Francois Johannes du Toit, e2f4g1h1

Is your surname du Toit?

Research the du Toit family

Francois Johannes du Toit, e2f4g1h1's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Francois Johannes du Toit, e2f4g1h1

Also Known As: "Frank", "Frank du Toit"
Birthdate:
Birthplace: Villiersdorp, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
Death: July 04, 1963 (86)
Prieska, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
Place of Burial: Prieska, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Francois Johannes Stephanus du Toit, d9e2f4g1 and Anna Wilhelmina Elizabeth Maree
Husband of Kate du Toit and Gertruida Jacoba du Toit
Father of Frank du Toit; Marie Louise du Toit; Johannes Hendrik du Toit; Anna du Toit and Dr Jacob du Toit
Half brother of Burgert Daniël Michael Maree, b2c4d9e1f4g1; Jacob Stephanus Maree; Johannes Albertus Maree; Elizabeth Jooste; Hester Susara Elizabeth Steenkamp and 2 others

Occupation: Grootste marino boer in SA
Managed by: Private User
Last Updated:

About Francois Johannes du Toit, e2f4g1h1

Lewensskets: Oom Frank du Toit

(Soos op portret van Frank du Toit in die Frank du Toit Ouetehuis, Prieska)

Frans Johannes Stefanus du Toit is op 29 Junie 1877 op Villiersdorp gebore. Op nege maande ouderdom het sy vader hom ontval. Hierna verhuis sy moeder na die Noordweste en vestig haar in die distrik Marydale, waar sy weer trou met Casper Mareë en na sy dood met Jacob Mareë.

Vir sy skoolopleiding gaan jong Frank na Blouvlei, Wellington, waar hy as skrander leerling presteer. In sy getuigskrif van die skoolhoof aan hom, skryf die hoof: “Alles wat die jonge Heer du Toit aanpak, sal hy ‘n groot sukses van maak”.

Terug op die plaas, het sy stiefvader sy buitengewone pligsgetrouheid, daadkrag en gesonde besigheidsvernuf opgemerk. Hy het hom gehelp om die plaas Smidwater, in die Prieska distrik te koop. Van hierdie beskeie begin het hy steeds uitgebrei totdat hy op een stadium die grootste enkel marino-boer in die Republiek was. Hierdie groot inkomstes het hy nie vir eie gerief aangewend nie, maar veel eerder tot voordeel van sy gemeenskap en medemens.

‘n Bewys hiervan is sy netjiese en goed-versorgde plase en talle groot skenkings uit sy boedel. Vir die Sendingkerke van Kenhardt, Marydale en Prieska laat hy ‘n groot plaas na. Hy bemaak ‘n plaas aan die plaaslike hospital, maar diè is later oorgedra vir die bou van die “Frank du Toit Ouetehuis”. Hy stel studiebeurse tot die beskikking van skrander maar behoeftige leerlinge, wat hulle in staat gestel het om hulle te bekwaam vir onderwysers, predikante en geneeshere.

Uit sy huwelik met Kate, oudste dogter van ds. J.H. van Wyk, van Murraysburg is drie seuns en twee dogters gebore. Na haar dood trou hy met mej. G. du Toit, onderwyseres van Prieska. Sy het hom groot steun verleen in sy uitgestrekte boerdery-bedrywighede en hom trou versorg tot sy dood op 4 Julie 1963.

view all

Francois Johannes du Toit, e2f4g1h1's Timeline

1877
June 29, 1877
Villiersdorp, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
1906
March 18, 1906
Prieska, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1908
March 12, 1908
1911
1911
1913
March 22, 1913
1919
April 2, 1919
Britstown, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
1963
July 4, 1963
Age 86
Prieska, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
July 1963
Age 86
Prieska, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa