Jacobus Johannes Potgieter, b7c8d8e7f13

Is your surname Potgieter?

Research the Potgieter family

Jacobus Johannes Potgieter, b7c8d8e7f13's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Jacobus Johannes Potgieter, b7c8d8e7f13

Britse Konsentrasiekamp, Name: Pietersburg RC Age arrival: 31 Date arrival: 01/06/1901 Date departure: 18/01/1902 Tent number: 446 Name: Merebank RC Reason departure: transferred Destination: Pinetown RC Name: Pietersburg RC Date arrival: 29/07/1902 Date departure: 18/08/1902 Reason departure: 1 MR Destination: Haenertsburg Tent number: 446 http://www2.lib.uct.ac.za/mss/bccd/Person/37354/Jacobus_Johannes_Po...

Boedel MHG 93905/1936 BurgerfondseiseTAB/CJS 828

Sien Eric Swardt se verwerking van Kotie Potgieter se eie beskrywing van die Anglo-Boereoorlog en die Pietersburg Konsentrasiekamp: Die JJ Potgieter manuskrip

Die volgende lewensbeskrywing kom uit die Potgieterboek van Feb 2006:

Nadat Jacobus Johannes Potgieter se ouers van Schoemansdal verdryf is in 1867 het hulle op die plaas Kareebos gaan vestig. Daar is Jacobus (Kotie) op 28 Augustus 1870 gebore. Sy ouers het na Houtbosberg getrek toe Jacobus ongeveer een jaar oud was. Sy vader het daar geelhoutplanke gesaag tot sy dood in 1873.

Na die dood van sy vader het sy moeder na die plaas Rustfontein getrek in die Pretoria distrik, waar hulle by sy oom Christiaan Herbst gebly het. Later het hulle na die plaas Vlakfontein getrek om by Jacobus se swaer, Dirk Booysen, te woon. In 1881 het Jacobus sy moeder verlaat om by sy een suster in Soutpansberg vir 3 jaar te bly.

Jacobus het in 1884 in Houtbosberg gevestig, waar hy sy moeder en twee susters in sy sorg geneem het. Jacobus het daar geelhoutplanke gesaag tot 1889, toe hy by die kommando aangesluit het om vir 4 maande in die Magatoe oorlog te veg. Na die oorlog het hy met sy moeder na die Laeveld getrek. Daar het hy vir Magrietha Jacoba Kuipers, dogter van Halbo Kuipers ontmoet. Magrietha het ook haar vader verloor op die baie jong ouderdom van 3 jaar. Aangesien die Laeveld yl bewoon was en 'n eensame plek was, het Jacobus die geselskap van Magrietha baie waardeer en in 1890 is hulle getroud.

Die situasie in die Laeveld het baie warm geraak toe die Majakie stam teen die regering gerebeleer het en Jacobus was gou gedwing om sy huis te ontruim en terug na Soutpansberg te vlug. In 1894 het Jacobus weer by die kommando aangesluit om in die oorlog teen Magoeba te veg, waar hy in die slag van Agatha deelgeneem het. In 1895 het hy vir die regering gewerk om forte te bou in die Laeveld en Soutpansberg.

In Mei 1895 het hy weer in die Magoeba oorlog geveg.

In Desember 1896 was Jacobus gekommandeer om te help om vrede te bewaar in Johannesburg na die mislukte inval deur Jameson en in 1897 veg hy weer in die Magatoe oorlog.

Toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek het Jacobus in die Soutpansberg kommando geveg en in die eerste fase van die oorlog deelgeneem aan die gevegte by die Krokodilpoele, die slag van Modderrivier en die slag van Magersfontein. Jacobus het die Britte ontvlug by die slag van Paardeberg en hom by die kommando in Natal aangesluit, waar hy in die slag van Biggarsberg en die slag van Laingsnek deelgeneem het, voordat hy na die Transvaal terug gekeer het. Vir 'n tyd het hy in Waterberg geveg om die Britse magte terug te hou, totdat hy as veldkornet van Houtbosberg verkies is en na Houtbosberg terug gestuur is om die Noorde te verdedig.

Op 4 Mei 1901 word Jacobus gevange geneem en saam met sy gesin in die Pietersburg konsentrasiekamp geplaas. In die konsentrasiekamp het Jacobus grafte gegrawe vir omtrent 700 mense, voordat hy saam met sy broer Krisjan en 5 ander burgers op 18 Januarie 1902 ontsnap en by die kommando van Generaal Beyers by Wolkberg aansluit. Hy het in verskeie gevegte gedurende die laaste maande van die oorlog deel geneem, tot 10 Mei 1902, toe hy deur die Britte gevange geneem is en in die Umbilo krygsgevangenekamp naby Durban geplaas is. Na die vredesooreenkoms het Jacobus na sy geplunderde plaas terug gekeer met sy gesin, waar hulle weer van voor af moes begin.

Na die oorlog het Jacobus het in die Soutpansberg distrik geboer op die plaas Sterkspruit, Haenertsburg tot met sy dood. Sy laaste adres word aangegee as Holandsdrift, Marabastad.

Op 5.12.1903 word Jacobus en Magrietha in die lidmaatregister van die NG Kerk van Soutpansberg ingeskryf as lidmate. Hulle het toe van die Hervormde Kerk oor gekom.

view all 18

Jacobus Johannes Potgieter, b7c8d8e7f13's Timeline

1870
August 28, 1870
Kareebos, Polokwane, Central, Limpopo, South Africa
1871
December 25, 1871
Age 1
Soutpansberg
1891
October 26, 1891
1893
March 7, 1893
1894
September 12, 1894
1896
May 6, 1896
Soutpansberg, Far North, Limpopo, South Africa
1899
April 15, 1899
1900
December 28, 1900
1902
April 3, 1902