Cornelis Vrey, b2c8d10

Is your surname Vrey?

Research the Vrey family

Cornelis Vrey, b2c8d10's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Cornelis Vrey, b2c8d10

Graf http://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=717420

Cornelis en sy oudste broer, Daniël, het tussen 1860 en 1865 saam uit die Kaap Kolonie na Transvaal vertrek. Op 20 November 1865 het Cornelis en sy broer Daniël saam 'n memorandum onderteken waarin ontevredenheid uitgespreek word oor die optrede van die President van die Uitvoerende Raad en die Kommandant Generaal in verband met die veldtog teen Moshoeshoe en ook ander administratiewe regerings take. Hierdie memorandum is deur meer as 'n honderd burgers onderteken. Op 19 Januarie 1866 onderteken Daniël ook 'n versoekskrif waarin die regering gevra word om sekere wette en ordinansies voorlopig buite werking te stel totdat die volk die geleentheid gehad het om hulle daaroor uit te spreek (sien Volksraad notules Deel V 1854-1866). Daniël en Cornelis het op die plaas Holfontein in die Krugersdorp distrik gevestig.

Hulle jonger broer, Jan Tielman, heet eers na Natal verhuis, waar hy verskeie jare gewoon het, voordat hy ook na Transvaal verskuif het om op die plaas Vryheid in die Wakkerstroom distrik te vestig.

Gedurende die Anglo-Boereoorlog lê Cornelis sy wapens neer in Junie 1900 en bly op die plaas tot 23 Desember 1900, toe hy na die Johannesburg renbaan konsentrasiekamp geneem word. Later word hy na die konsentrasiekamp in Krugersdorp oorgeplaas. Gedurende 1900 het die Britte verskeie kere by hom op die plaas aangedoen om kos voorrade aan te vul. Die Britte het aan hom kwitansies vir alle items wat hulle geneem het, gegee. Na die oorlog eis hy van die burgerfonds vir 1 perdekar, 2 dubbel-harnasse, 22 osse, 16 sakke mielies (totaal 384 Britse pond), 639 bondels hawer, 20 sak mielies (totaal 31 Britse pond), 7 koeie, 4 beeste, 6 kalwers, 500 bondels hooi (totaal 169 Britse pond) en nog vele bondels hooi (200 Britse pond).

Britse Konsentrasiekamp : Krugersdorp

http://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Person/46694/Cornelius_Vrey/

view all 13

Cornelis Vrey, b2c8d10's Timeline

1840
June 10, 1840
Weltevrede distrik Kapkolonie Suid Afrika, Ladismith, South Cape DC, Western Cape, South Africa
1860
1860
Prince Albert, WC, South Africa
1864
March 12, 1864
Gatsrand, Potchefstroom, NW, Suid-Afrika
1865
May 1865
Holfontein, Krugersdorp, GP, Suid-Afrika
1873
December 21, 1873
Krugersdorp, GP, South Africa
1875
1875
1877
1877
Holfontein, Krugersdorp, GP, Suid-Afrika
1880
1880
1882
1882
1919
December 23, 1919
Age 79
Holfontein, Krugersdorp, GP, South Africa