Roelof Petrus Du Toit

Is your surname Du Toit?

Research the Du Toit family

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Roelof Petrus Du Toit

Roelof du Toit is vermoor in Mei 1887. Sy weduwee (Maria Elizabeth van der Walt) se angswekkende verhaal kan gelees word onder haar profiel.

Ek haal aan uit Gustav Preller se boek: Voortrekkers in Suidwes-Afrika. "Rudolph du Toit en Jan du Plessis, twee swaers, het vir hulle die plase Asfontein uitgesoek, suidoos van Grootfontein, in die rigting van Waterberg. Labuschagne en ‘n paar van sy mense het ongeveer halfpad na Asfontein gaan staan op ‘n plaas wat hulle Rietfontein genoem het, en die ander het hulle op plase in die nabyheid neergelaat, meestal in die omgewing van Grootfontein, waar ‘n aantal mense was wat hulle reeds metterwoon daar ingerig had.

Du Toit en Du Plessis het sommer begin huisbou en was begin Mei op hul landerye besig toe Petrus Swartbooi daar aangery kom met ‘n gevolg van twintig Hottentotte. Hulle gedrag teenoor die Blankes is ‘n voorbeeld van die blohartige sluheid van die Baster. Swartbooi wou dan Du Toit se wa en osse leen om sy trek na Otavi te neem, waar hy ‘n sendingstasie sou aanlê. Du Toit het hom dit toegesê waarop die Hottentotte na Ignatius Labuschagne by Rietfontein toe gegaan het, onderweg na Grootfontein om, soos Petrus aan Labuschagne gesê het, die mense daar aan te sê om pad te gee as hulle nie oorlog wou maak nie, want die land behoort aan die Swartboois. Een trek nader aan Grootfontein het die spul egter ‘n paar dae oorgelê, geslag en geëet onderwyl hul moorddadige planne deur ander vir hul voltrek word.

Ondertussen het Du Plessis besluit om sy gesin na Grootfontein te neem. ‘n Broerskind P du Plessis, ‘n seun van ‘n jaar of sestien, het hy by Du Toit op Asfontein agtergelaat om hul lande te help natlei, sodat daar op die plaas agtergebly het Rudolph du Toit met sy vrou en vier kinders met inbegrip van die oudste dogtertjie van vyftien, die Du Plessis seun en twee volk, ‘n mak Boesman, Maerman, en ‘n Bergdamara wat in hulle diens was. ‘n Week na Du Plessis se vertrek kom daar drie Boesmans uit die omgewing op die werf aan en vertel aan Du Toit dat hulle ‘n trop volstruise in die nabyheid gesien het wat hy kon skiet. Hy was aanstonds gereed met perd en geweer, en daar hy nie die minste kwaad vermoed het nie, laat hy een Boesman vooruitloop en twee agter die perd aan, waarvan een ‘n ou voorlaaier in die hand had. ‘n Ent van die huis af, buite gesig, skiet een van die agterste Boesmans Du Toit deur die rug en arm, sodat hy van die perd afstort, wat egter by sy baas bly staan. Du Toit se linkerarm was morsaf, sodat hy hulpeloos langs sy geweer bly lê het, onderwyl die Boesmans eers na hul kraal in die nabyheid gaan. Na verloop van enige tyd keer hulle op die plek terug met hulle kaptein en ‘n klomp ander.

Du Toit vra hulle om water en waarom hulle hom geskiet het, waarop hul voorman antwoord dat dit om sy goed was. Hy smeek hulle om hom, ter wille van sy gesin, nie dood te maak nie, maar dit word hom geweier en hy besluit toe om sy lewe so duur moontlik af te gee, kry sy geweer met die regterhand beet en los op die wyse nog twee skote op hulle, toe een van hulle hom dodelik tref en die ander hom verder met kieries afmaak.

Sy klere het hulle uitgetrek en in Du Toit se baadjie, op sy ryperd, met die patroonband om die lyf, ry die voorman van die bende toe na die huis, met die ander agterna. Met dieselfde listigheid vang hulle daar eers die jonge Du Plessis en Maerman waar hulle op die lande besig is en bind hulle vas. Daarop deursnuffel hulle die huis en neem die geweers en ammunisie wat daar was, in besit, nadat hulle aan die vrou vertel het hoe hulle haar man vermoor had en hoe dit alles geskied het op las van Petrus Swartbooi, aan wie hulle die wa en osse, geweers en perd moes afgee.

Gedurende die namiddag, toe alles by die huis gebeur, het die Bergdamara van Du Toit hom ongemerk uit die voete gemaak en na Rietfontein gehaas, terwyl die ellendelinge hulle die aand en nag by die huis te goed gedoen het aan alles wat hulle kon kry. Hulle het die woonhuisie leeggeplunder, die beddegoed oopgeskeur, die meubels stukkend geslaan en herhaaldelik gedreig om die vrou ook te vermoor. Dan dreig hulle weer om die kinders dood te slaan en die moeder en die dogter tot vroue te neem. Ná ‘n nag van onbeskryflike angs span die Boesmans die volgende more die wa in en verdwyn daarmee, terwyl die vrou met haar kindertjies, die seun en die Boesman, Maerman, te voet aanstap in die rigting van Rietfontein.

Die Bergdamara, wat die Maandagmiddag reeds ontkom het, kry Du Plessis dieselfde dag tussen Asfontein en Rietfontein, op die terugweg na eersgenoemde plaas. Toe Du Plessis verneem wat daar gebeur het, ruk hy om na Rietfontein toe, ry vervolgens na Grootfontein en kom daarvandaan eers Woensdag met ‘n wa en ses man terug op pad na Asfontein. Verby Rietfontein kry hulle die arme vrou en haar kinders, wat toe al twee dae sonder kos of water deur die sand aansukkel, ontdaan en uitgeput. Hulle bring die vrou en kinders toe eers na Rietfontein, by Labuschagne en daar tref hulle die flinke jagterhandelaar Alex Erikson aan, wat dadelik sestien perde en ‘n aantal van sy manne tot hulle beskikking stel en self ook saam met hulle gaan om die dinge op Asfontein te gaan ondersoek. Dit het intussen al Vrydag geword en op Asfontein gewaar hulle dat die Boesmans weer teruggekom het met die wa, om die orige huisraad en goed te haal. Die spoor word maklik gevolg, maar nie voor die volgende oggend kom hulle op die Boesmans af nie, skiet ‘n paar van hulle dood en neem die skape en beeste af. Wa en trekgoed kon hulle nie kry nie; die Boesmans had dit in ‘n ontoeganklike plek in die berge weggesteek.

Eers nadat hulle weer op Rietfontein terug was, vermis hulle een man, Hans Lourens. Ondersoek het aan die lig gebring dat hy doodgeskiet is op die plek waar hulle Saterdagmôre die Boesmans gekry het Danksy die hulp van Erikson het die weduwee met haar kinders kort daarna na die Transvaal teruggekeer, waar haar familie gewoon het."

view all

Roelof Petrus Du Toit's Timeline

1852
November 17, 1852
Rustenburg, Bojanala, North West, South Africa
1859
March 6, 1859
Age 6
Rustenburg, Bojanala, North West, South Africa
1871
November 5, 1871
Rustenburg, Bojanala, North West, South Africa
1875
August 20, 1875
Rustenburg, Bojanala, North West, South Africa
1886
June 1, 1886
1887
May 23, 1887
Age 34
Namibia
October 9, 1887
Rustenburg, Bojanala, North West, South Africa