William Angus Hofmeyr

Is your surname Hofmeyr?

Research the Hofmeyr family

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

William Angus Hofmeyr

Birthdate:
Birthplace: Montagu, Breede River DC, Western Cape, South Africa
Death: October 18, 1953 (84)
Stellenbosch, Breede River DC, Western Cape, South Africa
Place of Burial: Maitland, Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Ds. Servaas Hofmeyr, b2c1d11 and Anne Georgina Hofmeyr
Husband of Elizabeth de Jongh Kuys
Brother of Henry John Hofmeyr; Jessie Burnett Hofmeyr; George Morgan Hofmeyr; Anna Hester Sophia "Annie" Hofmeyr; Servaas Alexander Bernard Hofmeyr and 2 others

Managed by: Private User
Last Updated:

About William Angus Hofmeyr

William (Willie) Angus Hofmeyr (Montagu 16 Maart 1869 – Stellenbosch 18 Oktober 1953) was 'n Afrikaanse kultuurleier en sakeman. Willie Hofmeyr was die derde seun van ds. Servaas Hofmeyr. Sy oom was prof. Nicolaas Hofmeyr, hoogleraar aan die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch. Sy oudste broer was Henry John Hofmeyr, die Randse pionier, prokureur, opvoedkundige en vooraanstaande figuur in die openbare lewe. Nadat Willie Hofmeyr sy BA in 1889 op Stellenbosch verwerf het, praktiseer hy in die regte in Johannesburg en ná die Anglo-Boereoorlog word hy vennoot in die firma Bisset en Hofmeyr in Kaapstad. Hy was medestigter en eerste sekretaris van die Afrikaanse Taalvereniging (A.T.V.) en ook een van die stigters van die Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunste (nou die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns) en die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad. In 1914 was hy een van die 14 manne wat besluit het om 'n Afrikaanse dagblad, Die Burger, in Kaapstad te stig. Hy bly voorsitter van Naspers, uitgewersmaatskappy van die koerant, tot en met sy dood in die ouderdom van 84. Hy word in 1915 aangestel as organiseerder van die pasgestigte Nasionale Party in Kaapland en in 1929 word hy senator. Hy het egter in veel meer as net die politiek belanggestel en hom veral die verarming van Afrikaanssprekendes vanweë die Anglo-Boereoorlog en die Rebellie van 1914 ter harte geneem. Hofmeyr het besef iets sou aan die lewensomstandighede van sy volksgenote gedoen moes word en so speel hy 'n leiersrol in die stigting van die assuransiemaatskappy Santam in 1918 en van die lewensversekeringsmaatskappy Sanlam in dieselfde jaar as filiaal van Santam. Van albei dié instellings was hy die eerste voorsitter, poste wat hy lewenslank beklee het. Hy was ook tot en met sy dood voorsitter van African Homes Trust, vir wie Santam uitgekoop het, en Bonuskor. Die Universiteit van Stellenbosch het hom in 1947 vereer met die eredoktorsgraad D.Com. Ná sy dood stel die Nasionale Pers die W.A. Hofmeyr-prys vir letterkunde tot sy nagedagtenis in.

view all

William Angus Hofmeyr's Timeline

1869
March 16, 1869
Montagu, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1953
October 18, 1953
Age 84
Stellenbosch, Breede River DC, Western Cape, South Africa
1953
Age 83
Woltemade Cemetry, Maitland, Cape, South Africa