Maria Elizabeth Joubert (Bruwer)

Middelburg, Nkangala, MP, South Africa

Is your surname Joubert (Bruwer)?

Research the Joubert (Bruwer) family

Maria Elizabeth Joubert (Bruwer)'s Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Maria Elizabeth Joubert (Bruwer) (le Roux)

Also Known As: "TANT SUSSIE"
Birthdate:
Death: July 20, 1971 (104)
Middelburg, Nkangala, MP, South Africa (Old age 104 years old)
Place of Burial: Distr Roossenekal, South Africa
Immediate Family:

Daughter of Abraham Hermanus (Sebastiaan /Sabastiaan / Bastiaan) Le Roux and Johanna Aletta le Roux, b1c6
Wife of Johannes Petrus Bruwer; Johannes Petrus Bruwer and Christiaan Willem Joubert
Mother of Johanna Aletta Fourie; Pieter Willem Bruwer; Abraham Hermanus Bruwer; Gertruida Jacoba Bruwer; Margaretha Maria (Grieta) Bruwer and 4 others
Sister of Abraham Hermanus le Roux; Gertruida Jacoba Bruwer; Johanna Aletta Peyper; Adriaan Petrus le Roux; Gabriël Jacobus Le Roux and 3 others

Occupation: House wife
Label: Married in Winburg
Managed by: Willem Daniel Adendorff, A1b2c4d...
Last Updated:

About Maria Elizabeth Joubert (Bruwer)

MARIA ELIZABETH (Le Roux), gebore 11 Mei 1867, (dogter van Abraham Hermanus LE ROUX en Johanna (Cramer) LE ROUX) is getroud met JOHANNES PETRUS BRUWER, hulle het 5 dogters en 4 seuns. (Trou tweede keer met JOUBERT).

JOHANNA ALETTA (Hannie) BRUWER FOURIE se moeder MARIA ELIZABETH (Le Roux) BRUWER – TANT SUSSIE was baie sterk, sy het 104 jaar oud geword. Die kinders en kleinkinders het elke jaar STOFBERG toe gery vir Tant Sussie se verjaarsdag. Eie aan sy naam, was daar net stof.

Wanneer daar fotos geneem word, het TANNIE SUSSIE altyd eers gevra vir 'n takkie wat sy dan vasgehou het. Sy was 'n dierbare Ouma en almal was baie lief vir haar. Sy was ook baie lief vir haar oudste kleinseun PETRUS (Piet/Ouboet) FOURIE en niemand het ooit die eer gehad om te begin eet voor PIET gearriveer het nie. Die eer het hom ook dan toegeval om met haar 100ste verjaarsdag Bybel te lees en te bid. __________________________________________________________________________________

MEI 1967:  ROOI ROSE ARTIKEL:  TANT SUSSIE – 100 JAAR OUD BAK NOG HAAR EIE BROOD:   

In die distrik Middelburg, Transvaal op die plaas Doringkloof het daar drukte geheers, want daar is fees gevier. Byna 200 gaste het daar saamgetrek. 'n Plaat motors met registrasienommers van oraloor het op die werf en onder die sierlike ou bome geparkeer. Tente is opgeslaan vir gaste wat wou oornag. 'n Groot tent het op die groen gras verrys en daarin het rye en rye netjies gedekte tafels gestaan, belaai met keurige Boeregeregte.

Doringkloof behoort aan mnr. DAAN BRUWER en sy aantreklike vrou GRIETA. Hulle is dan ook die egpaar wat verantwoordelik was vir hierdie groot onthaal, en by wie die geliefde volsmoedertjie, MARIA, beter bekend as OU SUSSIE – 'n familie-troetelnaampie – woon en versorg word.

Telegramme en gelukwense het van vroeg af ingestroom. Om die hooftafel het gesit tant Maria met haar nege oorlewende kinders – Die oudste 80 jaar. Twee het sy aan die dood afgegee. Aan haar sy het haar broer gesit, oom Adriaan le Roux in die hoë ouderdom van 92. Hy woon in Bethlehem op sy plaas Kranzfontein en het in die Tweede Vryheids oorlog en in die 1914- rebellie geveg.

Voor die dinee is 100 kerse vir tant Maria aangesteek en sy kon 90 met een asem doodblaas! Was die 10 flikkerende kerse wat so uitdagend bly brand het, 'n simbool van die lig wat sy laat skyn ... of sal daar nog 10 jaar tot haar lewensdae bygevoeg word? Die reusekoek wat in Lydenburg gemaak is – 'n geskenk van haar seuns Attie en Kotie – is toe gesny.

Tant Maria het haar eie huisie, 'n hanetreetjie van die woning van die Bruwers af, maar weens haar hoë ouderdom slaap sy die afgelope paar jaar by hulle. Daan is ook die seun wat haar elke dag kom more sê met 'n koppie koffie in die hand. Na haar oggendgebed trek sy oor na haar heiligdom. Hier doen sy nog huiswerkies, kook kos, bak self brood en versorg 'n boerderytjie met die hulp van 'n troue bediende.

Dit was 100 jaar gelede, op 'n mooie dag in Mei in die jaar 1867, dat die uitgeputte, maar stralende jong moeder Johanna le Roux, gebore Cramer, teen die kussings aangeleun en neergekyk het op haar baba, haar eerste dogter, Maria Elizabeth – 'n gekombineerde naam van die moeder van Christus en haar niggie. Peinsend het sy deur die venster uitgestaar en haar blik oor die familieplaas by Robertson, Kaap Provinsie, laat gaan en 'n trek van deernis en besorgdheid het in haar mooi, swart oë verskyn. Kon sy 'n visoen gehad het van al die lief en leed wat haar eerste dogter se veel bewoë lewe sou kenmerk? Fier het sy haar kop agteroor gestoot en 'n gebed geprewel om lig en leiding vir haar kindjie. Die pikswart hare, wat tot die dag van haar dood, op 89-jarige leeftyd, nooit verkleur het nie, het sierlik op haar skouers geval.

Die aanvallige Maria Elizabeth le Roux is op 19-jarige leeftyd deur Danël Johannes Bruwer as bruid geneem, en binne die eerste jaar het sy lewe geskenk aand haar oudste seun, Pieter. Nog vier kinders is gebore voordat die donker oorlogswolke op die horison verskyn het.

Oom Johannes het hom by Generaal Wessels aangemeld, en by hom was sy brawe penkopseun, Pieter, wat ook sy deel tot die verdediging van die land wou bygedra het, al was dit net om die perde vas te hou terwyl die burgers veg. Met smart het die moedige tant Maria van hulle afskeid geneem en die Algoeie God gesmeek om hulle weer in lewe terug te bring, en om haar en haar jong kinders te bewaar.

Die dapper vrou het nie stilgesit nie. Van oorlog het sy geen genade verwag nie. Sy het die werkvolk op veilige, maklike plekke onder die kranse gate laat grawe waarin sy haar meubles weggesteek het en voorrade verberg het. Van daardie meubels staan vandag nog in haar huis.

So het dit dan ook gebeur dat die Engelse soldate 'n ent van die huis af tussen bome kamp opgeslaan het. Sy moes op 'n dag na sommige van die versteekte goedere gaan om 'n paar benodigdhede te gaan uihaal. Op pad terug, toe sy in sig kom, is daar op haar en die kinders gevuur. Hulle het plat geval langs die mielieland en 'n ent voortgekruip, weer gewaag om op te staan met dieselfde gevolge, en toe het hulle tot by die rivier gekruip en daarlangs huiswaarts gekeer. Die Tommies het die volgende dag na die huis gekom en verwoesting gesaai en all lewende hawe weggevoer.

Tant Maria sê sy het dikwels die beskermde hand van die Here in hul swaar beproewings gesien. Op 'n dag was daar geen vleis nie en 'n paar dae later sien sy hoe twee afgedwaalde skape aangestap kom. Die troue plaasjong is geroep om hulle te slag. Een skaap is aan die volk gegee.

Eenkeer het sy verneem dat die Kakies weer in aantog is en sy het vreeesbevange haar kroos geneem en gaan wegkruip. Hulle het haar bediendes en die bantoes wat by hulle was, beveel om die huis af te breek en omtrent alles is toe vernietig. Toe hulle stofwolke oor die bult verdwyn het, het sy met die hulp van die bediendes 'n skuiling op die murasie gebou.

Hierna het sy besluit om by die vrouelaer aan te sluit., onder toesig van Willem Nel. Die kapkar en twee staatmakerperde, wat ook altyd op 'n beskutte plek verskuil was, is uitgehaal. Al wat voedsel was, is uit die bergplek gehaal; die kar is swaar gelaai en haar bed is agter-op vasgemaak. Met trane het sy afskeid geneem.

Die laerlewe was 'n wilde woeste ervaring van uitspan, kosmaak, bietjie rus, inspan, jaag en vlug – die vroue aan die leisels soms tot die dood to vermoeid. Altyd het hulle in verbinding gebly met die Boerekommando – op 'n veilige afstand.

Later het Maria se ou moeder, Johanna ook by die laer aangeslui met haar ander twee dogters. Die onverskrokke Josina Catharina, die jongste is later getroud met Hendrik Nicolaas Jacobus Kok. Sy moeder was afkomstig van die spogplaas Lucrecia, Clocolan. Sy vader het na die oorlog op die aangrensende familieplaas, Aletha, 'n skool laat bou vir Christelike Nasionale Onderwys en omdat hulle so pas na die oorlog die verpligte Engelse taal nie wou leer nie, moes hy 'n onderwyser uit Holland laat kom, ene meneer Strobosch. Later het oom Johan Kok toegestem dat die kinders wel Engels kon leer. Hy en sy vrou is aangestel as huisvader en huismoede van Ladybrand se weeshuis.

Tant Maria vertel met 'n heerlike lag hoe sy dikwels so in die ry voor in die bak van die perdekar brood gebak het in 'n platpot. Haar suurdeeg het sy dwarsdeur die oorlog gehou. Daar word 'n klomp kole onderom en bo-op die pot gegooi en bedek en siedaar, op die volgende uitspanplek – gaar brood! Vleis moes hulle soos die burgers somtyds rou eet. Sout was ook skaars; soms was dit glad nie te kry nie, en dikwels was daar geen vuurmaakhout nie.

Eindelik ... vrede!

Op die dag van vredesluiting het Maria geboorte gegee aan 'n oorlogsbaba, Attie.

Met baie hartseer, maar vol geloof, is die plaas weer opgebou.

Later het die Bruwer-gesin na Heidelberg verhuis waar tant Maria haar eerste groot siekbed gehad het. Dokter Drotskie het ewe ernstig aan oom Johannes gesê: "Ek sal nie 'n sikspens gee vir jou vrou se lewe nie – jammer ou vriend."

Jan de Bruyn se vrou het die doodskleed gemaak. Dit is nog in tant Maria se besit en daarin wil sy ter ruste gelê word. Oom Johannes het wel op die plek sy laaste rus ingegaan.

Tant Maria het na die dood van haar man saam met Daan na Doringfontein toe getrek. Op hierdie tydstip was sy nog glad nie onaantreklik nie, gevolglik was daar weer 'n romanse en die bejaarde weduwee het in die huwelik getree met 'n mnr. Joubert. Hy het haar egter na agtien maande ontval.

Drie jaar gelede het sy saam met haar twee seuns, Daan en Hans gereis, toe hulle ernstig begin kla oor hul kwale. Ou Sussie het hulle lekker uitgelag en met die wysheid van haar sewe en negentig jare gesê: "Og, maar julle het ipekonders!"

view all 15

Maria Elizabeth Joubert (Bruwer)'s Timeline

1867
May 11, 1867
1887
October 29, 1887
Winburg, Lejweleputswa, FS, South Africa
1889
September 12, 1889
Winburg, Lejweleputswa, FS, South Africa
1891
September 21, 1891
1897
December 4, 1897
Reitz, Thabo Mofutsanyane, FS, South Africa
1900
March 25, 1900
Reitz, Thabo Mofutsanyane, FS, South Africa
1902
June 18, 1902
Reitz, Thabo Mofutsanyane, FS, South Africa
1904
October 20, 1904
1907
February 7, 1907