Johannes Marthinus Steyn

Is your surname Steyn?

Research the Steyn family

Johannes Marthinus Steyn's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

• Build your family tree online
• Share photos and videos
• Smart Matching™ technology
• Free!

Johannes Marthinus Steyn

Also Known As: "Johannes Martinus"
Birthdate:
Birthplace: Swellendam, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
Death: February 22, 1929 (67)
South Africa
Place of Burial: South Africa
Immediate Family:

Son of Pieter Christiaan de Jager Steyn; Pieter Christiaan de Jager Steyn; Levina Catharina Steyn and Levina Catharina Smal
Husband of Anna Susanna Cornelia Johannna Steyn and Anna Maria Elizabeth Steyn formerly Hanekom nee Mostert
Father of Hendrina Catharina Wilhelmina Steyn; Pieter Christiaan Steyn; Christiaan Johannes Steyn; Johannes Marthinus Steyn, b1c3d12e4f1g4h4i4; Bartholomeus Stephanus Steyn and 6 others
Brother of Catharina Magdalena Steyn; Levina Catharina Steyn; Hermanus Steyn, b1c3d12e4f1g4h5; Pieter Christiaan Steyn, b1c3d12e4f1g4h6; Abraham Jacobus Steyn, b1c3d12e4f1g4h7 and 20 others

DVN: b1c3d12e4f1g4h4
Managed by: Private User
Last Updated:

About Johannes Marthinus Steyn

Johannes was 'n fris jongman, wat, nieteenstaande sy effense hakkelgebrek, die hart verower het van Anna Susanna Cornelia Johannna Diedericks. Met haar as sy vrou, het hy gaan boer op die plaas Bruintjieshoogte, in die distrik Riversdal. Uit die huwelik word 7 seuns en 2 dogters gebore. Later het hy sy plaas verkoop met die idee om Transvaal toe te trek. Sy vader en broers het almal alreeds noordwaarts na die Transvaal uitgewyk - sommiges selfs so ver as die destydse Rhodesie. Johannes wou agterna. Om Bruintjieshoogte te verlaat was sekerlik 'n fout wat sou lei tot die grootste tragedie van sy lewe, maar ook tot die ontstaan van my tak van die familieboom. Johannes het op daardie tydstip 'n telegram van sy broers gekry wat hom maan om vir eers in die Kaapkolonie aan te bly omdat daar gerugte van oorlog in Transvaal die rondte doen. In antwoord op 'n advertensie in 'n koerant, aanvaar hy in daardie tyd 'n aanbod van die bekende Starke Broers van Kaapstad om vir hulle op Muldersvlei te gaan boer en hy kwyt hom goed van sy taak. Sy dogter, Hendrina, is in 1901 oorlede. Die oorlog het gekom en gegaan. Hy gee kennis by sy werkplek en besluit om 'n eie besigheid op die been te bring, deur transport te ry Paarl toe vir die groothandelaars in die Kaap. Blyplek moes hy egter kry en hy huur toe 'n groot huis en erf in Klapmuts. Die put wat die gesin van drinkwater moes voorsien, was egter besmet. Binne enkele dae was die hele gesin in die bed met maagkoors in die ergste graad. Sy vrou en laaste dogter, Levina, het gesterf, beide op dieselfde dag. Die seuns het by die dood omgedraai. So erg was hulle toestand dat lakens tussen die beddens gehang was, sodat hulle mekaar nie moes sien nie. Uiteindelik het 'n weduwee, ene Anna Maria Elizabeth Hanekom (gebore Mostert) haar oor hulle ontferm en hulle kom help. Na maandelange verpleging, het hulle uiteindelik vrug op hul arbeid gesien toe die kinders hulle stadig maar seker uit die kloue van die dood loswikkel en begin aansterk. Die langdurige siekte en alles wat daarmee gepaard gaan, het egter sy tol geeis en vir Johannes diep in die skuld gedompel en finansieel geruineer. Die gebeure op Klapmuts was nuus in meeste koerante van daardie tyd en het selfs in die buiteland weerklank gevind. Toe dinge op sy slegste was, arriveer daar onverwags 'n brief van meegevoel van 'n totale vreemdeling uit Engeland, met 'n groot genoeg tjek daarby om al sy onkostes te betaal en nog iets oor te hou. Omdat Johannes skynbaar nie Engels kon lees nie, het sy seun Lodewyk die brief beantwoord en die weldoener bedank. Ongelukkig weet ons in hierdie stadium nie wie die weldoener was nie. Na die verlies van sy vrou en dogter en die maandelange stryd om die lewe van sy kinders, het 'n spesiale band tussen Johannes en die Hanekom-weduwee ontwikkel. En toe sy na haar eie huisgesin terugkeer nadat die stryd gewonne was, was daar 'n leemte in die Steyn huishouding wat net een ding kon beteken: Johannes het met nuwe belangstelling na die weduwee Hanekom gekyk. Johannes het in 1911 met die Hanekom weduwee getrou in die pastorie van sy predikantsvriend. Johannes sou weer voor begin. Sak en pak is die Steyns Ceres toe - Johannes en Anna en sy span kinders. Die plaas, Klein-Pruis, was feitlik onbewerk, maar met die hulp van sy seuns het Johannes dit in een van die eerste vrugteplase op die bolandse dorp omskep. Die enigste ander vrugteplaas, wat kort tevore op Ceres aangele was, het behoort aan ene Danie Joubert. Op die plaas Klein-Pruis, langs die Dwarsrivier onderkant die Skurweberge, word die eerste vrug uit die huwelik van Johannes en Anna Steyn gebore op 30 Augustus 1913. Die seuntjie word Abraham Jacobus genoem, na een van sy ooms. Drie jaar later, op 9 Junie 1916 word 'n dogter gebore, en hulle noem haar Johanna Adriana. Daarna gaan boer hy op die plaas Weltevreden in die Paarl-distrik. Later word hy opsigter by die Munisipale Skougronde in Ceres. In Februarie 1929, aan die einde van 'n lang siekbed, ontbied hy sy kinders na die siekekamer, waar hulle hom uit die bed help en hy, op sy kniee, sy vrou en elke kind afsonderlik aan die sorg van die Here opdra. Op 22 Februarie sterf hy as Kind van God, op sy kniee in gebed, waar sy vrou hom dood aantref. Sy nagedagtenis word deur ons, sy nageslag, baie hoog geag.

GEDCOM Source

MH:S500002 Geni World Family Tree MyHeritage The Geni World Family Tree is found on www.Geni.com. Geni is owned and operated by MyHeritage. 40000 Collection

GEDCOM Source

MH:SC500019 https://www.myheritage.com/research/record-40000-1017939/johannes-m... https://www.myheritage.com/research/record-40000-1017939/johannes-m... Johannes Marthinus Steyn, b1c3d12e4f1g4h4
Gender: Male
Alias name: Johannes Martinus
Residence: South Africa
Birth: Apr 9 1861 - Swellendam, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
Baptism: June 30 1861 - Swellendam, Overberg DC, Western Cape, South Africa
Marriage: Spouse: Anna Maria Elizabeth Steyn (born Mostert) - Circa 1911 - South Africa
Death: South Africa
Burial: South Africa
Father: Pieter Christiaan de Jager Steyn, b1c3d12e4f1g4
Mother: Levina Catharina Steyn (born Smal)
Wives: Anna Susanna Cornelia Johannna Steyn (born Diedericks), Anna Maria Elizabeth Steyn (born Mostert)
Children: Hendrina Catharina Wilhelmina Steyn, f1g4h4i1, Christiaan Johannes Steyn, b1c3d12e4f1g4h4i3, Pieter Christiaan Steyn, b1c3d12e4f1g4h4i2, Johannes Marthinus Steyn, b1c3d12e4f1g4h4i4, Bartholomeus Stephanus Steyn, b1c3d12e4f1g4h4i5, Levina Catharina Steyn, b1c3d12e4f1g4h4i6, Lodewyk Christiaan Steyn, b1c3d12e4f1g4h4i7, CornelisJacobus Steyn, b1c3d12e4f1g4h4i8, Frederik Wilhelm Steyn, b1c3d12e4f1g4h4i9, Abraham Jacobus Steyn, Johanna Adriana Steyn
Siblings: Johanna Adriana "Hannie" Steyn, b1c3d12e4f1g4h1, Hermanus Steyn, b1c3d12e4f1g4h5, Catharina Magdalena Steyn, b1c3d12e4f1g4h2, Levina Catharina Kunz (born Steyn), Pieter Christiaan Steyn, b1c3d12e4f1g4h6, Abraham Jacobus Steyn, b1c3d12e4f1g4h7, Dirk Cornelis Steyn,b1c3d12e4f1g4h12, Maria Catharina Steyn, b1c3d12e4f1g4h8, Andries Frederik Willem Steyn, b1c3d12e4f1g4h9, Hermanus Christiaan Steyn, b1c3d12e4f1g4h10, Marthinus Cornelis Steyn, b1c3d12e4f1g4h11, Cornelia Susanna Elizabeth Steyn, b1c3d12e4f1g4h13, Susara Johanna Magdalena Elizabeth Steyn 4

view all 18

Johannes Marthinus Steyn's Timeline

1861
April 9, 1861
Swellendam, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
June 30, 1861
Swellendam, Overberg DC, Western Cape, South Africa
1885
June 30, 1885
1886
May 9, 1886
1887
November 14, 1887
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1889
August 3, 1889
Swellendam, Overberg DC, Western Cape, South Africa
1891
March 5, 1891
Swellendam, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
1893
April 2, 1893
1894
November 21, 1894
Swellendam, South Africa