Christina Maria Booysen, a1b3

Is your surname Booysen?

Research the Booysen family

Christina Maria Booysen, a1b3's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Christina Maria Booysen (Hermann), a1b3

Also Known As: "Christina Maria Booysen", "Christina Maria Dreyer"
Birthdate:
Birthplace: Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
Death: August 11, 1895 (63)
Pretoria, City of Tshwane Metropolitan Municipality, GP, South Africa
Place of Burial: Voortrekkergrafte, Claremont, Pretoria, Gauteng, Suid Afrika
Immediate Family:

Daughter of James Herman, SV/PROG and Cecilia Jacoba Greeff
Wife of Jan Jonathan Booysen and Kmdt-Genl. Thomas Frederick Dreyer
Mother of Cornelius Hermanus Zacharias Booysen; Cecilia Jacoba Hermann; Jacomina Henderina Booysen; Christina Maria Labuschagne; Veldkornet Jan Jonathan Booysen and 6 others
Sister of Jacobus Johannes Herman, b1; Matthys Johannes Herman, b2 and Anna Cecilia Jacoba Herman, b4
Half sister of Jacobus Gerhardus Herman, a1b5; Jinnie Christina Ras, a1b6; Jacobus Gerhardus Herman, a1b7; Johannes Christiaan Herman, b8 and Paulus Petrus Herman, a1b9

Managed by: Private User
Last Updated:

About Christina Maria Booysen, a1b3

DEPOT TAB SOURCE MHG TYPE LEER VOLUME_NO 0 SYSTEM 01 REFERENCE O/1607 PART 1 DESCRIPTION BOOYSEN, JAN JONATHAN. STARTING 1880 ENDING 1880 REMARKS NAGELATE EGGENOTE CHRISTINA MARIA BOOYSEN (GEBORE HERMAN)

Doop:-https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CSKD-YG3T?i=145&ca...

Navorsing oor Voortrekkergrafte. Jan Jonathan Booysen en Christina Maria Herman. Inhuldiging van nuwe grafte.https://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/14458/001_Voorbla...

https://www.geocaching.com/geocache/GC4BKVB_pioneers-rest?guid=8010...


Notas deur David Abraham Swanepoel

Die inligting op p 9 van die Pretoriana [1] artikel (wat skynbaar nie volledig geskandeer is nie) mag korrek wees vir Duitse Hermanns, maar mev Booysen/Dreyer was die nasaat van ‘n Britse Setlaar wat ‘n Voortrekker geword het. Die familie het dit seker self met 2 n’e begin spel, maar dit is foutief. Die Britse wyse is net 1 n en sou “hurman” uitgespreek word. Haar dooprekord dui ook duidelik net een n aan, asook die NAAIRS rekord van haar man se boedel.

Sedert 1984 toe die nuwe kopstene aangebring is, het die begraafplaas weer, maar nie baie aandag gekry nie. Hierdie persoon se kopsteen is in 2013 afgeneem en te sien by:

http://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=2642290

Die hele begraafplaas se foto’s is by: http://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=239410 Dis geleë in Van der Hoffweg 985, rigting wes (vanuit die stad) net oor Bremerstraat aan die linkerkant.

Onder Media het ek 2 Google Maps beelde opgelaai. Die een is ‘n perspektief van bo. Die geel ster dui die ligging aan, die sementmuuromheining is sigbaar. Die Booysens se grafte (eintlik almal) lê regs agter in. Dis ook al wat nog kopstene het. Daar is ook die gedenksteen met die 1984 restourasie, geskenk deur Avbob, voor in die perseel.

Die tweede foto dui die Google Street View aan soos iewers in 2017, wat ‘n oorgroeing aandui.

Die begraafplaas is smaller as ‘n standaard erf en kan maklik misgekyk word. Die ingang is by die rooi pyl op die foto. Sodra Bremerstraat, ‘n groot straat, oorgesteek word, begin bedag wees. Soek veral na die groot bome as baken, asook 'n hoekmuur onmiddelik vorentoe wat no 991 in groot letters aandui. Soos met alle begraafplase, wees op die uitkyk vir sluipslapers, gaan eerder in groepe.

Daar is 'n parkeerverbodteken reg voor die begraafplaas. Dit het betrekking op die rylaan van die straat self, want enige geparkeerde voertuig sal verkeer blokkeer. Voor die teken en langs die geplaveide voetgangerpad is plek vir een sedanmotor.

Uit die eGGSA foto's kan mens sien dat die voorste palisadeheining darem tussen 2007 en 2013 geverf is (waarskynlik kort voor fotografering want dit lyk mooi). Die gras in 2007 was oorgroei, in 2013 korter. Die 2013 foto's van eGGSA toon ook dat een van die nuwe kopstene vooroor neig. In Maart 2017 lyk dit egter of dit weer reggetrek is en dat alle grafte wat dit gehad het, ook die sonder kopstene, nuwe sementblaaie gekry het. Twee grafte, een 'n kindergraf in die agterste regterhoek, is net met klippe omlyn. Die gras is skynbaar toe verbrand.

Die voorlaaste nuus was van ‘n lid van die Facebookgroep Monumente, Gedenktekens en Interessanthede Suid Afrika, met ‘n foto geneem in Aug 2019, wat die begraafplaas weer in ‘n erge staat van oorgroeing toon. 'n Enkele lid van die groep, wonende in Johannesburg maak soms daar skoon, maar kan ook net soveel doen. Dit sou goed wees as glifosaat jaarliks daar gespuit kan word, maar dit kos geld.

Die Genootskap Oud-Pretoria bestaan nie meer nie. Of die Voortrekkerbeweging by die versorging van die begraafplaas betrokke is, is ook nie bekend nie, aangesien hulle nie bewus was van hulle beweerde eienaarskap daarvan nie. Die Stadsraad van Tshwane sal uiteraard nie betrokke wees nie, want dis nie hulle grond nie. Daar is geen bord van die stadsraad soos by ander begraafplase nie. Dis 'n wees-begraafplaas met geen duidelike eienaar nie.

Lang gras is min aan te doen. In die reënseisoen word enige moeite binne weke ongedaan gemaak. Dis darem ‘n riem onder die hart, dat verskillende groepe mense nog probeer omsien na hierdie begraafplaas waar Christina Maria Herman as my derde groottante begrawe is, opsommend:

1984: aanbring van nuwe kopstene

2013: verf van palisade

2017: regtrek van skewe kopsteen en nuwe sementblaaie.

2020: Skoonmaak deur die FAK se Moot-kultuurnetwerk op 2020-09-12. Foto by media opgelaai. Dit wil ook lyk of ‘n straatnommerplaat aangebring is, want dit kom nie op ander foto’s voor nie. "Voor"-foto's wys 'n haglike toestand.

Die begraafplaas was ook laat in Aug 2020 in die nuus toe die Tshwane-metro ‘n groot diensterekening aan die oorledenes gerig, by die erf langsaan afgelewer het. Die kommentator Quentin Meyer noem dat hy ook soms daar skoonmaak. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/allemintige-diensterekening...

Ek het die begraafplaas op 2020-09-27 besoek na die FAK-skoonmaak. Al wat nog moontlik kan aandag kry as daar geld is, is ‘n stewige hek i.p.v. die draadkonstruksie wat daar tans is. Dit sal nie ongewenste menslike elemente uithou nie en mens wil ook nie bona fide besoekers verhoed om daar in te gaan nie. Ek dink aan honde en ander diere wat die plek met feces kan bevuil. Verder kan die palisade weer baat by ‘n verflaag.

Bron:

1. Red. Onthulling van gedenktekens op die Booysen-begraafplaas. Pretoriana, no 87, April 1985. Webadres bo.

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

Death Notice:-https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4N-SJ7H?cc=25202...

view all 17

Christina Maria Booysen, a1b3's Timeline

1832
May 20, 1832
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
June 26, 1832
Graaff Reinet, Oos Kaap, Suid Afrika
1853
December 25, 1853
Transvaal
1855
September 7, 1855
1857
May 16, 1857
Transvaal, Suid-Afrika
1860
February 23, 1860
1861
December 5, 1861
Pretoria, Pretoria, Gauteng, South Africa
1864
October 10, 1864
1866
July 19, 1866
1868
August 13, 1868