Louis Johannes Nel, b1c3d4e1f6

Is your surname Nel?

Research the Nel family

Louis Johannes Nel, b1c3d4e1f6's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Louis Johannes Nel, b1c3d4e1f6

Louis Johannes Nel is die vader van die drie Nel broers na wie Nelspruit vernoem is nl: 1-Gerhardus Jacobus Rudolph(Gert), 2-Louis, 3-Jacobus Andries.

Uitreksel uit die boek: Familie Nel van Nelspruit"' - 'Hans Bornman'. UMVOTI. Na baie wedervarings, wat insluit die Volksvergadering op Winburg, die slag van Italeni en die slag van Bloedrivier, vestig Louis Johannes Nel (b1c3d4e1f6) en sy gesin hulle op die plaas "Koppie Alleen" in die distrik van Umvoti in die Republiek Natalia.

Maar spoedig pak nuwe onweerswolken op die horizon saam toe die Britse Koloniale Regering besluit om die Republiek Natalia te annexeer. Die Republiek is in 1843 geannekseer.

In 1850 word 'n dorp in die Umvoti distrik uitgele. Die inwoners wou die nuwe dorp PRETORIUS noem ter ere van die Voortrekkerleier, maar die Natalse Regering het die naam afgekeur en dit is GREY-TOWN genoem ter ere van die Kaapse Goewerneur Sir George Grey.

Generaal Louis Botha, Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika, is op die plasje Honingfontein (Heuningfontein), vyf kilometer suid van Greytown gebore...Louis Johannes Nel het hom ontuis onder die Britse bewind gevoel en hom stelselmatig voorbereid om na die distrik van Lydenburg uit te wyk. Lydenburg is op 20 Septembr 1849 gestig.

Met die doel voor oe het hy in 1851 'n reis met sy gezin na lydenburg onderneem. Tydens hierdie reis het hy die plase Doornhoek en Goedehoop, gelee aand ie voet van die huidige Nelsberg, tussen Badplaas en Baberton, afgepen en laat aanteken as sy "eerste- en twee landsplaatregt". Dit wil blyk dat elke burger of voornemende burger van die ZAR destyds die reg gehad het op 'n eerste en tweede "landsplaatsregt".

Goedehoop en Doornhoek is as sodanig op die naam van Louis Johannes Nel aangeteken en per grondbrief toegeken. Daarbenewens het hy ook erf No 25 op Lydenburg aangekoop.

Die afleiding word gemaak dat hy op die plase Goedehoop en Doornhoek wou gaan boer en terselfdertyd 'n dorpshuis op Lydenburg wou oprit vir nagmaal en vir ander geleenthede. Op daardie stadium was Ermelo en Carolina nog nie gestig nie en was Lydenburg die naaste dorp.

Met hierdie besoek aan Lydenburg het hy ook met die kerk gaan kennis maak toe hy sy jongste dogter Magdalena Sofia Elizabeth op 29 Maart 1852 op Lydenburg laat doop het.

Hierna het hulle weer die lang en tydsame reis per ossewa terug na die Umvoti destrik aangepak.

Voor hulle die verhuisingsplanne kon uitvoer, moes hullen wag op die geboorte van die jongste kind Jacobus Andries. Hy is op Umvoti op 25 Apri 1855 gebore en ook daar op 17 Januarie 1856 gedoop.

Die verhuisingsplanne is deur Louis Johannes Nel se siekte en dood in 1860 verydel.

Hy het op sy plaas "Koppie Alleen", ongeveer dertig kilometer van Greytown, siek geword en is na die dorp vir behandeling. Hy is aan die huis van "Vaal Lewies" Nel (vader van Ds. Paul Nel) oorlede en in die begraafplaas op die plaas Welgegund begrawe.

view all 13

Louis Johannes Nel, b1c3d4e1f6's Timeline

1821
March 28, 1821
Cape Colony, South Africa
October 20, 1821
1841
January 6, 1841
Pietermaritzburg, Natal, South Africa
1842
October 15, 1842
1844
June 23, 1844
Umvoti, Natal
1846
September 16, 1846
Natal, South Africa
1848
October 22, 1848
Umvoti, Natal
1851
January 18, 1851
Umvoti, (South) Umzinyathi DC, KZN, South Africa
1855
April 25, 1855
Umvoti, South Africa