Jacobus Petrus Kriel

Is your surname Kriel?

Research the Kriel family

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Jacobus Petrus Kriel

Kriel registesr no 11 b5c5 Jacobus Petrus, 

* Paarl 01.10.1769 ≈ Drakenstein 08.10.1769  Doop getuies:» Johannes Petrus Roux en Geertruij Pietrnella van Laar † Franschhoek 27.08.1842  »* Volgens Hugenote Museum * 28.09.1769 » † Volgens Hugenote Museum + 16.08.1842  » Grofsmid. » Jacobus Petrus Kriel was veldwagmeester van die Franschhoekvallei ongeveer tussen 1796 en 1799. Hy is op eie versoek na ’n kort dienstydperk weens swak gesondheid ontslaan. Eiendomserf Dassenberg 2 morg 53 vk rd² groot het tussen 1805 - 17.11.1842 aan J.P. Kriel behoort met ’n onderbreking 01.02.1839 – 08.12.1840 toe sy skoonseun, Charl Jacobus de Villiers wat met Susanna Johanna Kriel (1810-1904) getroud was, die eienaar was. Gedurende die laaste jare van die VOC-Bewind is erwe toegeken, met die doel dat dit as werkswinkels vir ambagslui moes dien. Hulle was dus te klein vir boerderybedrywighede. Later is bykomende erfpaggrond verkry en het die erwe in plase ontwikkel. Hy boer ook soos sy vader J.P. op ’n gedeelte van Keerweder. J.P., sy vroue en sy ouers, is klaarblyklik in die ou begraafplaas agter die kerk in Franschhoek begrawe. Daar is nie grafstene vir hulle nie: “Die begraafplaas is moontlik reeds voor 1848 gebruik.  Gedurende 1889 het die kerkraad meer grond van die munisipaliteit aangevra. Alhoewel daar vandag slegs dertig grafstene staan, moet ons aanvaar dat die terrein vol grafte is. In die oostelike gedeelte is Kleurlinge begrawe. Die oorspronklike ringmuur rondom die begraafplaas is gelyktydig met die ringmuur om die pastorie in 1861 voltooi. Volgens die grafskrifte is daar nog tot 1931 begrafnisse gehou.” Hy is ’n burger van Stellenbosch.  Uit die eerste huwelik is drie kinders gebore, uit die tweede huwelik twaalf kinders.  »» Kinders (14):.  x 07.09.1800, Helena Catharina HAUMANN (d.v. Pieter Eduard HAUMAN & Magdalena MOLLER)  

*08.09.1776 † Paarl 02.03.1803 »† oorlede met die geboorte van haar seun Jacobus Petrus. xx Swellendam 08.02.1807, Geertruy Woutrina HAMMAN (d.v. Johannes Nicolaas HAMMAN & Hester Anna DE VOS) , * distrik Stellenbosch 05.05.1787 † Franschhoek 11.09.1846 »† aan huis van J.P. le Roux, Franschhoek, distrik Stellenbosch.

Bronne/Sources: »ø Joubert, H. S. 1985. Vroeë Blanke vestiging in die Franschhoekvallei 1688 tot 1827. Stellenbosch : Die outeur, 42, 58, La Kot : die tydskrif van die Franschhoek Trust, (3) Mar 1995, 7, Le Roux, J. G. & Le Roux, W. G. [s a]. Ons Drakensteinse Erfgrond: Franschhoek. Paarl : Drakenstein Heemkring, 3, 36,Malan S. I. 1993: Die Vondeling-Malans: die geskiedenis van ’n familieplaas en die lotgevalle van sy mense : insonderheid die familiegeskiedenis en stamboom van Jan Hendrik Malan (6 Feb 1815- 18 Des 1887) insluitende sy manlike en vroulike afstammelinge. Pretoria : Aristo Pers, 245, »ø x Heese, J. A. 1992. Suid-Afrikaanse geslasregisters, opgestel deur J.A. Heese, geredigeer deur R.T.J. Lombard. Deel 3. H-I. Pretoria : RGN, 60,165

view all 21

Jacobus Petrus Kriel's Timeline

1769
October 1, 1769
Drakenstein
October 8, 1769
Paarl, Breede River DC, Western Cape, South Africa
October 8, 1769
Drakenstein
1801
November 29, 1801
Paarl, Breede River DC, Western Cape, South Africa
November 29, 1801
Paarl, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1802
October 13, 1802
Paarl, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1807
1807
1809
1809
Franschhoek, South Africa