Andrew Murray McGregor

Is your surname McGregor?

Connect to 10,707 McGregor profiles on Geni

Andrew Murray McGregor's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Andrew Murray McGregor

Andrew Murray McGregor (1873 - 20 September 1943) was predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, waarvan 'n kwarteeu in Drieankerbaai, Kaapstad. Andrew Murray McGregor was die tweede seun van Andrew McGregor (1829 - 1918), wat in 1860 deur dr. William Robertson in Skotland gewerf is om as predikant in Suid-Afrika te kom arbei en in 1862 as stamvader van die McGregors na die land toe kom. Sy eerste en enigste gemeente was Robertson, waarvan die standplaas eers Hoopsrivier genoem is tot dit in 1853 ter ere van dr. Robertson hernoem is.

Lily en Andrew Murray McGregor. Drie maande na sy aankoms in die Kaapkolonie trou Andrew McGregor met Elizabeth Augusta, wie se vriende en familie haar "Lily" genoem het. Hulle het op Robertson gewoon tot ds. McGregor in 1902 afgetree en die egpaar hulle in Kaapstad gaan vestig het. Omdat hy so aktief op die dorpie Lady Grey, naby Robertson, gewerk het, is dit in die jaar van sy aftrede herdoop tot McGregor. Andrew en Lily het tien kinders gehad, waarvan vier jonk dood is. Andrew Murray was hulle vierde kind wat volwassenheid bereik het. Hy is na die beroemde ds. Andrew Murray, destyds van Graaff-Reinet, wat ook sy peetpa was, vernoem. Andrew Murray McGregor behaal sy B.A. aan die South African College en studeer daarna aan die Teologiese Seminarium op Stellenbosch. Na hy in Kaapstad in die bediening gestaan het, word hy predikant vir die konsentrasiekamp in Oos-Londen tydens die Anglo-Boereoorlog, waar hy ook as eerste leraar van die NG gemeente Oos-Londen op 9 September 1905 bevestig is. Van daar vertrek hy in 1909 na Oudtshoorn en op 14 Januarie 1914 word hy in die NG gemeente Drieankerbaai bevestig. Die regering vra ds. Murray in 1915 om vir drie maande as kapelaan van die Unie-troepe in Duitswes-Afrika (Namibië) op te tree. Die kerkraad verleen verlof daartoe en verleng dit later vir 'n verdere drie maande. Sy gesondheid was die laaste jare van sy bediening nie na wense nie en in 1934 moes hy ses maande lank siekteverlof neem. Hy ontvang sy demissie op 28 Julie 1939 en tree terselfdertyd af, maar dien daarna as leraar van die Presbiteriaanse gemeente op Oudtshoorn tot sy dood in September 1943. Na sy dood skryf die Kerkbode oor hom: "Hy was manlik en beslis in sy optrede, maar daarby minsaam en hartlik van aard. In sy oortuigings het hy 'n broederlike gees gehandhaaf, dat dit geen bitterheid veroorsaak het nie." Bronne[wysig]

The McGregors in South Africa Dreyer, eerw. A. 1932., Jaarboek van die Nederduits-Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1933, Kaapstad: Jaarboek-Kommissie van die Raad van die Kerke. Malan, Etienne G., Die kerk teen Seinheuwel: Drieankerbaai 1880 - 1980, Kaapstad: NG gemeente Drieankerbaai, Maart 1980. Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.

Genealogical Account

Leaves from my Logbook

Birth 27 February 1873

view all

Andrew Murray McGregor's Timeline

1873
February 27, 1873
South Africa
April 20, 1873
1902
July 18, 1902
1904
April 29, 1904
1905
August 3, 1905
1908
May 26, 1908
Worcester, Cape Winelands, Western Cape, South Africa
1911
March 13, 1911
1943
September 20, 1943
Age 70
Oudtshoorn, Cape, South Africa