks met aandag beskou nie. Sodra die stuwadore dieskip verlaat het, was hulle gepeper met tegniese skeepsterme en bevele in Nederlands. Die skip is spoedig opgevul met bemanning en diemet hoerang het laaste aanboord gekom. Teen die tyd is die manskappeingespan en aan die werk gesit sonder dat hulle noodwendig verstaan hetwat aan die gang is. Daar is op die manne geskreeu, gevloek en geslaan enkwartiermeesters, korporaals en ander onder-offisiere het onder die manneingeklim met stukke tou (45 cm lank) so dik soos 'n man se vinger metpunte wat in teer gedoop was, ongeag of hulle gewerk of lyf weggesteekhet. Na so 'n uitputtende dag het die manne aandete gekry wat uit brood, botter, kaas en bier bestaan het waarna hulle op die deurmekaar dek slaapplek vind, net om kort-kort wakker gemaak te word sodat nog vrag aanboord gebring kon word. Die proses is herhaal vir 14 tot 18 daewaarna die skip seevaardig was. 'n Aantal kommissarisse het dan aan boordgekom om te kontroleer of al die bemanningslede aan boord is. Sodra hulledie skip verlaat het, is die buskruit en die loods aan boord gebring enas die wind reg was, oos, suidoos of noordoos, is die anker gehys, dieseile ontvou, ^n groet met die kanon gesein en die skip het vertrek. Diebemanning het tot op hede nog geen geld verdien nie totdat hulle tussendie drie vate wat in die mond van die Texelrivier geanker was, deurgevaarhet.

Die bemanning is dan in twee wagte verdeel sodra die skip op see is.Die twee wagte moes om die beurt verantwoordelikheid neem vir di e werkop die skip. 'n Verdere verdeling was in groepe van agt of nege wat saamgeeet en geslaap het en is "baksvolk"genoem. Werkskofte ter see opgedeel in skofte van vier uur elk en die daaglikse roetines was asvolg: 06h00: water vir eike man, 07h00: oggendgebed en ontbyt, 12h00:middagete, 17h00: aandgebed en aandete, 18h00 - 20h00: platvoet,waartydens die manne op die dek moes wees t.w.v. vinnige weersveranderinge, of in tye van rustige weer, speletjies en musiek. Etes het uit die volgende bestaan: ontbyt: uitgedopte gort en Sondae gebakte pruime en rys: middagete: op Sondae en Dinsdae het hulle gesoute beesvleis en op Donderdae gerookte vark gekry. Groente het bestaan uit geel of grys ertjies of wit boontjies en op Sondae het hulle groot Pruisiese ertjies gekry. Aandete het bestaan uit dit wat van die middag oorgebly het. Mettertyd het die nuwe bemanningslede hulle werk geken en het die offisiere en onderoffisiere meer geduld metdie bemanning aan die dag gele (A. Bester, Familia, jaargang 37, no.3,2000)

Volgens die skeepsoldyboek van die skip "Oudenaarde" word Christian Ernst se naam met een "a" gespel en sy van as Schut aangegee (volgens die Hollandse uitspraak" Sgut"), Hy het op 7 November 1726, te Texel,Nederland aan boord gegaan. Kaptein Isaak Hage was aan die stuur van die858 ton skip. Ook aan boord was 133 matrose, 58 soldate (waarvan CESchutte een was) en 7 arbeiders. Die skip kom na vier maande op 9 Maart1727 in die Kaap aan wat 'n mens 'n aanduiding gee van hoelank suikevaarte geduur het. Die skip het Kaapstad weer op 28 Maart 1727 verlaat naBatavia (Oos-Indie) waar die op 22 Junie 1727 aangekom het. Aan boord was18 matrose, 13 soldate en 3 arbeiders. CE Schutte was 9 jaar in diens van die VOC en word 'n Vryburger in 1734 en word ^n boukneg op die plaas van sy oom, Andreas Schutte Later was hy woonagtig op die plaas Rustenburg (deesdae Rustenberg) net noord van Stellenbosch wat hy aan ene Bernhardus van Biljon

verkoop (sien testament CJ 2889,72, KAB). Hy was 'n "weduwenaar" en 'n burger van Stellenbosch ten tye van sy tweede ?? huwelik metSusanna Fourie (VC 639, G2 7/1). Hy ontvang soldy tot in 1766 van dieVOC

Susanna and Christiaan,Ernst Schutte [0019] were married December 6, 1741.

view all

Christiaan Ernst Schütte, SV/PROG's Timeline

1693
October 4, 1693
Schleswig, Schleswig-Holstein, Deutschland (Germany)
October 4, 1693
Evangelie-Lutherse Kerk, St Michaelis, Schleswig, Germany
1741
December 17, 1741
Stellenbosch, Caap de Goede Hoop, South Africa
1766
1766
Age 72
Kaapstad, Caap de Goede Hoop, Suid Afrika
????
1727
????
????