Stephanus Georg du Toit

How are you related to Stephanus Georg du Toit?

Connect to the World Family Tree to find out

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Stephanus Georg du Toit

Birthdate:
Birthplace: Dal Josaphat, Paarl, Western Cape, South Africa
Death: May 03, 1898 (43)
Rawsonville, Cape Winelands, WC, South Africa
Place of Burial: Rawsonville, Breede River DC, Western Cape, South Africa
Immediate Family:

Son of Anthonie Eduard du Toit, f2 and Martha Elizabeth Charlotta du Toit
Husband of Anna Aletta du Toit
Father of Anthonie Eduard du Toit; Anthonie Eduard du Toit; Hester Jacoba du Toit; Martha Elizabeth du Toit; Anna Aletta du Toit and 3 others
Brother of Daniel Francois du Toit; Anthonie Eduard du TOIT; Ernst Johannes du Toit, i; David Karel du Toit; Eduard Christiaan du TOIT and 5 others

Managed by: Daniel Matthys Murray
Last Updated:

About Stephanus Georg du Toit

Stefanus G. du Toit was ongeveer twintig jaar toe hy na die Pêrelse Gimnasium gekom het. Uitgegroei en met volle baard het hy nie verkies om tussen jong seuns in een klas te staan nie, hy het voorlopig private lesse by ds. du Toit vir ’n lang tyd geneem en het loseer in ’n buitevertrek by gesegde dominee. Eers later het hy die gereëlde klasse in die Gimnasium bygewoon. Dit was in hiertdie tyd dat hy as hulp-sekretaris ageer het en die allereerste en ander notule verskyn in sy handskrif. Hoewel ek baie goed met hom bevrind was en hom dikwels op sy kamer besoek het, ken ek tog min van sy private lewe. Hy was te nederig om stof op te skop en het liewers verkies om onopgemerk die wêreld deur te gaan. Ná hy hom as onderwyser bekwaam het, het hy skoolgehou op Rawsonville, by Goudinibad, distrik Worcester, en as ek dit wel het, is hy aldaar op jong leeftyd gestorwe. Net soos ds. du Toit was hy tingerig gebou, baie wit van gelaat met ligte hare en baard.

Bron: Persoonlike herinneringe van die Patriotmanne, G.R. von Wielligh

Aanvullende Bronne:

  1. Kennisgewing van a sterfgeval - https://familysearch.org/pal:/MM9.3.1/TH-1-159394-64865-92?cc=17791...

𝐃𝐢𝐞 𝐣𝐨𝐧𝐠𝐬𝐭𝐞 𝐥𝐢𝐝 𝐯𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞 𝐆𝐞𝐧𝐨𝐨𝐭𝐬𝐤𝐚𝐩 𝐯𝐚𝐧 𝐑𝐞𝐠𝐭𝐞 𝐀𝐟𝐫𝐢𝐤𝐚𝐧𝐞𝐫𝐬.

As jy met die N1 uit die Kaap noord ry, deur die Hugenote-tonnel en die Dutoitskloofpas, gaan jy die rustige dorpie Rawsonville raakry. Dit is hier waar een van die lede van die Genootskap van Regte Afrikaners, Stephanus Georg du Toit, skoolhoof was tot sy afsterwe op die jong ouderdom van 43 op 3 Mei 1898.

Op Woensdag 3 Mei, 125 jaar na die afsterwe, het personeellede van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge die graf van die legendariese taalstryder gaan opsoek op dié dorp. In die middel van die begraafplasie staan die netjiese kruisgrafsteen opgerig deur die skool en oudskoliere.

Hier in die Rawsonville-distrik het SG du Toit gewoon, skoolonderrig gegee en Afrikaans bevorder. In die gegewens wat oor hom beskikbaar is, word na hom verwys as ’n nederige, skraal man, baie lig van gelaat. Hy was getroud met Anna Aletta Smit. Hul seun Anthonie Eduard het rektor geword van die Transvaalse Universiteitskollege.

Die graf van hierdie minder bekende stigterslid van die GRA is opgeruim en blomme gelê by die grafsteen. Die FAK onthou Stephanus Georg du Toit op die 125ste herdenking van sy afsterwe.

Stephanus Georg du Toit is gebore op 3 Februarie 1855. Op 20-jarige ouderdom was hy die jongste van die agtal by die vergadering, toe die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) gestig is. Hy was die GRA se hulpsekretaris. Talle van die GRA se notules is deur hom geskryf.

Interessant genoeg was hy reeds byna 20 jaar oud toe hy sy skoolopleiding ontvang het by Paarl Gimnasium. Hy wou, aangesien hy reeds ’n volgroeide man met ’n welige baard was, nie saam met die jong seuns in die klas sit nie. Daarom het hy aanvanklik privaat lesse by ds. Stephanus Johannes du Toit ontvang en later klasse begin bywoon. Hy het in ’n buitekamer by ds. SJ du Toit loseer, die man wat ook die voorsitter van die GRA was. Na sy skoolopleiding het hy hom as onderwyser bekwaam.

view all 13

Stephanus Georg du Toit's Timeline

1855
February 3, 1855
Dal Josaphat, Paarl, Western Cape, South Africa
February 18, 1855
Wellington, Western Cape, South Africa
1885
January 26, 1885
1892
8, 1892
Rawsonville, Cape Winelands, WC, South Africa
1898
May 3, 1898
Age 43
Rawsonville, Cape Winelands, WC, South Africa
????
????
????
????
????