Helena Catherina Beatrix Lotriet

public profile

Helena Catherina Beatrix Lotriet's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Helena Catherina Beatrix Lotriet

Birthdate:
Death: August 28, 1901 (27-28)
Pietersburg Concentration Camp
Immediate Family:

Daughter of Francois Bernardus Rudolph ''Wilde Frans'' Lotriet and Helena Catherina Beatrix Botha
Sister of Willem Lotriet; Cornelis Lotriet; Bernard ''Berend Lotriet and Nellie Lotriet

Managed by: Linda Magdalena Engelbrecht
Last Updated:

About Helena Catherina Beatrix Lotriet

Notas deur David Abraham Swanepoel

‘n Tienerheldin waarvan min mense weet. Anders as die mitiese Rachel de Beer het sy werklik bestaan en haar storie herinner aan Dirkie Uys.

Eugene Marais, ook die skepper van Rachel de Beer, fiksionaliseer haar as Annie Lotrie [1]. Hy gee haar ouderdom as 18 jaar, maar die werklike Helena (noemnaam Leentjie) was 15 volgens die meeste bronne. Ongelukkig kon ek geen dokumente oor haar op FamilySearch vind nie (2019-12-20).

Die BCCD databasis is erg onduidelik. Al wat ooreenstem is die plek Pietersburg kamp. Mens kan nie uitmaak watter van die datums in 1901 'n sterfdatum is nie, ek het een gekies. Haar pa se naam moet verkeerd wees.

  • Miss Helena Catherina Lottering
  • is the daughter of Mr Willem Frederick Lottering (Lottrie)
  • Sources
  • Title: RS 26 Transvaal DL
  • Type: Death lists
  • Location: National Archives, Pretoria
  • Reference No.: 26
  • Origin: Goldman
  • Notes: p.220
  • Title: DBC 87 Pietersburg CR
  • Type: Camp register
  • Location: National Archives, Pretoria
  • Reference No.: DBC 87
  • Notes: p.96
  • Title: TKP 101 Tvl Government Gazette
  • Type: Transvaal Government Gazette
  • Location: National Archives, Pretoria
  • Reference No.: 101
  • Dates: 1901
  • Notes: 28/8/1901, p.1321
  • Title: DBC 90 Pietersburg DR
  • Type: Death register
  • Location: National Archives, Pretoria
  • Reference No.: DBC 90
  • Dates: 11/5/1901-
  • Notes: nos 180-185

Bron: https://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Person/39010/Helena_Catherina_L...

Haar pa was bekend as “Wilde Frans”, haar oom “Wilde Koos” was in soortgelyke omstandighede en het gesterf in Mosambiek. Hierdie familie se gewoonte om baie risiko te neem, kan aan die invloed van testosteroon toegeskryf word. By Helena manifesteer dit in die vorm van dapperheid.

Bronne:

1. Ilze Bezuidenhout. Eugene, Racheltjie en Annie. Solidariteit Tydskrif, 06/2019. p 70.

2. How Testosterone Affects Risk-Taking in Adolescent Boys and Girls https://www.cogneurosociety.org/testosterone_risktaking/ Besigtig op 2019-12-20

Nie-aangehaalde bronne:

https://af.wikipedia.org/wiki/Helena_Lotrie (sterfdatum foutief, sy is nie in die geveg oorlede nie)

https://www.afrikanergeskiedenis.co.za/?p=13063 (tekenprent wel as profielavatar gebruik, kopiereg FAK

Eugene Marais se fiktiewe weergawe: https://www.dbnl.org/tekst/mara002vers01_01/mara002vers01_01_0063.php

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

Op Facebook, word in die geheel ingetrek weens soekprobleme;

Riemland Museum 12 January 2015 · Die verhaal van Helena Lotrie....15 jarige heldin

Die verhaal van Helena Lotrie spreek boekdele oor die hardnekkige, vasberade stryd wat hierdie handjievol oorlewendes van die Potgietertrek moes voer.

Geen wonder nie dat omstandighede soos net 'n ongerepte Verre Noord-Transvaalse bosveld kon bied, die laerskool was waarin die heldin van hierdie verhaal grootgeword het. En om die heldedaad van Helena Lotrie werklik te kan waardeer, moet 'n mens deurgaans die soms genadelose lewenswyse in gedagte hou om te besef van watter stoffasie sy was. Helena se pa, Frans, was op sy dag 'n grootwildjagter en persoonlike gids vir die legendariese dokter David Livingstone. Geen uitdaging was vir Frans Lotrie te groot nie. So het dit dan gekom dat hierdie geharde temmer van die Noorde een aand n á stiltetyd sy gesin bymekaar geroep het.. "Môre vroeg, as die môrester sy verskyning maak, trek ons saam met Piet Grobler uit — Republiek se kant toe. Piet is ná onderhandelings met Lobengula deur president Paul Kruger aangestel as die Zuid-Afrikaansche Republiek se verteenwoordiger by hierdie goedgesinde Matabele-opperhoof. Nou wil hy graag sy vrou gaan haal, waarna die Groblers hulle naby Lobengula se stat sal kom vestig ..."

Helena trek haar tjalie stywer om haar skouers — die winterwind is koel saans. Sy wens die alewige trekkery kry nou einde! En tog, sy weet dat haar pa gidswerk vir die Britse Regering en die Zuid-Afrikaansche Repu­bliek doen sodat hulle met die vergoeding wat hy daarvoor kry, suiker, koffie, materiaal en ammunisie kan koop. Met die ammunisie beskerm die Lotries hulle teen roofdiere en vyandiggesinde stamme. Ai, sy wonder dikwels wanneer hulle eendag genoeg geld gaan he sodat sy vir haar 'n deftige rok met 'n bypassende paisley-tjalie kan koop!

Die volgende paar dae is daar van môreskof tot skemerskof getrek. Daar was vier waens in die Groblertrek. Twee Engelse jagters, George Cameron en GW Lloyd, het die tog meegemaak. Die ander manspersoon was Frikkie Greeff — 'n gouddelwer wat sy fortuin op die grens van die Republiek kom soek het. Dan was daar natuurlik Piet Grobler self met die hele Lotrie-gesin.

Sondag, 8 Julie 1888. Die swepe klap soos skote deur die Bosveldlug. Op die voorste wa sit Helena op die wakis langs haar pa. Sy weet hulle moet vandag trek, al is dit Sondag, want dit is droogtegebied. "Bernard!" roep Frans Lotrie ongeduldig.

Byna onmiddellik maak 'n agtjarige seuntjie sy verskyning langs die wa. Sy hemp is lankal nie meer in sy kniebroek nie. In sy hande hou hy 'n swepie vas wat hy self gevleg het. So speel-speel leer die kinders die kuns van wat nodig is om hierdie pioniersbestaan te kan voer. "Hier's ek, Pa!" antwoord die seun en klap die swepie 'n slag of twee. "Ek wil hê jy moet vandag naby Kolman en Janbloed bly — ek wil nie vandag met die osgoed sukkel nie. As ons nie vanaand by water uitkom nie, gaan ons vorentoe beslis bokerf trek, gehoor!" "Ja, Pa. Reg, Pa!" Swiep-swiep klap die swepie weer. Helena hou die geel speke van die groot, ronde wiele dop. Om en om draai die wiele. Haar wye rok — byna 'n volle vier en 'n half meter breed — hang amper tot teenaan die velling. Nadenkend staar sy oor die bosse heen. Sy droom van haar nuwe tjalie ... Maar dan gewaar sy 'n ander, minder gewilde gesig voor haar. "Pappa, kyk daar!" roep sy skielik uit.

Frans Lotrie hoor die dringendheid in sy dogter se stem. Dadelik los hy die leerleisels en gryp na sy geweer. As dit 'n leeu is ... Maar dan sien hy ook die swart gesigte wat hulle vyandig van agter die digte bos aangluur. Een of twee gaan selfs regop staan. Meteens begin 'n paar van hulle met gewere op die waens vuur.

"Gaan skuil in die wa, Helena!" Frans Lotrie herken dadelik die swartes as Mangwato-krygers van Koning Khama. Die Mangwato's en die Matabeles is geswore vyande. En omdat laasgenoemde die blankes goedgesind is, is die Mangwato's ook hatig teenoor die pioniers. Maar Helena se pa staan nie verniet onder sy eie mense as "die wilde Lo­trie" bekend nie! Vreesloos spring hy van die wa af en nog voordat hy kon grondvat, het hy reeds sy eerste opdrag uitgebulder: "Sprei uit, kêrels!" Terselfdertyd vuur hy 'n skoot in die lug af, terwyl die ander mans sy voorbeeld volg.

Die Mangwato's word heeltemal onverhoeds betrap deur die wilde Lotrie se geskreeu. Nog voordat die halfhartige krygers tot verhaal kon kom, was die geveg verby. Piet Grobler was egter woedend en het daar en dan besluit om Khama 'n les te leer sodat 'n soortgelyke voorval nie in die toekoms herhaal sou word nie. Om hom te straf, sal Khama tweehonderd osse aan die Zuid-Afrikaansche Republiek moes betaal. Grobler en die aanvoerder van die moordbende, Mokoetsjwane, het toe ooreengekom dat hulle mekaar 'n entjie van die waens ongewapend sou ontmoet. Dan kan Grobler, op aandrang van Mokoetsjwane, self die situasie aan die Mangwato-krygers verduidelik.

Gevolglik ontmoet Mokoetsjwane en sy bende die blanke mans 'n rukkie later sowat veertig tree van die waens af. Ongewapen. Maar Frans Lotrie vertrou nie die vrede nie. "Hierdie Mangwato's se naafbande is alte los na my sin, kêrels. Versteek julie pistole en messe in julle baadjiesakke," gee hy nog vir oulaas raad voordat die mans die krygers tegemoetstap. Eenkant by die waens staar 'n bekommerde Helena die mans agterna. 'n Snaakse voorgevoel dat alles nie pluis is nie, pak haar beet. Ook nie puur verniet nie, want Piet Grobler het skaars die situasie aan die Mangwato's verduidelik, of Mokoetsjwane spring skielik op, terwyl hy sy arms sywaarts hou en begin skree: "Batsjwareng, lo ba bolaeng!" (Slaan dood, die towenaars.)

Met moord in hulle oë, storm die krygers op die blanke mans af. Knopkieries, assegaaie en selfs stokke is omhoog gelig. Ses, sewe duik op Piet Grobler af en laat die houe op die arme man reën. Die Konsul laat self nie op hom wag nie en vlieg met gebalde vuiste onder sy aanvallers in ... Frans Lotrie pluk sy buffelhoringjagmes uit sy klapbroek en veg vir hom 'n pad deur die moordlustige bendes oop.

"Bly bymekaar! Beweeg agteruit waens toe!" skree hy, terwyl die houe met venyn op hulle arms en lywe reën.

Meteens klap die eerste geweerskoot van die waens se kant af. Sowaar, die vrouens het kopgehou! Die onverwagte wending gee die mans net genoeg geleentheid om 'n paar tree terug te val. Die verligting was egter van korte duur.

'n Paar Mangwato's het self gewere iewers opgeraap en begin skiet. Hulle is nou wel nie wafferse skuts nie, maar die koeëls fluit tog gevaarlik naby die mans se ore verby. "Sulke platkoppe!" verwens Frans Lotrie die handelaars wat die paar stuks gewere aan die swartes in ruil vir velle en ivoor verkwansel het. Dit is uit een van hierdie gewere dat 'n verdwaalde koeël Piet Grobler net bokant sy linkerenkel tref. Grobler val soos 'n klip teen die grond. Die Mangwato's sien dit en begin hul vuur op die leier van die "towenaars" konsentreer. Waar hy op die grond 1ê herlaai Grobler sy rewolwer en maai vier, vyf, ses aanvallers af. Maar hy bly 'n oop teiken wat enige oomblik getref kan word. By die eerste wa staan 'n fier en regop Helena Lotrie met haar pa se geweer in haar hande. Sy sien hoe hul trekleier platgeskiet word en besef dat hy nie op eie stoom na veiligheid kan vlug nie. Sonder om langer te wag, storm sy vorentoe — teen die koeëls in ...

"Leentjie, nee! Hulle gaan jou skiet!" roep kleinsus Nellie agterna. Maar Helena Lotrie hardloop vasberade tot waar Piet Grobler hulpeloos op die grond lê. Daar gaan sy reg voor hom staan en kyk die Mangwato's uitdagend aan. Toe neem sy haar wye rok se punte liggies met haar vingers vas en sprei dit voor die gewonde Piet Grobler oop soos 'n kombers. Vir 'n kortstondige oomblik kyk vriend en vyand verras na die jong dogter, asof hulle nie hul oë kan glo nie. Daar staan sy: 'n pragtige Boerenooi, haar lang hare netjies in twee vlegsels saamgebind. Roerloos waak sy —'n enkellengte katoenromp fyntjies by haar middel ingeplooi. Die valletjieskant van voersis is uitlokkend fraai en sowat 'n voetlengte bokant die grond gepunt. Trots en karaktervas staan sy daar. Uit haar hele wese straal die boodskap duidelik: "Skiet maar — ek is nie bang nie!" So het die vyftienjarige Helena Lotrie daardie dag die toonbeeld van dapperheid, durf en moed geword. Drie maal het koeëls haar rok deurboor. En met elke gaatjie in die rok wat bygekom het, was haar optrede merkwaardiger. Byna ongelooflik!

Lank het sy so bly staan, totdat die bygelowige Mangwato's later die aftog geblaas het. Toe het sy kalm, asof niks gebeur het nie, begin om die swartes se gewere bymekaar te maak ...

Hierna het Helena voortgegaan om die gewonde Piet Grobler trou by te staan as verpleegster. Na ongeveer twee weke het 'n baie koorsige Piet Grobler egter op die plaas Ellenpant, teenaan die Krokodilrivier, aan sy beenwond beswyk. Sy vrou, tant Elsie Grobler, het van Helena se heldedaad te hore gekom. Onmiddellik het sy die jonge en pragtige Helena genooi om by haar in Pretoria te kom inwoon — daar waar 'n nuwe beskaafde lewe op haar sou wag. Ja, daar waar tant Elsie vir haar 'n egte, egte paisley-tjalie kon koop!

Maar Helena het meteens besef dat die getjank van 'n jakkals baie meer werd was as al die tjalies in die wereld! Die Soutpansberg met sy aalwyn en aandster het gewink ... en gewen. Vriendelik het sy mevrou Grobler se aanbod van die hand gewys.

Helena Lotrie is enkele jare later tydens die Tweede Vryheidsoorlog as 'n verpleegster in die Pietersburg-konsentrasiekamp oorlede. Maar vandag, honderd jaar later, leef Helena Lotrie nog steeds voort in die herinneringe van 'n volk wat nie sy helde en heldinne wil vergeet nie. Die standbeeld van Helena Lotrie maak deel uit van die Kindermonument wat op die fasade van die Sondagskoolgebou in Maitlandstraat, Bloemfontein, staan: as eervolle nagedagtenis aan haar onvergeetlike dapper optrede op daardie wintersdag.

(http://gelofteland.org/…/150-jeughel…/2907-qskiet-maarq.html)

view all

Helena Catherina Beatrix Lotriet's Timeline

1873
1873
1901
August 28, 1901
Age 28
Pietersburg Concentration Camp