Dirk Cornelis Uys Lourens

Is your surname Lourens?

Research the Lourens family

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Dirk Cornelis Uys Lourens

Birthdate:
Birthplace: Swellendam, South Africa
Death: March 26, 1914 (54)
Koppies, Vredefort, South Africa
Place of Burial: Koppies, Northern Free State, Free State, South Africa
Immediate Family:

Son of Matthys Johannes Lourens, b3c2d5e9 and Alida Maria Lourens
Husband of Maria Margaretha Lourens and Hester Dorothea Welman
Father of Johanna Sophia Catharina Magdalena Lourens; Alida Maria Claasens / Jordaan; Matthys Johannes Lourens; Magdalena Susara Gertruida Johanna Lourens; Dirk Cornelis Lourens, Snr and 2 others
Brother of Alida Maria Klopper; Cornelia Susanna Lourens; Cornelis Janse Lourens; Mathys Johannes Lourens; Pieter Arnoldus Lourens and 1 other

Managed by: Private User
Last Updated:

About Dirk Cornelis Uys Lourens

Sterfkennis en boedeldokumente: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:S3HT-DY6N-YQ?cc=3040532...

Ek het in die distrik van wat nou Koppies genoem word, grootgeword.

Onderhewig aan my geheue en as wat ons op skool geleer is korrek is, het hierde persoon die plaas Honingkopjes besit, waarop Kopjes aangelê is. Die “honing” gedeelte is later laat vaar. Daar was 'n sylynstasie wat vermoedelik al in 1892 as deel van die noord-suid spoorlyn gebou is. Dit het definitief in 1899 bestaan tydens die Anglo-Boereoorlog. Dit is baie jammer want Honingkopjes of sy Afrikaanse vorm is so ‘n mooi woord en ons word gedurig getreiter, alhoewel goedig, met “waar is die pierings.” Die koppies is ‘n groep lae bulte waarin daar byneste was. Die omgewing is eintlik maar Vrystaatse grasvlakte. Die dorp het vanaf 1910 vorm aangeneem. Die woonbuurt Lourensia, na hom vernoem is in die vroeë 1960s aangelê.

In die rekords is daar egter geen bewys dat hy Honingkopjes besit het nie, wel die plaas Weltevrede direk noord daarvan, waarop hy 'n privaat landbouhoewenedersetting begin het. Hy het dus 'n belangrike rol in die omgewing gespeel, indien dan nie in terme van die dorp self nie.

Sy pa was wel die eienaar van Honingkopjes, sien die sterfkennis hierby opgelaai. Naamgewing by verskeie persone dui daarop dat hulle na familie van die voortrekkerleier Dirk Uys moes wees. Dit is nie net 'n kwessie van heldevernoeming nie.

Daar is ‘n eienaardigheid rondom sy graf se plasing. Sy graf is die oudste in die begraafplaas (1914). Dis soos die begraafplaas vandag uitsien, die eerste een regs voor die boomlaning met die Joodse begraafplaas daaragter. Die volgende begrafnis was egter weer “voor” (oos) by die omheining. Daarna loop die nommers ry vir ry na agter, maar grafte stop ‘n entjie van hom af in die laaste ry. Daarna is aan die suidekant van die huidige sentrale pad en teen die oostelike heining weer van vooraf met numerering begin. Die begraafplaas het dus ‘n “ou” en “nuwe” gedeelte wat verwarrend is, want gewoonlik beteken dit ‘n nuwe begraafplaas is op ‘n ander lokaliteit begin. Koppies het in derwaarheid net een munisipale begraafplaas binne een omheining.

Mnr Lourens moes dus vir 33 jaar, tot sy tweede vrou, Hester Dorothea Welman in 1947 bygevoeg is, eensaam in sy hoekie gelê het. Sy eerste vrou, Maria Margaretha Klopper is in die Vredefortwegkonsentrasiekamp oorlede en begrawe. Vandag ry almal wat diep in die begraafplaas ingaan vlak by die graf verby, maar ek twyfel of veel mense weet wie hy was. Ek het dit eers besef toe ek ‘n graf”crawler” geword het.

David Abraham Swanepoel

view all 12

Dirk Cornelis Uys Lourens's Timeline

1859
October 8, 1859
Swellendam, South Africa
1882
March 16, 1882
1889
October 11, 1889
1903
June 22, 1903
1906
January 6, 1906
South Africa
1909
October 6, 1909
1913
September 2, 1913
1914
March 26, 1914
Age 54
Koppies, Vredefort, South Africa
1914
Age 54
Old cemetery, Koppies, Northern Free State, Free State, South Africa
????