Ваша фамилия Holzapfel?

Исследование фамилии Holzapfel

Поделитесь своим генеалогическим древом и фотографиями с людьми, которых вы знаете и любите

  • Стройте своё генеалогическое древо онлайн
  • Обменивайтесь фотографиями и видео
  • Технология Smart Matching™
  • Бесплатно!

Theodor Friedrich Holzapfel

Псевдоним: "Separate nicknames with a comma. Ex: Jack", "Jay", "Uncle JayTheo"
Дата рождения:
Место рождения: Sarepta, Kuilsrivier, South Africa (ЮАР)
Смерть: 25 июля 2004 (92)
Место погребения: Paarl, Brede River DC, Western Cape, South Africa
Ближайшие родственники:

Сын Wilhelm Harry Holzapfel, Eerw. SV/PROG и Anna Maria Martin, SM/PROG
Муж Frieda Alida Kotze, g4h4
Отец Private User; Friedel Holzapfel и Private
Брат Ds Johannes Rudolph Holzapfel; Margaretha Emma Holzapfel; Christoph Rudolf Holzapfel; Friedrich Wilhelm Holzapfel; Friederika Maria Holzapfel и ещё 3

Профессия: Onderwyser, Koormeester
Менеджер: Willie Grobler
Последнее обновление:

About Theodor Friedrich Holzapfel

Wat hy kon,het hy gedoen

Theodor Friedrich Holzapfel 1912-2004

JOHAN HOLZAPFEL

DIE hoogs gerespekteerde onderwysman en koormeester van die Paarl, Theodor Friedrich Holzapfel, is op 25 Julie in die ouderdom van 92 jaar en 4 maande in sy huis by Pleinstraat 20 oorlede. Sy liggaam was verswak, maar tot op die einde was sy verstand vlymskerp.

Daarvan getuig sy bydraes wat in die Holzapfel-gedenkboek, Honderd jaar van genade , opgeneem is. Onder meer oor sy eerste skooldag op Tulbagh: sy streng pa, eerw. Wilhelm Harry Holzapfel, wat in 1903 alleen as Rynse sendeling in Suid-Afrika aangekom het, in sy swart pak met 'n verkeerdom-boordjie, het hom met 'n leerstroppie aangejaag skool toe. Want hy wou nie sonder die bure se dogter, Lettie, gaan nie. En hy was lief vir Lettie. Geen genade. Daarna was daar geen probleme nie. Hy het 'n lewensles geleer. Dissipline.

Theodor is op 28 Maart 1912 in die sendingpastorie op Sarepta by Kuilsrivier (sy pa se eerste gemeente) gebore as die seun van Wilhelm en Anna (gebore Martin van Westfalen, Duitsland). Hy het op Tulbagh, sy pa se tweede gemeente, saam met drie broers en vier susters grootgeword. Eenvoudig. En arm. 'n Sendeling se salaris was karig. Net die nodigste.

Van kleintyd af op Tulbagh was hy lief vir hout en die verwerking daarvan. Sy gereedskap was primitief en beperk. Daar was nie geld vir goeie gereedskap nie. Maar die passie was daar. Hy het sy loopbaan vroeg gekies. Houtwerk.

Die uitkoms was daar toe sy ouers na 'n tuisvakansie in Duitsland huis toe gekom het met 'n hele kas vol ordentlike Duitse gereedskap -- 'n geskenk van sy Duitse familie. Dit was manna uit die hemel. Hy kon uiteindelik uiting gee aan sy passie. Sy gereedskap was 'n kleinood. Hy het dit gehanteer en opgepas en vertroetel soos die hout wat hy in kunswerke omgeskep het.

Na matriek is hy na die Paarlse Opleidingskollege, waar hy hom as onderwyser in hout- en handwerk bekwaam het. Vir hom was dit nie maar net 'n werk of 'n beroep nie, maar 'n roeping en 'n stokperdjie waarmee hy hom tot diep in sy negentigerjare besig gehou het.

Theodor is in 1934 aangestel as onderwyser by die Laer Seunskool Robertson, waar hy sy aanstaande, Frieda (Fritzie) Kotze, 'n nooi van Hopefield, ontmoet het. Hulle het saam in 'n koor gesing. Die paartjie is in 1939 getroud en drie kinders is uit die huwelik gebore.

In 1946 is hy na die Hoërskool Langenhoven op Riversdal, waar hy en Fritzie, wat op Stellenbosch in klavier, sang, orrel en viool opgelei is, aktief betrokke was by koorsang. Theodor had geen formele musiekopleiding nie, maar danksy sy fyn oor en die ryke tradisie van hoofsaaklik gewyde Duitse musiek, was hy die koormeester met sy vrou agter die klavier of orrel of as soliste. Hulle was 'n span, wat mekaar aangevul en baie ander mense se lewe verryk het.

Die Holzapfels is in 1955 terug na Theodor se alma mater, die Onderwyserskollege Paarl (OKP), waar hy 'n vaste aanstelling as dosent in handwerk en skoolmusiek aanvaar het. Daarna het goue en vol jare gevolg -- nie net in die klaskamer nie, maar ook met die kollege se koor wat hy onder sy vlerke geneem het.

Daar was baie hoogtepunte, maar seker was die grootste 'n uitvoering van die Kroningsmis van Mozart in die Kaapse stadsaal, asook Vivaldi se Gloria en Bach se Johannespassie .

Theodor het in 1977 afgetree, maar steeds betrokke gebly by die administrasie van die kollege. Hy kon toe meer tyd agter sy draaibank deurbring en het oor baie jare pragtige lampe en allerlei nuttighede uit eenvoudige stukke hout getower. Dit was 'n belewenis om te kon sien met watter liefde hy 'n rou stukhout gehanteer het. Hy het op alles gelet. Die grein. Die jaarringe. Die reuk van die hout. Dit was 'n inspirasie om daardie omgee te kon aanskou.

Nadat hy finaal afgetree het, was hy byna elke dag agter die draaibank in sy motorhuis doenig. Maar daar was ook tyd vir 'n kursus in godsdiensonderrig aan Unisa. Want Theodor het na aan sy Skepper geleef. Diep gelowig. Iemand met respek vir al God se maaksels -mense, musiek en hout.

Hy het tot op 90 baie goeie gesondheid geniet. Geen bewerasie in sy hande nie. Hy kon steeds 'n beitel met presisie hanteer. Daarvan getuig 'n hele versameling van die pragtigste ornamente -- 'n kosbare erflating vir sy familie en 'n bewys van sy vakmanskap en liefde vir hout.

In 1992 het Fritz Joubert, 'n afgetrede joernalis van die Paarl, hom besoek met 'n stuk rou witolienhout uit die SuidKaap. En met 'n versoek: "Kan oom nie asseblief vir my 'n lampie draai nie?" En hy het. Die lampie staan vandag in die Jouberts se huis.

Hy het daarna weer 'n paar stukke hout aanmekaar gelym en op die draaibank geplaas. Hy wou 'n lamp vir sy broer, Ernst, draai. Maar sy kragte het toe reeds te vinnig afgeneem. Die draaibank het nie weer gedraai nie. Die stuk rou hout hang nog daar by sy blink beitels en ander gereedskap. Geen skaafsels op die vloer nie. Elke ding op sy plek.

Daar loop 'n goue draad deur al die huldeblyke en boodskappe van meegevoel van oudleerlinge, oudstudente,vriende en familie, wat sedert sy heengaan by Pleinstraat 20 aangekom het: groot waardering en hoë agting vir 'n leier, fyn vakman en nederige mens. Entoesiasties en kreatief. Iemand wat Duitse deeglikheid verpersoonlik het. Hy had geen geduld met halwe werk nie. Jy doen 'n ding reg. Of jy los dit. Geen grys gebied tussen reg of verkeerd nie. Dit het gegeld vir houtwerk en musiek. Nederig en eenvoudig. Sê dankie vir genade. En gebruik jou talente.

Hy het aan talle van sy studente rigting gegee. Dissipline geleer. Stiptelikheid en netheid. Hulle onthou hom met deernis. Hy sal gemis word.

Miskien word sy passie vir sy land en hout ten beste verwoord in 'n gedig wat hy op 1 April 1999 voltooi het:

Wit en swart ivoor My houtwerkvriend, daar in die verre noorde

Stuur hartlike groete, slegs weinig woorde

Maar met die groet:

'n gekromde stukkie hout

Dit kom uit Afrika, die Kongolese woud

'n Stukkie hout, bleekwit en sonder geur

Met 'n versteekste kern, gitswat van kleur '

n Onontginde myn, wie weet wat daarin skuil

Bewerk dit fyn en vind 'n skat in ruil

Die beitel sny terwyl die draaibank draai

Skep ommekeer van ru na fraai

Ek sien nie meer die hout uit verre land

Dis nou 'n houer vir 'n kers, 'n lig wat brand

Die boorling ken die hout as swart ivoor

Maar in die houer pryk ook wit se spoor

Dis swart ivoor en wit ivoor tesaam:

Die twee ineengeweef dra nou die kerslig saam

Suid-Afrika, jy dra die wit en ook die swart

Apartheid het gewyk, nou beur ons saam in hierdie land

Maar breek die wit en swart uiteen

Dan stort die houer ook ineen

Dan word dit nag, die lig is daarmee heen.

Theodor word oorleef deur sy vrou, Frieda (Fritzie), 'n seun, Helmut, operasanger van Stuttgart in Duitsland, 'n dogter, Gretchen, van Johannesburg, en skoonseun, ds. Pieter Grobler, van Overkruin, Pretoria, ses kleinkinders en drie agterkleinkinders, asook 'n broer, prof. Ernst Holzapfel van die Strand, en twee susters, mev. Ruth van Wyk van Pretoria en mev. Hildegard Serfontein (Ferreira) van Durbanville.

Die inskripsie op sy ma se graf in Tulbagh se ou begraafplaas, "Wat sy kon, het sy gedoen", is ook op Theodor van toepassing. .

Die skrywer is 'n afgetrede joernalis van Die Burger .

SKOPPENSBOER�

Onder redaksie van Martiens van Bart

открыть все 13

Хронология Theodor Friedrich Holzapfel

1912
28 марта 1912
Sarepta, Kuilsrivier, South Africa (ЮАР)
1918
1918
- 1925
Возраст 5
Tulbagh Primêre Skool
1926
1926
- 1930
Возраст 13
Tulbagh
1931
1931
- 1933
Возраст 18
Opleidingskollege Paarl
1934
1934
- 1945
Возраст 21
Laer Seunskool, Robertson
1944
6 декабря 1944
Robertson, South Africa (ЮАР)
1946
1946
- 1954
Возраст 33
Hoërskool Langenhoven, Riversdal