Sebastiaanus Rothmann SV/PROG

Is your surname Rothmann?

Research the Rothmann family

Sebastiaanus Rothmann SV/PROG's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Sebastiaan Rothmann, SV/PROG

Also Known As: "Sebastian", "Sebastiaan", "Sabastian", "Rothman"
Birthdate:
Birthplace: Cologne, Cologne, North Rhine-Westphalia, Germany
Death: December 01, 1803 (45-54)
Swellendam, Overberg District Municipality, Western Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Hermanus Rothmann and Gertrudis Reichel
Husband of Maria Elizabeth Elisabeth Rothmann, SM and Elizabeth Catharina Wotky, SM
Father of Christoffel Hermanus Rothmann; Catharina Carolina Crous, b2; Anna Maria Rothmann; Sebastiaan Rothman; Unknown Rothmann and 6 others

Occupation: Soldier - Until 7th December 1779 when he became a free citizen
Managed by: George Carl Wepener
Last Updated:

About Sebastiaanus Rothmann SV/PROG

Sebastiaan Rothmann 1753 - 1803

Sebastian Rothmann is in 1753 gebore in Keulen, Duitsland, en kom in 1774 as 21-jarige soldaat in die diens van die NOIK, in die Kaap aan aanboord van die “Vrijheid”, aldus Pastor Scmidt van die Lutherse kerk te Outjo in die 1950’s. Volgens H.C.V.Leibbrandt in Requesten wat in 1905 en 1989 gepubliseer is het hy egter op die “Zuid Beverland“ aangekom. Laasgenoemde is waarskynlik beter gefundeerd.

Die volgende jaar word hy op die jeugdige ouderdom van 22-jaar aangestel as poshouer van die Kompanjie se pos langs Riviersonderend op die plaas “Ziekenhuis”. Volgens N.H.Theunissen was hy in beheer van die Kompanjie se vee en die “hospitaal”, wat waarskynlik net ‘n siekeboeg was.

In ‘n artikel deur Dr. John Muir in die “Huisgenoot” van 9 Maart 1934 (aangehaal deur MER in haar persoonlike dokumente) wys hy daarop dat die pligte van die poshouers baie verantwoordelik en veelvuldig was. “Hulle het toesig gehou oor die bergwoude wat die timmerhout verskaf het vir die Kompanjie in Kaapstad, die vernietiging van die bosse verhinder en die omkap van bome gereel. In ‘n sekere sin kan dit dus beskou word as die begin van bosbou in Suid–Afrika. Vir die vleisvoorraad van die Kompanjie het hulle beeste van die inboorlinge geruil; dit was ‘n monopolie van die Kompanjie en regstreekse veehandel tussen die hottentotte en die koloniste was ten strengste verbied. Vee is ook op die buite poste geteel. Dit was ook die plig van die poshouers om die koloniste en vriendelike naturelle teen die Boesmans te beskerm. Amptenare en hoogstaande besoekers moes voorsien word van onderdak en uitgeruste trekosse…..”

Uit voorafgaande is dit duidelik dat die Kompanjie heelwat vertroue in die jong Duitser, wat maar ongeveer ‘n jaar in die Kaap was, gehad het om hom met soveel verantwoordelikheid toe te vertrou.

Na ongeveer vier jaar as poshouer tree hy in 1779 uit diens van die Kompanjie en verkry hy burgerreg. (Hy is terloops opgevolg deur Marthinus Aegidus Theunissen die voorouer van beide dr. John Moore en die genealogiese navorser N.H. Theunissen wat hierbo aangehaal is en na verwys is )

Die volgende jaar, op 11 Okt 1780, tree hy op 27 jarige ouderdom in die huwelik met Maria Elizabeth Rog(ge), die dogter van Johann Christoffel Rog(ge) en Regina Catharina van Zyl. Rogge was afkomstig uit Neustadt aan die Dosse in Duitsland, aanvanklilik wamaker (1749), daarna bouer en in 1770 meulenaar in Stellenbosch. In 1790 het Rog(ge) op die plaas “Keurboom” in die distrik Swellendam gewoon. Rog se eerste eggenote was Martha de Jager, die dogter van Carel de Jager, en na haar dood is hy op 11 Sept 1763 met van Zyl getroud. Hulle het sewe kinders gehad. Hy is oorlede op 20 Sept 1800.(Pama).

Op hierdie stadium is dit nie aan my bekend wat Sebastian na sy uittrede by die Kompanjie in 1779 tot 1786 vir ‘n bestaan gedoen het nie.

In 1786 koop hy die plaas “de Honingklip”, in die omgewing van Swellendam aan “...zum preize von 1000 Reichstalern, um zum bauen und zich als Shneidermeister nederzulassen.”(Schmidt). In dieselfde jaar word sy vrou en een van sy kinders vermoor terwyl hy afwesig was van die plaas. MER het notas oor die aangeleentheid gehad (afskrifte is in my besit), maar die volledigste weergawe is waarskynlik soos vervat in die volgende skrywe wat ek van mev. Marena van Hemert, 'n voormalige hoof van die Drostdy museum in Swellendam en skrywer van boeke oor die ou families van Swellendam, in die verband ontvang is :

Geagte Mnr. Rothmann

Hieronder gee ek u 'n uittreksel uit my boekie 'Galgkoppie en ander verhale oor Swellendam' , Die inligting het ek gekry uit 'n Rothmann-lêer in die Drostdy museum terwyl ek daar werksaam was. Ek het sedert Sept. 1988 tot Des 2001 daar gewerk eers as Eerste geesteswetenskaplike en die laaste drie jaar ook as hoof van die museum.

Ek glo dat Miemie nie alles weet van wat in dié kantoor se lêers is nie en sal dus nie weet van haar ma se navorsing nie. Sy was trouens lang tyd werksaam in die Kaap terwyl Anna Rothmann ere-sekretaresse was by die Drostdy.

GALGKOPPIE EN DIE ROTHMANN MOORD

Die koppie, skuins agter die Drostdy Museum se Ambagswerf en Zanddrift restaurant, was in die vroeë dae onder Swellendammers bekend as: 'Galgkoppie'. Ou inwoners het vertel dat hulle gehoor het dat daar 'n galg gestaan het en dat misdadigers daar tereggestel is.

Volgens oorlewering is 'n vrou glo destyds op dié koppie opgehang weens haar verbintenis met 'n moord in die distrik. Volgens die rekords wat in die argiewe nageslaan is, blyk dit dat oorlewering en feite so ietwat van mekaar verskil.

Gedurende die nag van 21 - 22 Oktober 1786 het ses gedroste slawe die familie en werknemers van Sebastiaan Rothmann op sy plaas, Heuningklip, naby Swellendam, oorval en tot so'n mate aangerand dat sy vrou, Maria Elizabeth, gebore Rog, en een van sy kinders, Anna Maria, gedood is en van sy bediendes ernstig gewond is.

Die boosdoeners is op 22 Oktober in hegtenis geneem en op Swellendam in die tronk aangehou totdat hulle onder geleide na die Kaap geneem is vir verhoor deur die Raad van Justisie. Hulle is op 23 November 1786 verhoor en skuldig bevind aan moord.

Die vonnisoplegging was in daardie dae uiters streng en die moordenaars is 'n aaklige doodstraf opgelê. Hulle vonnis het in die oud-Nederlands soos volg gelui:

"... omme gebracht te worden ter plaatze alwaar men alhier gewoon is, crimineele sententien te Executeeren aldaar den Scherpregter overgelewerd ieder nakend uijtgekleed, en op een kruijs gebonden zijnde, met gloeiende nijptangen, op agt differente plaatzen uijt de vleeschagtigste gedeeltens van hunne Lichaamen stucken vleesch uitgeneepen, voorts van onderen levendig geleedebraakt te worden, zonder slag van gratie, en zoodanig te blijven Liggen, totdat den geest zullen gegeven hebben, wijders de doode lichaamen naar het buijten gerecht gesleept aldaar op raderen en de Hoofden op pennen gesteld zijnde, dus te verblijven tot dat door de Lucht en vogelen des Hemels zullen verteerd....." *

Dit beteken dat die misdadigers nakend uitgetrek aan 'n kruis sou hang en met warm tange oor hulle lyf geknyp is (vlees moes uitgeruk word), waarna hulle bene gebreek is. So moes hulle hang totdat hulle dood was, waarna die liggame op 'n plek buite die stad oopgespalk, en die koppe op pale geplaas is sodat die voëls en die elemente dit kon verteer......!

Hierdie vonnis is op 2 Desember 1786 voltrek.

MEDEPLIGTIG

In die maande na die moord het verdere getuienis aan die lig gekom en op 2 Augustus 1787 het die weduwee Du Plooy (Regina van Bengalen) en sewe ander voor die Raad van Justisie verskyn. Uit die getuienis en verklarings wat afgeneem is, blyk dit dat 'Juffer du Plooy', soos sy deur almal aangespreek is, die aanhitser was en dat sy en die ander beskuldiges vooraf van die moord geweet het en daarna in die buit gedeel het.

Op 11 Augustus is vonnis gevel en Weduwee du Plooy met vyf ander is ter dood veroordeel. Die weduwee sou verwurg word, vyf moes opgehang word, een is na Robbeneiland verban en nog een is vrygelaat. Dié vonnis is op 18 Augustus 1787 voltrek. Doodsvonnisse is slegs in die Kaap voltrek. Die galg op 'Galgkoppie' te Swellendam is dus waarskynlik as afskrikmiddel opgerig. Volgens oorlewering is Juffer du Plooy se kappie in Augustus daardie jaar aan die galg op Swellendam opgehang as teken dat sy in die Kaap tereggestel is.

  • Die aanhaling hier gebruik, kom uit: C.J. 795: Raad van Justisie: Kriminele Vonnisse, 1782-1789, pp. 404-405. Aldus Mev van Hemert.

Op 18 November 1787 is Sebastian volgens Pastor Schmidt (vroeer van die Lutherse kerk in Outjo,destyds S.W.A) se navorsing, in die eg verbind met die "Kapdeutche" Elizabeth Catharina Wotky.

Vanaf 1787 tot 1789 onderteken hy 'n aantal kontrakte namens vryburgers wat moontlik nie kon lees of skryf nie.

Vanaf 1791 tot 1802 is hy betrokke in ‘n wye reeks regsaksies en gedinge wat onder andere strek vanaf kerk aangeleenthede tot die drankhandel en skuldenaars

In 1791 verkoop hy blykbaar 'n huis van hom, is hy betrokke by 'n aantal regsaksies en verleen hy onder andere ook 'n algemene volmag aan Hermanus Johannus de Melander om namens hom op te tree.

In 1793 tree die prokureur Jacobus Vercueil namens hom op mbt 'n veiling van wyn en lee vate in 'n pakhuis in Loopstraat, Kaapstad en is hy ook betrokke by ander regssake oor onder andere wyn wat hy verkoop het aan Jacobus Arnoldus van Rheenen.

In 1794 is hy betrokke in 'n aantal regsgedinge wat onder andere insluit 'n insident wat plaasgevind het in die slaghuis van Godfried Smitsdorp as ook met Meyndert Bade, kaptein van die skip Hoornweg. In 1795 maak Jan Michiel Hoek 'n verklaring aan hom oor 'n veiling wat gehou is in die huis van Hendrik Bosch en waarby Casper Loos, diaken van die Lutherse kerk betrokke was en maak die soldaat, Johan Georg Keiser, ook 'n verklaring aan hom oor (Jan Casper Loos}, die Lutherse diaken. In 1796 is hy betrokke in 'n saak waarby 'n maatskappy in die wynhandel betrokke was In 1798 is hy onder andere in dispuut met 'n prokureur, Willem Kolver, waaarvan hy soms gebruik gemaak het en in dieselfde jaar word ‘n “Bond of Security” deur Andries Horak ten gunste van Sebastiaan Rothmann gelewer. In 1800 verleen hy 'n volmag aan sy eggenote Elizabeth Catharina Wotky “Regarding a debenture and Johannes Jacobus van den Berg” en is hy ook betrokke by aksies teen ander skuldenaars. wat strek tot 1802 In 1802 dra hy eienaarskap van die slaaf, Petras van Mosambiek, oor aan Willem Conradie In 1803 word sy testament geliasseer asook die van sy eggenote Elizabeth Catharina Wotky.

Sebastiaan se kinders was: Uit sy huwelik met Maria Elizabeth Rogge 1. Christoffel Hermanus 1781-1855 2. Catharina Carolina 1784 3. Anna Maria 1785 4. Sebastiaan 1786 Uit sy huwelik met Elizabeth Catharina Wotky. 1. Christoffel Frederik 1789 2. Elizabeth Catharina 1791 3. Maria Martha (gedoop 1795)

Sebastiaan is in 1803 oorlede.

view all 18

Sebastiaanus Rothmann SV/PROG's Timeline

1753
1753
Cologne, Cologne, North Rhine-Westphalia, Germany
1779
1779
Age 26
1782
December 9, 1782
George, South Cape DC, Western Cape, South Africa
1784
October 10, 1784
Swellendam, Cape Colony, South Africa
1785
1785
1786
1786
Swellendam, Cape, South Africa
1789
1789
Cape Town, Cape Town, Western Cape, South Africa
1789
<Swellendam, Cape, So Afr>