Hendrika (Rika) Harms Scholtemeijer (Heslinga)

Is your surname Heslinga?

Research the Heslinga family

Hendrika (Rika) Harms Scholtemeijer (Heslinga)'s Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Hendrika (Rika) Harms Scholtemeijer (Heslinga)

Pieter Isebrands Heslinga (1871-1944) skryf die volgende oor sy suster Hendrika (1867-1943), in sy Gedenkskrifte met betrekking tot HENDRIKA SCHOLTEMEIJER-HESLINGA en PIETER ISEBRAND HESLINGA, hulle ouerlike huis, hulle ouers, en die geslagsregisters van die stamhuise HESLINGA en HAMMING.'

"Nadat my verloofde [Battruida] en ek 'n jaar in Transvaal was [dws +/- November 1897], 'n halfjaar voor ons troue [getroud op 14 April 1898] dus, het my suster en broer, Hendrika en Isebrand, in Pretoria aangekom en hulle daar gevestig. Ruim 'n jaar na ons troue het suster Rika na ons toe gekom. My vrou het nog altyd saammet my skoolgehou, maar weens haar liggaamlike omstandighede het skoolhou en huishou vir haar te veel geword. Suster Rika het ook na my vrou se dood [Battruida oorlede op 31 Oktober 1899] in ons huis [te Zoutpansdrift, omgewing Rustenburg] bly woon, totdat die Engelse troepe die huis (in letterlike sin) bokant haar [Rika se] kop in [sic] die brand gesteek het. sy had kort tevore 'n ongeluk gehad deur met 'n byl haar voet oop te kap, en moes, om tog iets te red, hinkende op haar gesonde been, 'n paar kiste vol goed uit die brandende huis uitsleep. [sic] Wat haar trouens niks gehelp het nie, want toe sy hulle uit die gevaar van die vuur uit had, het die Engelse hulle oopgebreek en die inhoud vir hulle gevat. 'n Stoel, 'n matras en 'n kussing en kombers het hulle haar darem laat behou.
In geselskap van byna al die ander gevange vroue en kinders van Zoutpansdrift te Pretoria aangekom, is sy egter die volgende dag reeds - as Nederlandse onderdane [sic] - deur die Nederlandse Konsulaat van die Engelse opgeeis geword en losgelaat. Juis in die tyd het daar in Pretoria baie gevalle van tiefus voorgekom. Sy het ingespring en by vriende en kennisse in die huishouding en verpleging gehelp, tot sy ook self die siekte opdoen. In Pretoria se hospitaal opgeneem, het sy gelukkig deurgekom, en toe ek in Junie 1902, net na die vredesluiting, in Pretoria aankom, was sy maar net 'n rukkie tevore uit die hospitaal ontslaan."

view all

Hendrika (Rika) Harms Scholtemeijer (Heslinga)'s Timeline

1867
January 19, 1867
Niekerk, Groningen, Noord-Holland, Nederland (Netherlands)
1892
June 28, 1892
Zwolle, Zwolle, Overijssel, Netherlands
1897
June 15, 1897
Driebergen-Rijsenburg, Utrechtse Heuvelrug, Utrecht, Netherlands
1911
July 23, 1911
Hoogeveen, Hoogeveen, Drenthe, The Netherlands
1943
August 5, 1943
Age 76
Rustenburg, Transvaal, South Africa
????
????
????