Jacobus van den Berge - Verhaal van Jacobus van den Berge

Начал Willem Philippus Frost сегодня
Возникла проблема на этой странице?

Участники:

Упомянутые профили:

Сегодня в 9:15 до полудня

1 a1 Jacobus VAN DEN BERG,  __.__.1673,  Breskens, Zeeland, Nederland 13.08.1673, † 28.05.1714 »† Jacobus van den Berg was vermoor in die huis van Catharina Bombam en Robbert Jansz van Hoorn in 1714 deur Jan Adam Peugel, wat hom met ’n mes ’n dodelike steek toegedien het, teen die hals. Hy was werksaam by Robbert op die stadium, besig om vir Robbert skoene te maak. Op 28 Mei 1714 was Metje van Hoorn tuis op die dag toe Jan Peugel daar opdaag, hy het homself aan haar opgedring en haar probeer oorreed om te soen. Die ’bijsit’ van Jacobus van den Berg, Aale (Jacomina Carteniers was klaarblyklik reeds oorlede) sê toe aan Peugel: “Laat die nonnie met vrede haar werk doen.” Peugel reageer op haar antwoord deur Aale teen die grond te gooi en haar te skop. Jacobus probeer tussenbeide tree en Peugel druk hom agteroor teen ’n stoel vas. Jacobus ruk homself los en gryp toe twee messe van sy werkbank af en sê aan Peugel dat hy na buite moes kom. Tydens die geveg verloor Jacobus sy balans en hy word dodelik verwond. Terwyl Jacobus op die
grond lê rig Peugel toe sy woede weereens op Aale deur haar te gryp en bo[1]op Jacobus te gooi. Hy skreeu toe vir haar: “Lê daar jou verdomde Hoer”. Daar is ’n inskrywing op 15 Mei 1714 in die “Generale Kassarekening” van die kerkraad van Stellenbosch vir die begrafnis van “Jacobus van den Bergen” vir f 6. Op dieselfde dag is daar ook nog ’n inskrywing vir f 3 vir die begrafnis van een van sy kinders. In die hofsaak word die datum van die moord gemeld as 28 Mei 1714, so tussen die hofstukke en die inskrywing in die boeke van die Stellenboschse gemeente is daar ’n twee weke verskil. Jan Adam Peugel vlug en word skuldig bevind en gevonnis tot verbanning en dat sy eiendom gekonfiskeer word.
» Jacobus (Jakop) van den Berg (oorspronklik VAN DEN BERGE) is die seun van Niclaes VAN DEN BERGE en Lijsebeth LOWIJS. Hy trou op 8 Oktober 1700 met Jacomina CARTENIERS van
Oudenaarde in Vlaandre en verwek sewe kinders, 2 seuns en 5 dogters, by haar. Hy is die stamvader van die meerderheid draers van hierdie van in Suid-Afrika. (KAB CJ 2873.321) Op 3 Februarie 1703 word ’n kontrak opgestel aan Cabo de Goede Hoop tussen die vryburger Jacobus van den Berg aan die een kant en die soldaat Jan Bombam aan die ander kant. Die soldaat word gekontrakteer om vir die duur van een jaar as skoenmaker te werk vir Jacobus teen die betaling van 16 Indische Gulders, kos, drank en verblyf. Let wel die is nie dieselfde Jan Bombam van Oude Beyerland (Jan Cornelis) met wie Maria Kickers die stammoeder van die Botha’s aanvanklik getroud was nie. Jacobus word op 2 Julie 1703 aangerand deur Jacob Hendriksz van Westkerken en sy seun Hendrik Jacobsz van Westkerken
Die aanranding was so erg dat sy vrou Jacomina namens hom ’n kontrak sluit met Jan Casper Siegelaar om Jan in diens te neem op 25 September 1703. Op 26 September 1705 bied Jacob Hendriksz van Westkerken ’n versoeningsbedrag aan Jacobus aan in verband met sy vroeëre aanranding van Jacobus. Die saak oor die aanranding word aangehoor op 23 Mei 1709. Op 27 Oktober 1704 stem die Stellenboschse kerkraad daartoe in om ’n lening aan Jacobus toe te staan vir die bou van ’n huis in Stellenbosch. Die huis verskyn op ’n skildery van Stellenbosch soos in 1705 en dit is onlangs gerestoureer en verhuur aan ’n linne onderneming wat in- en uitvoer doen. Daar is ten minste 8 keer deur die kerkraad in ’n kerkraadsvergadering besprekings gevoer oor Jacobus se betaling van sy lening. Dit loop uiteindelik uit op ’n hofsaak in 1708 met landdros Samuel de Meurs wat die saak aanhoor. Jacobus het vir Adam Tas
gekry om hom te help met sy verdediging. Die volgende aantekening kom uit die vertaalde dagboek van Adam Tas deur Karel Schoeman oor die gebeure van 14 Junie 1704 toe Jacobus en sy vrou Marij Bartels aangerand het. “Maandag, 15 [Junie] Soggens betrokke lug, ook het dit vanoggend nog ’n bietjie gereën. Vandag is daar weer voortgang gemaak met die ploeëry. Ook is daar in die nuwe tuin mis aangery en strooi in die hokke gebring. In die namiddag het ek my na Stellenbosch begewe om by Hans die Smid (Hans Jacob Conterman) te verneem watter dag hy Kaap toe ry, aangesien ek van mening is (so God wil) om met hom saam te ry. Hy het my gesê dat hy voornemens is om Woensdagoggend te ry, mits die weer geskik is. Vandaar het ek na die huis van Mr. Mahieu (Johannes Mahieu sieketrooster en sekretaris te Stellenbosch) gewandel, waar die heer Bek (ds Henricus Beck) was; moedertjie Van den Brink het ook daar gekom. Onder die rook van ’n pyp tabak is my vertel dat daar gister voor die huis van Jacobus die Skoenmaker oorlog uitgebreek het, waarin genoemde skobbejak van ’n skoenlapper, bygestaan deur sy boosaardige wyf, die wyf van Christiaen Martensz (in die wandeling bekend as Mosterts Marij) te lyf gegaan het. Die skoenmaker se wyf het Mosterts Marij met ’n pik teen die kop geslaan dat daar bloed vloei en sy op die grond neergeval het, waarop die skoenmaker aangekom het en die vrou met sy voete
teen die bors, buik, ens. geskop het waar sy lê. Intussen het die skoenlapper se vrou ook nie stilgesit nie, maar so ywerig met haar vuiste losgetrek soos wat sy kon, en hulle sou die skepsel ongetwyfeld om die lewe gebring het as die heer Bek nie verskyn het nie en gesê het dat hy hiervan kennis neem; toe het hulle haar met rus gelaat. Intussen moes die
deerniswekkende skepsel haar so toegetakel huis toe begewe. Nadat ek hierdie geskiedenis aangehoor het, het ek huis toe gewandel; met my aankoms by die huis het ek verneem dat Mr. Appel (Ferdinand Appel ’n prominente inwoner van Stellenbosch met ’n veepos in die Overberg) tesame met Lourens die Smid en Jan Harmansz (Johannes Potgieter) by ons huis was en dat Appel gesê het dat hy môre weer sal kom.” Jacobus was klaarblyklik nie baie geneë om sy skulde te betaal en is onder andere deur die volgende persone ook gedagvaar vir betaling van skulde: op 22 Junie 1705
Coenraad Jansz Visser; op 20 Julie 1705 Gerrit Hanseret; op 2 Augustus 1705 Pieter van der Byl; 26 September 1705 Abraham Everless. Jacobus word iewers in 1709 verwond deur Jacob Hendriksz wat deur die Politieke Raad gevonnis word tot lewenslange verbanning uit die Kaap uit die resolusies: “ Vrijdag den 28n Februarij 1710, voor de middag. Extraordinarij vergadering. Jacob
Hendriksz van Cabo de Goede Hoop, geweesen burger aan Stellenbos, den 18e Julij 1709 voor den tijd van 50 jaaren uijt dese landen en Comps. district gebannen omme soo lang op ’t Robbeneijland geconfineert te blijven tot het vertrek der presente retourvloot. Sullende dese, om dat een vrouw en kind heeft, voor soldaat a 9 ter maand in ’s Comps dienst genomen, en met wijf en kind na Ceilon gesonden werden.” (Veroordeel omdat hy die skoenmaker van Stellenbosch, Jacobus van den Berg, gekwes het. Sien Civ. en Crim. Regtsrolle, 1709-1714, p. 15 (verso) en p. 27.) Jacobus se huis word beskadig in die brand wat ’n groot gedeelte van Stellenbosch verwoes het op 16 Oktober 1710. Jacobus van den Berg was vermoor in die huis van Catharina Bombam en Robbert Jansz in 1714. Die moord verhoor van Jan Adam Peugel begin op 1 November 1714 en word in 1715 voortgesit. »» Kinders (6): 2, 9508, 10028, 10329, 10332, 10333

Зарегистрируйтесь или войдите в систему чтобы участвовать в этом обсуждении