Carl Benjamin Richter, SV/PROG1

Is your surname Richter?

Connect to 19,974 Richter profiles on Geni

Carl Benjamin Richter, SV/PROG1's Geni Profile

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Carl Benjamin Richter, SV/PROG1

Also Known As: "Carel Benjamin"
Birthdate:
Birthplace: Rawitz, Posen, Pruise, Poland
Death: March 12, 1913 (76)
Luckau, Middelburg, Mpumalanga, South Africa
Immediate Family:

Son of Benjamin Gottlieb Richter and Friederike Caroline Richter
Husband of Elizabeth Anna Richter, b2
Father of Anna Caroline Kuschke; Carl August Richter; Bertha Caroline Miessner; Elizabeth Maria Roos (Visagie)(Prinsloo)(Ri...; Paul Wilhelm Richter and 3 others
Brother of Benjamin Gottlieb Richter; Caroline Wilhelmine Prozesky; Rudolph Richter; Samuel Adolf Richter; Rudolf Richter and 4 others

Occupation: Sendeling, Boer, Missionary
Managed by: Carl Benjamin (Ben) Maritz
Last Updated:

About Carl Benjamin Richter, SV/PROG1

Death: https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS3J-4912-9?i=141&...

https://www.familysearch.org/ark:/61903/3:1:3Q9M-CS3J-4912-9?i=141&...

Benjamin Karl Richter is gebore in Rawitz, Posen, Pruise op 13 Maart 1836. Hy is oorlede te Luckau, distrik Middelburg op 12 Maart 1913 ‘n dag voor sy 77e verjaarsdag. Karl Richter was die seun van Benjamin Gottlieb Richter en Friederieke Caroline Liebe. Hy was getroud met Elizabeth Anna Winter van Pniel, distrik Barkly-Wes gebore op 22 Augustus 1846 en oorlede te Matlale, Transvaal op 29 Oktober 1880.

Elizabeth Anna Winter was die tweede oudste dogter van August Wilhelm Winter en Anna Rosina Erdmuthe Schutte. August Winter is een van die Berlynse sendelinge wat van dieselfde sendinggenootskap as Karl Richter na Suid Afrika gekom het. Hy kom in 1839 na Bethanie in die distrik Edenburg maar word in 1851 as gevolg van swak gesondheid geemeriteer. Hy keer terug na Duitsland saam met sy gesin. Sy kinders ontvang hulle opleiding in Duitsland maar keer almal terug na Suid Afrika. August Winter is oorlede op 14 Maart 1894 te Luckau in Duitsland, die dorp waarna Karl Richter sy plaas in Middelburg vernoem het.

Karl se suster Caroline Wilhelmine Richter gebore te Rawitsch Pruise in Poland op 16 Augustus 1846 trou met Johann Julius August Prozesky ook een van die Berlynse sendelinge wat na Suid Afrika gekom het. August word na Suid Afrika gestuur in 1865, dieselfde jaar as Karl Richter en werk van 1866 tot 1868 op Emangweni. Nadat hy as sendeling gordineer is begin hy sy lewenstaak op Koningberg in die distrik Newcastle waar hy die sendingstasie en later die kerk grootendeels self gebou het. Karl Richter het ook aanvanklik sendingwerk in Natal gedoen voor hy hom later gevestig het in die Middelburg distrik en het getrou met sy vrou in Pietermaritzburg.

Na bewering het Karl Richter se broer ook saam met hom as sendeling na Suid-Afrika gekom het. Die broer het hom iewers in Wes-Transvaal gaan vestig terwyl Karl naby Middelburg gaan bly het (op Luckau) en sy nasate is bekend as die Sekunseberg Richters.

Karl leer aanvanklik die ambag van spykermaker op sy geboortedorp. Na die voltooiing van sy leertyd het hy soos die gewoonte toe in Duitsland was, te voet deur die lang gegaan en van plek tot plek werk gevind. In Berlyn kom hy tot bekering en sluit by die Berlynse Sendinggroep aan waar hy sewe jaar lank opgelei word as sendeling

Hy kom in 1865 in Suid-Afrika aan en werk op Bethanie en Malokong tot hy na die sendingstasie Ga Matlale in die Zoutpansberg gestuur word. Hier stert sy vrou na ‘n huwelik van slegs twaalf jaar. Hy was alreeds aan haar verloof toe hy na Suid-Afrika gestuur is, en is drie jaar na sy aankoms met haar getroud. Karl sou nooit weer trou nie en na twintig jaar getroue diens in die sending tree hy uit en gaan boer naby Middelburg op die plaas Luckau. Die plaas was nog ‘n absolute wildernis en sy kinders moes die land van voor af tem en ‘n woning bou. Op Luckau sou mettertyd ‘n klein Duitse gemeenskappie ontstaan met sy eie kerk waar die sendeling wat op Lobethal was, gereeld dienste gehou het.

Karl was reeds voor die Tweede Vryheidsoorlog ‘n ondersteuner van pres. Kruger en na die oorlog was hy lid van “Het Volk”-party en ook voorsitter van die tak op Middelburg. In ‘n koerantberig wat na sy dood verskyn het, word gemeld hoeveel menselewens hy gered het met sy kennis van homeopatiese medisyne.

view all 12

Carl Benjamin Richter, SV/PROG1's Timeline

1836
March 13, 1836
Rawitz, Posen, Pruise, Poland
March 20, 1836
Evangelish, Rawitsch, Posen, Prussia, Germany
1870
March 11, 1870
Botshabelo, Middelburg, Mpumalanga, South Africa
1871
March 4, 1871
Middelburg - MP, Nkangala, Mpumalanga, South Africa
1872
May 30, 1872
Matlala, Pietersburg, Tvl
1873
1873
Bethanie, OVS
1875
May 22, 1875
Malokong, Tvl
1876
October 13, 1876
Tvl, Malokong, Bosveld, Limpopo, South Africa
1879
February 23, 1879
Go Matlale, South Africa
1880
September 27, 1880
Ga Matlale