Anna Maria Swart - Herkoms van Anna Maria Swart

Started by Private User on Friday, November 1, 2013
Problem with this page?

Participants:

Profiles Mentioned:

Showing all 16 posts
Private User
11/1/2013 at 4:53 AM

Na aanleiding van die onderstaande berig van Jan Blomerus

Managers of Anna Maria Swart,
I am contacting you about this profile: Anna Maria Meckelenburg . Strang . Scholtz
I have looked into Anna for a while now. It seems strange, with that surname, that she would originate from Sweden. For me, it just seems unlikely that a young girl would travel on her own to RSA. After countless failed attempts, I found this profile:
http://www.myheritage.com/research/collection-1/myheritage-family-t...
It is highly speculative, but could she possibly be the fourth child (b4) of Swart SV/PROG? p.s. i do not believe that the date of birth could be accurate, i.e. must be circa 1690-1695
Sincerely,
Jan Marthinus Blomerus, b2....h1

Private User
11/1/2013 at 5:06 AM

Beste Jan

Al geruime tyd probeer ek ook om uit te vind hoe Anna Maria Swart op so 'n jong leeftyd alleen haar opwagting aan die Kaap gemaak het.
Dat sy van Stokholm afkomstig was word deur 'n aantal primêre bronne gestaaf:

1) Inskrywing in the huweliksregister Kaapstad vir haar huwelik met Martin Mecklenburg

Marten Meklenburg, van Coo
ningsbergen, wed:r met Anna 
Maria Swart, jonge dogter van
Stokholm.

Transkribsie op die EGGSA webwerf http://eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-mar...

2) Inskrywing in the huweliksregister Kaapstad vir haar huwelik met Carel Strang

Carel Strang, van Gothenburg, jongm: en Maria Swart,
van Stockholm, wed:e van Marten Meklenburg.

Transkribsie op die EGGSA webwerf http://eggsa.org/sarecords/index.php/church-registers/cape-town-mar...

3) Inskrywing in die huwelijksregister Drakenstein vir haar huwelijk met Joachim Scholtz
Den 3 Augustus 1727
Jochum Schult van Oudmark Brandenburg Burger van Stellenbosch
met Anna Marija Zwart van Stokholm weduwe Van wijlen Den Burger C Strang

Eie transkibsie, dokument hier op Geni beskikbaar by http://www.geni.com/documents/view?doc_id=6000000018490389006

Na 'n lang speurtog is die enigste informasie wat moontlik haar geboorte in Stokholm kan bevestig, 'n inskrywing in die doopregister van die Sankt Nikolai kyrka (ook genaamd Storkyrkan oftewel Die Groote Kerk) in Stokholm vir die jaar 1687. Daar bestaan twee transkribsies van die inskrywing op Familysearch

Dopböcker barnregister 1623-1717
Stockholms Stadsarkiv, Nikolai församling
Barn : Anna Maria
Föräldrar : Henrik Swart, kanslist, Katarina Swart
Dopdatum : 11/11, 13/11 1687
Band : CIa1:4
Sida : 484

http://www.geni.com/documents/view?doc_id=6000000014553266546

Aangaande haar afkoms dink ek dat dit nie onmoontlik is dat sy 'n etniese Sweed was nie. Onthou dat Sweeds ook 'n Germaanse taal is en dat "Svart" in Sweeds presies dieselfde betekenis as die Nederlandse Zwart, Duitse Schwarz en Afrikaanse Swart het. Gesien die groot etniese Duitse bevolking in Stokholm / Swede gedurende die 17de eeu is dit natuurlik ook nie uitgesluit dat sy miskien van Duitse herkoms was nie.

Met vriendelike groete, Louis

Private User
11/1/2013 at 5:18 AM
11/1/2013 at 7:19 AM

Intersant - dis hoe ek na haar relate :

Anna Maria Swart is your second great uncle's great aunt's husband's great grandmother.
You
→ (Pottie) Leon Potgieter
your father → Anna (AE) Jäneke x Potgieter
his mother → Hendrik Louis Janeke / Jäneke
her father → Susara Petronella van den Berg (Janeke), b5c8
his sister → Daniel Coenraad van den Berg, b2c11d6e1f1
her husband → Anna Susanna Maria Olivier
his mother → Jeremias Cornelis Olivier
her father → Anna Margaretha Olivier
his sister → Jacob Andries Olivier
her husband → Anna Maria Kruger, b2c4
his mother → Christina Strang, b2
her mother → Anna Maria Swart
her mother

11/1/2013 at 10:41 AM

Beste Louis,

Dankie vir die volledige beskrywing en studies. Dit is baie verder as wat ek gevorder het.

Oor die Stockholm storie, ja, ek het familie (insluitend Blomerus) wat blykbaar Sweeds is omdat die skip uit Stockholm gevaar het. Eintlik was dit ander nasionaliteite.

Dit gese, byt ek nogal aan die Sweedse doopregister. Onder Jan Swart SV/PROG se kinders is daar heelwat Hendrikke - dui dat daar 'n duidelike familieband bestaan het?

Catharina pas weer nie so mooi in nie, tensy dit 'n Sweedse vertaling van Margaretha is? Ook spekulatief, want Catharina dui meer op 'n Oosterse vernaamd Russiese lyn.

Moontlik dat dit dalk 'n broerskind van Jan Swart kon wees wat maar saamgekom het, alternatiewelik, tot in hedendaagse tye, is Jan 'n noemnaam vir alternatiewe geboortename, veral gegewe die Janzoon in die profiel.

Kan ons daarom die fokus verplaas na Jan Swart SV/PROG se ouers?

Groete
Jannie

Private User
11/1/2013 at 11:42 AM

Katharina as moeder van Anna Maria is ook 'n bekende Sweedse naam. Daar was 'n St Katarina http://www.catholic.org/saints/saint.php?saint_id=590
En daar was volgens wikipedia 'n hele reeks Katarina's https://en.wikipedia.org/wiki/Catherine_of_Sweden

Private User
11/1/2013 at 12:04 PM

Even today you find people with the surname Svart listed in the Stockholm telephone directory http://personer.eniro.se/resultat/svart/stockholm

Private User
11/1/2013 at 1:25 PM

Hallo Jannie

Die voornaam Hendrik is ook deel van ons Germaanse erfgoed http://nl.wikipedia.org/wiki/Hendrik_(voornaam), dus dink ek dit was in redelike algemene gebruik in Swede, Duitsland en Nederland. Of daar 'n verbintenis is tussen Anna Maria en Johannes Jansz Swart wil ek my nie uitspreek nie, alles is natuurlik moontlik. Ek het vlugtig deur die Nederlands Hervormde doopregister van Hoorn vir die jaar 1645 - 1647 geblaai, maar kon geen inskrywing vir Johannes Swart vind nie. Dit kan wees dat sy familie onder een van die ander kerke geval het, so as jy 'n ledige uurtjie het kan jy miskien ook kyk of jy 'n spoor kan vind. Die Hoorn doopregister is op Familysearch by die skakel https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-1951-31169-935-13?cc=20379.... Vanaf die blad kan jy volgens kerkverband en pleknaam begin soek.

Terloops, daar is op die Nederlande Wikipedia blad ook 'n mooi definisie vir die oorsprong van jou voornaam Jan, en ook 'n grappige verduideliking oor waar die term Yankee vandaan kom. http://nl.wikipedia.org/wiki/Jan_(voornaam)

Groete, Louis

6/23/2014 at 2:36 AM

Hallo Louis

Nogsteeds besig, maar het vandag uiteindelik en op Ancestory.uk haar "gevind" - let die aanhalingstekens. Maar hulle het haar as Anna Maria Swart/Hendricksdotter - getroud met die einste Meckelenberg. So, ons weet waar die Hendrik vandaan kom. Ek het nie toegang na haar volledige inligting nie, maar as iemand dalk het, dit kan nagaan, en dit kan byvoeg, sal ek baie bly wees.

Groete
Jannie

6/23/2014 at 2:49 AM

Hmmmm wat ek genoem het, is nie heeltemal akkuraat nie - maar dit is net omdat ek nie al die inligting kan sien nie. Ek kan wel sien dat in my soektog op ancestory.uk - AM Hendricksdotter Swart en AM Meckelenberg (Swart) in dieselfde soektog opduik ("Anna Mar Swart" 1690 - 1732) .

Ek sal dus bitter graag daardie AM Hendricksdotter profiel wil sien.

Private User
7/2/2016 at 9:29 AM

Ek volg hierdie bespreking met groot aandag aangesien ek ook op soek is na hierdie voormoeder van my se ouers. Naaste wat ek nog kon kom is dieselfde doopinskrywing wat Louis na verwys, met ouers Henrik en Katarina. Volgens kontrakte wat AM in die Kaap namens Mecklenburg en Strang aangegaan het was sy omtrent 1683 gebore, so 1687 is dalk nie so ver uit nie. Wat my egter meer interesseer is dat sy my direkte voormoeder deur haar dogter Christina STRANG is, en my MtDNA matches is almal met mense van Ierse oorsprong???? Ek kontak hulle nou so een-een om te probeer uitwerk waar die koppeling is, maar nog geen sukses tot dusver nie.

7/2/2016 at 9:55 AM

Wat is 'lerse oorsprong' in Engels, asseblief? Google translate gee vir my 'Hiberian'.

Private User
7/3/2016 at 2:16 AM

Irish

7/3/2016 at 6:06 AM

Thanks. :-) The closest I could guess was SCottish.

Private User
7/6/2016 at 5:43 AM

Beste Annemarie

Baie dankie vir jou bydrae tot die bespreking! Het jy kopieë van die kontrakte wat sy namens Mecklenburg en Strang aangegaan het? Indien wel, sou ek dit opreg waardeer as jy dit aan haar profiel wil toevoeg.

Met vriendelike groete,
Louis

Private User
7/7/2016 at 1:40 AM

Sal ao maak sodra ek ñ tydjie het

Showing all 16 posts

Create a free account or login to participate in this discussion