Barend Godlieb Liebenberg

Is your surname Liebenberg?

Connect to 3,738 Liebenberg profiles on Geni

Barend Godlieb Liebenberg's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

About Barend Godlieb Liebenberg

Provate/DN 1837

Date of death August 1837 on valid source.

Barend Godlieb Liebenberg word vermoor by Liebenbergkoppie 23/08/1836.

http://www.boerenbrit.com/archives/8441

https://www.wikitree.com/wiki/Liebenberg-41


Barend Liebenberg was die leier van ‘n klein splintergroep van die Potgietertrek. Hulle is aangeval by wat later bekend sou word as Liebenbergkoppie, ook soms bekend as Moordkoppie.

Daar word selde melding gemaak van hierdie en die gepaardgaande “Vaalrivierslag”. Dis aan die een kant ‘n anomalie aangesien dit die eerste konflikgebeurtenis was in die Groot Trek. Dis ook waar mense eerste in konflik oorlede is. Die probleem is egter dat bronne skaars en nie eenstemmig is nie. Die datums verskil bv maar daar hoef nie oor bekommer te word nie, dis baie na aan mekaar.

Veldkornet Stephanus Pieter Erasmus van Aliwal Noord het in Junie 1836 ‘n olifantjagtog saam met familie en vriende in die gebied oorkant die Vaalrivier onderneem. Hy was dus nie ‘n Voortrekker nie (nog nie). Sy kamp, 6 km van die Liebenbergs, is eerste aangeval.

Kort voor die Vaalrivier-slag het die mense van die laer ‘n jong Bronkhorstseun gestuur om die Liebenbergs te waarsku. Sommige bronne beweer die waarskuwing is verontagsaam, ander dat dit nie moontlik was om in die donker nag voor te berei nie. Hierdie groep mense was besig om in te span toe die naderende impi op ‘n afstand gewaar was. Die mans het dadelik uitgery en ‘n geveg aangeknoop. Die oormag was egter net eenvoudig te groot en was hul almal om die lewe gebring.

Daarna was van die vrouens en kinders by die waens vermoor. Twaalf mense het die dag daar te sterwe gekom: Barend Liebenberg sr., Barend Liebenberg jr., Hendrik Liebenberg, Hans du Toit, mev. Johannes du Toit, ‘n skoolmeester, Macdonald, mevrou H. Liebenberg asook ‘n seun van S. Liebenberg en C. Liebenberg. Hierdie name verg nadere genealogiese navorsing.

‘n Aanlynbron bo en behalwe die bo genoem:

http://monument-sa.co.za/liebenberg-moorde-kopjeskraal-liebenbergko...


Nota deur David Abraham Swanepoel – ‘n argument dat dit nie met sekerheid aanvaar kan word dat die Liebenbergs by Kopjeskraal begrawe is nie. Onder hierdie inskrywing word die graftelike en gedenktekennalatenskap ook bespreek.

Die gevegte het op 2 plekke plaasgevind, nl wat later bekend sou word as Liebenbergkoppie en Koppjeskraal (Koppieskraal). Alles was aan die noordekant van die rivier, in die huidige Noordwesprovinsie. Liebenbergkoppie is na die noord-ooste van Parys en Kopjeskraal suid-wes, sowat 10 km vanmekaar.

By Kopjeskraal het daar gekampeer Johannes Botha, Hermanus Steyn, Lucas Bronkhorst, (bymekaar) en andere meer suidwes (stroomaf) van hulle. Gespasieerde kampering was nodig om weiding vir die vee te voorsien [1].

Ook deel van die gebeure was die nie-Voortrekker, ‘n jagter Erasmus, ongeveer 50 km weg in die latere Potchefstroom se rigting.

Die geskiedenis kan gevind word in die skakels.

Daar is geen grafte by Liebenbergkoppie nie. Daar word vermoed dat die oorskotte na Koppieskraal gebring is, maar ek betwyfel dit om die presiese rede wat in [3] genoem is, daar sou nie tyd wees nie. Tien kilometer oor ongebaande weg is ‘n lang stuk pad as die gevaar nog in die omgewing is. Oor die afstand, meen Sarel Feldtman, ‘n outeur op die Facebookgroep Die Groot Trek, dat dit 15 km is volgens ‘n kaart wat hy verskaf [2] . Steyn en Fourie [3] meen dis 6 km gebaseer op dat dit ‘n halfuur te perd sou neem. Ek het ‘n afstandsmeting gedoen met Google Maps en dis 10 km +/- 500m met ‘n reguit lyn. Du Plessis [1] bevestig hierdie afstand. Die terrein lyk plat met satellietbeeld aangeskakel, behalwe regoor Parys waar lae heuweltjies is (ek is persoonlik effens bekend met die omgewing). Dit repudieer my argument bietjie.

Die vraag is hoe die lyke vervoer is. Per ossewa twyfel ek steeds of dit so gou gedoen kon wees. Miskien vasgemaak op ‘n perd se rug agter die ruiter? 'n Halfuur te perd, net in een rigting, vermenigvuldig met oor die 30 lyke, tyd bestee aan die aksie van begrawing self?

Die verdere vraag is, waar is die sterfgevalle by Liebenbergkoppie dan wel begrawe? Enige grondhope sonder klippe of stene sal lankal plat wees

Die probleem is dat daar 33 grafte by Koppieskraal is, maar net 2 mense is op rekord dat hulle daar omgekom het. Die Erasmus jagekspedisie het werkers verloor, maar hulle was baie ver.

‘n Moontlikheid is later toe dit rustig was, mense opgrawings by Liebenbergkoppie met die oog op herbegrafnis gedoen het, maar dat enige dokumentering daarvan verlore is. Slegs omvattende opgrawings sal nou iets uitwys. So iets kon enkele weke later of dekades daarna gedoen gewees het. Die voorlaaste moontlikheid is dat dit latere grafte is wat geen verband hou met die Voortrekkers nie, want alles is oorlewering. Die laaste opsie is ‘n hibried, Voortrekkergrafte met latere byvoegings, soos Tregardt-hulle se begraafplaas in huidige Maputo waar ander mense later bygevoeg is.

Dat hierdie lokaliteit wel die perseel van die Vaalrivierslag was (Botha en assosiate) is wel betroubaar.

By Liebenbergkoppie is slegs ‘n bronsgedenkplaat aangebring. Die patina daarvan het nie goed gevorm nie en dis net-net leesbaar. Die aanbringdatum is nie genoem nie.

By Kopjeskraal is ‘n gedenksteen in 2011 aangebring wat aanvaar dat Liebenbergkoppie se mense daar begrawe is. Meer daaroor in [2]. Al is dit nie oor die Liebenbergs nie, kan dit dien as steen en aantrekkingspunt vir ‘n belangrike gebeurtenis wat inderdaad weinig aandag geniet, dis net altyd Vegkop en Bloedrivier.

Beide persele is op privaatgrond, maar toeganklik op versoek. Foto’s toon dat die gras rondom die grafte gesny is.

Bronne

1. https://maroelamedia.co.za/debat/rubrieke/die-liebenbergmoord-en-di...

2. http://monument-sa.co.za/liebenberg-moorde-kopjeskraal-liebenbergko...

3. https://web.facebook.com/photo?fbid=2104955576303552&set=pcb.339177...

Inligting verskaf as Oop Toegang onderhewig aan lisensie CC BY-NC-ND 4.0 - Creative Commons https://creativecommons.org/licenses/by-nc-nd/4.0/legalcode

Kwytskelding: geen verantwoordelikheid word aanvaar vir enige foutiewe of onakkurate inligting nie, hetsy aangehaal, herverpak of self geskryf.

view all 14

Barend Godlieb Liebenberg's Timeline

1766
December 7, 1766
1766
1788
November 26, 1788
Cape de Goede Hoop, South Africa
1792
February 20, 1792
1793
1793
Graaff Reinet, Western District, EC, South Africa
1796
February 21, 1796
Tulbagh, Kaapse Wynland, WC, South Africa
1797
November 19, 1797
1799
November 27, 1799
Graaff-Reinet, Western District, Eastern Cape, South Africa
1803
September 30, 1803