Is your surname Euvrard?

Research the Euvrard family

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Related Projects

Esmé Euvrard

Also Known As: "Esme Euvrard"
Birthdate:
Birthplace: Smithfield, Xhariep, Free State, South Africa
Death: September 11, 1993 (74)
Sandton Kliniek, Sandton, Transvaal, Republiek van Suid-Afrika, Sandton, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa (Acute myocardial infarction)
Place of Burial: Johannesburg, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa
Immediate Family:

Daughter of Johannes Albertus Erasmus Euvrard and Anna Sophia Susanna Euvrard
Wife of Gilberto Bonegio
Mother of Raul Gilberto Bonegio and Fernando Juan Bonegio
Sister of Maria Elizabeth Euvrard; Pieter Abraham Euvrard and Susanna Elsie Grobler

Occupation: Radio Announcer, Springbok radio Announcer & singer
Managed by: Private User
Last Updated:

About Esmé Euvrard

Bronne

JOHANNESBURG. Chico, die liefling-chihuahua van mej. Esmé Euvrard, treur oor sy ounooi. Sedert haar dood Saterdagoggend weier hy om pad te gee van haar gunsteling- stoel waar sy hom altyd op haar skoot vertroetel het. Mej. Euvrard, die geliefde "Bosmoeder" van duisende troepies, is Saterdagoggend ná 'n hartaanval vroeër die week in haar slaap in die Sandton-Kliniek dood. Volgens haar seun, mnr. Raul Bonegio van Robinhills, Randburg, by wie mej. Euvrard gewoon het, het sy Dinsdagnag van 'n pyn in haar bors gekla. Ons het haar na die kliniek gebring. Dit was 'n ligte hartaanval. Dit het egter beter gegaan en ons het gedink die ergste is verby, maar Vrydag het sy weer verswak. 'n Gangmaker is toe ingeplant, maar Saterdagoggend is sy in haar slaap dood, sê hy. Mnr. Bonegio en sy vrou, mev. Gillian Bonegio, het ses weke gelede 'n tweeling-dogters ryker geword. Een van hulle is Natalia Esmé Bonegio genoem. Mej. Euvrard se goue stem is vir meer as vyftig jaar oor die radio, veral Springbokradio, gehoor. Sy en haar man, mnr. Gilberto Bonegio, het in die vroeë jare sestig 'n sanggroep gestig wat oor die land heen getoer het. Hy is in 1964 dood nadat hy op straat in Johannesburg deur 'n motor raakgery is. Hy was baie lank in 'n koma. Ná sy dood het mej. Euvrard nooit weer in die openbaar gesing nie. Sy het sowat dertig jaar gelede 'n hoofrol vertolk in een van die gewildste (en langsdurende) radio-vervolgverhale, Liefdeslied, op Springbokradio. Sy was ook die aanbieder van die gewilde program vir pasiënte Hospitaaltyd. Die ere-titel Bosmoeder het sy gekry nadat sy as mede-aanbieder van die program Forces Favourites die liefling van jong soldate geword het wat besig was met grensdiens. Mej. Euvrard het ook een van die hoofrolle in die gewilde TV-reeks Net 'n bietjie liefde vertolk en was aanbieder saam met Jan Cronjé van die geselsprogram Só maak mens, ook op Springbokradio. Sy het in 1991 'n beroerte gehad, wat haar linkerarm en -been verlam gelaat het. Kort ná die beroerte het my ma bedags in haar gunstelingstoel gesit en na haar plateversameling geluister. Sy het gelewe vir haar musiek en baie TV gekyk. Dit het baie beter gegaan en sy het weer begin stap totdat sy Dinsdag dié terugslag gehad het. Klein Chico was vir my ma soos 'n kind en hy het haar opgepas. Hy bly by ons, sê mnr. Bonegio. 'n Roudiens vir mej. Euvrard sal môre-oggend om elfuur in die NG gemeente Fontainebleau, Randburg, gehou word.
Die Burger. 13 September 1993

Esmé EUVRARD was married to Gilberto BONEGIO, a Portuguese musican. composer, voilonist and guitarist. In the early 60s, the couple toured the country, singing with Gilberto's group. After he died in 1964 after being in a coma for 20 months after a car accident, she never sang in public again. Their children Raúl and Fernando became involved with Spanish dancing. Raúl's wife, Gillian, was Charlize Theron's Spanish dance teacher. One of Raúl and Gillian's twin daughters born in 1993 was named Esmé.
South African Family History and Genealogy. 27 April 2010

Tannie Esmé.
So het duisende mense oor die land heen vir Esmé Euvrard genoem. Aan haar was daar geen aanstellerigheid nie, skryf Philip de Bruin. Sy het behoort aan die mense van Suid-Afrika en die baie radioluisteraars wat sy oor dekades heen vermaak het.
Net ouer lesers sal die destydse Springbokradio onthou en net hulle sal die vervolgverhaal Liefdeslied van die 60’s onthou. Daarin het Euvrard die romantiese hoofrol vertolk. Sy het ’n huishoudelike naam oor die land heen geword, moontlik bekender nog as vandag se TV-bekendes. Hulle is om hul gesigte bekend - Euvrard het, soos haar tydgenote, net haar stem gehad om haar tot in die harte van die publiek te praat.
Dit het sy in Liefdeslied, versoekprogramme en die baie gewilde raadgee-program So maak mens saam met Jan Cronje reggekry. Sy het in die volkmond Tannie Esme geword.
Sy het darem ’n klein hupstoot na bekendheid gekry toe sy en haar man, Gilberto Bonegio, in die 50’s in konsertsale oor die land heen opgetree het en liedjies in Spaans, Portugees en Italiaans gesing het.
Euvrard het in die 90’s ’n beroerte gehad, nooit regtig daarvan herstel nie en is kort daarna in groot rustigheid in die tuinwoonstel van haar een seun in Randburg dood.
Fanus vertel:
Esmé het as 16-jarige dogter verlief geraak op ’n Portugese musikant, ’n klassieke kitaarspeler en ook dirigent. Die man se naam was Gilberto Bonegio.
Hy het gereeld by die destydse Delmonico Restaurant opgetree. Met haar ouers se toestemming en haar broer as chaperone het Esmé Euvrard elke Saterdagaand na Gilberto Bonegio gaan luister. Haar ouers het haar toestemming gegee om Gilberto te sien, maar moes hulle belowe dat sy nie ’n verhouding met hom sou aanknoop voor haar 21ste verjaardag nie. Sy het gewag en gewag en op 19 Mei 19-voertsek op haar 21ste verjaardag is sy en Gilberto getroud. Hulle was hemels gelukkig, maar die Latynse bloed van Gilberto het soms vlamgevat. By een geleentheid het hy gesê: “Ek loop nou!” Al wat hy saamneem, is sy geweer. Laat daardie nag klop hy aan die huilende Esmé se kamervenster.
“Hoekom kom jy terug?” sê sy en soen hom en soen hom.
“Die hotel is vol!”
En toe, toe ry ’n kar Gilberto raak. Hy was maande in die hospitaal - en Esmé het hom elke dag besoek.
Sy het nooit leer motor bestuur nie, en het ’n huurmotor op ’n maandelikse basis gehuur, want behalwe hospitaal toe, moes hy haar ook na die SAUK se ateljees toe neem waar sy onder meer versoeke aan die manne op die grens gespeel het.
Die Burger. 31 Maart 2003

view all

Esmé Euvrard's Timeline

1919
May 19, 1919
Smithfield, Xhariep, Free State, South Africa
1993
September 11, 1993
Age 74
Sandton Kliniek, Sandton, Transvaal, Republiek van Suid-Afrika, Sandton, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa
September 14, 1993
Age 74
Braamfontein, Johannesburg, City of Johannesburg Metropolitan Municipality, Gauteng, South Africa