Alttden William John Hllferscee, b1c2d1

public profile

Is your surname Hllferscee?

Research the Hllferscee family

Alttden William John Hllferscee, b1c2d1's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Alttden William John Hllferscee, b1c2d1

Also Known As: "Alttden William John Helferscee", "Adam Willem Johannes Hefer"
Birthdate:
Birthplace: Hamburg, HH, Germany
Death: February 14, 1924 (83)
Volksrust, Transvaal, South Africa (Senility, cardiac failure and dropsy)
Place of Burial: Old Cementry, Volksrust, Transvaal, South Africa
Immediate Family:

Son of Jan Johannes Petrus Arnoldus Pienaar Hefer, b1c2 and Johanna Catharina Wilhelmina Jacoba Hefer, b6c4d2e3
Husband of Jacoba Wilhelmina Aletta Lubbe; Johanna Greyling; Johanna Dorothea Elizabeth Hellferscee and Maria Elizabeth Hellferscee
Father of Jan Johannes Heefer, b1c2d1e1; Alttden William John Hellferscheë, b1c2d1e5; Henry John Hellferscheë, b1c2d1e6; Elizabeth Catharina Horne, b1c2d1e7; John Andrew Hellferscheë, b1c2d1e8 and 3 others
Brother of Jan Johannes Hefer; Adriaan Johannes Hefer; Johanna Catharina Herbst; Petrus Johannes Hefer; Private and 1 other

Managed by: Pamela Elizabeth Goller
Last Updated:

About Alttden William John Hllferscee, b1c2d1

Beskou hierdie inskrywing voorlopig as ‘n dataversamelplek vir die probleem rondom Adam Willem Johannes Hefer en Alttden William John Hellferscheë. Moenie enige van die inligting as feite aanvaar nie.

Die kern van die probleem is dat die databasis SAF 2018 wat op ouer werke steun, beweer dat Adam Willem Johannes Hefer sy naam verander het na Alttden William John Hellferscheë. Hulle haal nie dokumente aan nie. Volgens Adam Willem Johannes Hefer se ouers se testament, het Adam Willem Johannes Hefer sy naam verander en hy word daarom onterf. Dit word egter nie genoem na wát hy sy naam verander het nie.

Die Hellferscee famiie is nie bewus van enige Hefer konneksie nie. Hulle beskik oor ‘n brief van ‘n kleindogter van Alttden William John Hellferscheë en Maria Elizabeth Botha, met foto’s. Dit stem ooreen met besonderhede op hulle grafsteen. Daarvolgens was van Alttden William John Hellferscheë ‘n immigrant van Hamburg, Duitsland. ‘n Volgeling van die profiel aanvaar nie bloot die brief op sig nie en meen verdere ondersoek is nodig. Daar mag onreëlmatighede voor die skrywer se tyd plaasgevind het. Die volgeling het ervaring van soortgelyke gevalle en die bewering op SAF 2018 en voorgangers, kon tog nie uit hulle duime gesuig gewees het nie. So ‘n ondersoek kan ‘n geruime tyd neem.

Foto’s van van Alttden William John Hellferscheë, Maria Elizabeth Botha en hulle seuns Henry John en John Andrew is oorspronklik verskaf deur die skrywer van die brief. Wat hier aangebied word is knipsels.

‘n Moderne Alttden spel die van Hellferscee en die uitspraak is Aldin (stil t en I soos in) Hel-ver-see (ver soos in nie naby nie) en weer ‘n stil c.

David Abraham Swanepoel

SAF 2018: Adam Willem Johannes * 1.9.1842 ≈ Cradock 23.4.1843 † Volksrust 14.2.1924, onderwyser, boer, kruiedokter x Jacobsdal 23.8.1869 Wilhelmina Aletta DE BEER * 27.6.1856 d.v. Johannes Nicolaas de Beer (eienaar v.d. plaas "Vooruitzicht" waarop die diamantmyn gevestig is) en Anetta Margarietha Elizabeth Steenekamp ÷ 1881 (sy xx Hugo Hendrik Bierman) xx Johanna GREYLING † c. 1883 xxx Maria Elizabeth BOTHA * 11.8.1866 † Volksrust 17.6.1948 d.v. Hendrik Johannes Botha en Elizabetha Catharina Gildenhuys. Hy en sy nakomelinge uit sy derde huwelik (e5-e11) aanvaar die van HELLFERSCHEE en hy aanvaar die name Alttden William John


Hier is sy SK besonderhede... geen melding van DE BEER:

DEPOT TAB SOURCE MHG TYPE LEER VOLUME_NO 0 SYSTEM 01 REFERENCE 54866 PART 1 DESCRIPTION HELLFERSCHEE, ALTTDEN WILLIAM JOHN. STARTING 19240000 ENDING 19240000 REMARKS SURVIVING SPOUSE MARIA ELIZABETH HELLFERSCHEE (BORN BOTHA)

          PREDECEASED SPOUSE JOHANNA HELLFERSCHEE (BORN GREYLING).  

SK op Familysearch: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS4F-J9WD-5?cc=252...

Notas en transkripsie deur David Abraham Swanepoel, verwantskap " first cousin thrice removed".

‘n Interessante persoonlikheid uit die dokumente, maar dit laat ongelukkig ook baie vrae. Volgens sy grafskrif word Alttden William John Hellferscheë in Hamburg, Duitsland gebore op 31 Aug 1840. SAF 2018 beweer 1 September 1842 vir Adam Willem Johannes Hefer en hy word enkele maande later gedoop te Cradock.

"Hy" trou eers met Wilhelmina Aletta de Beer. Hulle het 4 kinders saam. Hulle skei in 1881, ‘n ongewone aksie in daardie tyd. Sy was die dogter van die persoon waarna die De Beers diamantmaatskappy vernoem is. Daarna trou hy met Johanna Greyling wat sterf c1883. Die huwelik was dus kort as die vorige een 2 jaar van te vore ontbind is en geen gesamentlike kind is op rekord nie. Byna niks is oor die vrou bekend nie. Laastens trou hy met Maria Elizabeth Botha wat sterf in 1948. Sy was 26 jaar jonger as hy en dis blykbaar op die stadium wanneer hy sy van verander na Hellferscheë. Sy is by hom begrawe.

Hierdie verandering geval sy ouers nie en hulle bring die volgende klousule in hulle testament aan: 

“Dat aangezien hun zoon Adam Willem Johannes Hefer goedgevonden heft zich een vreemde naam aantematigen en dus niet zijne ouders eerbiedigt zoo wordt den Executeur hierna geworden genoemd gelast den genoemden zoon A.W.J. Hefer onmiddelijk na den dood der langslevende der testateuren [opgeroepen?] Tweemaal in de Gouwernements Courant van degen Staat [die OVS] en eenmaal in die van de Zuid Afrikaanche Republiek om binnen Drie maanden na den dood der Langslewende der Testateuren persoonlijk voor hem te Rouxville te verschijnen, en aldaar eene schriftelijke belofte voor den Landdrost van Rouxville afteleggen dat hij zijn geboren naam in den toekomst zal dragen, bij weigering of nalatigheid dit te doen zal hij geheel en al onterfd zijn en zijn aandeel in het erfenis vallen op de overege erfgenamen.

2dens mocht genoemde Adam W. J. Hefer voor de Langslewende der Testateuren komen te overlijden, zullen zijne kinderen niet in plaats van hen ouders erfdeel opkomen, maar zullen zij als dan geheel en al uit dezen boedel uitgesloten zijn.”

Hulle jongste seun word as eksekuteur aangestel. Hy bring die stipulasies voortydig tot uitvoering wanneer hulle vader tot sterwe kom. Adam/Alttden dui skriftelik aan dat hy die kennisgewing gesien het, maar dat hy glad nie in die erfporsie belangstel nie. Sy moeder kom net enkele weke later te sterwe. Sy eksekuteurbroer gee weer kennis deur staatskoerante, maar hierop antwoord Adam/Alttden nie.

Wat was die rede vir die naamsverandering, indien wel? Het Maria Elizabeth Botha hierin ‘n rol gespeel? Daar is geen aanduiding dat so ‘n van bestaan buite die nasate van Adam/Alttden en Maria Elizabeth nie. Dit is bevind na soektogte op genealogiese bronne en die oop internet. “Alttden” kon ook nie gevind word nie.

SAF 2018 beskryf hom as onderwyser, boer en kruiedokter. Hy het dus wyer gefungeer as die tipiese Afrikanerboer.

Sy siviele sterfteregistrasie dui hom aan as “medical practitioner” wat gewoonlik ‘n volwaardige dokter beteken, nie iemand met ‘n kennis van kruie nie. Sy geboorteplek en -datum dui op Duitsland en aangesien hierdie ‘n regsdokument is, is dit waarskynlik die waarheid.

'n NAAIRS rekord van 'n dokument van 1888 (onder) dui hom aan as, eerstens "dr", en tweedens onder die van Hellferscee. Hy moes dus sy naam wettig verander het en sy ouers se pogings om hom terug te dwing was regtig futiel.

Bronne:

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3QS7-99LW-5SRZ?i=2953&c... (bestudeer sy moeder se hele boedelrekord)

Siviele sterfteregistrasie: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-C91L-Z4ST-W?i=2845...

SAF 2018:

b1c2d1 Adam Willem Johannes * 1.9.1842 ≈ Cradock 23.4.1843 † Volksrust 14.2.1924, onderwyser, boer, kruiedokter x Jacobsdal 23.8.1869 Wilhelmina Aletta DE BEER * 27.6.1856 d.v. Johannes Nicolaas de Beer (eienaar v.d. plaas "Vooruitzicht" waarop die diamantmyn gevestig is) en Anetta Margarietha Elizabeth Steenekamp ÷ 1881 (sy xx Hugo Hendrik Bierman) xx Johanna GREYLING † c. 1883 xxx Maria Elizabeth BOTHA * 11.8.1866 † Volksrust 17.6.1948 d.v. Hendrik Johannes Botha en Elizabetha Catharina Gildenhuys. Hy en sy nakomelinge uit sy derde huwelik (e5-e11) aanvaar die van HELLFERSCHEE en hy aanvaar die name Alttden William John

NAAIRS:

DEPOT TAB SOURCE SP TYPE LEER VOLUME_NO 12 SYSTEM 01 REFERENCE SPR1065/88 PART 1 DESCRIPTION DR. AWJ HELLFERSCEE, WONDERFONTEIN. KLAAGT GEEN ADVIES ONTVANGEN

          INZAKE GELDENHUIS EN J VAN RENSBURG VERSUS JH MAARTENS.               STARTING  18880617                                                               ENDING    18880617     

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.



Gesamentlike Graf. Volksrust. https://graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=349688

Maria Elizabeth Botha (Wife) Death Notice. See Surnames as well as Children's names.

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS3Q-H6N4-9?i=709&...


https://familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS3F-NSMT-H?i=1057&cat...



Adam Willem Johannes Hefer en sy nakomelinge uit sy huwelik met Maria (e5-e11) aanvaar die van HELLFERSCHEE en hy aanvaar die name Alttden William John

view all 15

Alttden William John Hllferscee, b1c2d1's Timeline

1840
August 31, 1840
Hamburg, HH, Germany
1872
November 3, 1872
Smitskraal-Wes, Boshof, Free State, South Africa
1886
August 1, 1886
1887
September 9, 1887
1889
September 28, 1889
1890
November 30, 1890
1892
May 29, 1892
1893
August 26, 1893
1896
February 13, 1896
1924
February 14, 1924
Age 83
Volksrust, Transvaal, South Africa