Charl Jacob de Beer

Is your surname de Beer?

Connect to 21,200 de Beer profiles on Geni

Share your family tree and photos with the people you know and love

  • Build your family tree online
  • Share photos and videos
  • Smart Matching™ technology
  • Free!

Charl Jacob de Beer

Birthdate:
Birthplace: Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
Death: June 06, 2009 (89)
Kempton Park, East Rand, Gauteng, South Africa
Immediate Family:

Son of Zacharias Andreas (Zach) de Beer and Catharina Magdalena De Beer
Husband of Margaretha Johanna de Beer
Father of Charline Johanna Wentzel and Private
Brother of Zach De Beer; Christina Wilhelmina (Willa) Jordaan; Private; Maria Johanna Bester; Private and 2 others

Managed by: Shani Elsje Vavruch
Last Updated:
view all

Immediate Family

About Charl Jacob de Beer

Charlene Wentzel writes:

Charl Jacob se Beer gebore Colesberg 14Jan 1920- oorlede 6Junie 2009 Kempton Park.

My pa was doof en het swaar gekry op skool. Dikwels n hou teen die agterkop gekry oor hy 'onnosel' is. Hy kon nie hoor wat die onderwyser agter in die klas sê nie.

Aan die einde van st7 (14jr oud) besluit hy om die skool te verlaat. Hy teken n kontrak om skrynwerker te word. Die kontrak is in my besit. Die kontrak was vir 5jaar lank, met geen siekverlof of jaarlikse vakansies nie. Sou jy een dag van die werk af bly was dit werk vir 5jaar en 1dag voor jy kon kwalifiseer. My pa het 5jaar en 2 1/2 dae moes werk. Kersdag, Werkersdag en Goeie Vrydag was hul enigste afdae.

Saam met my pa was daar 8 kinders in die huis en my grootouers was arm. My pa was die 2e oudste. Aan die einde van elke week het hy sy betaal koevertjie netso aan sy ouers oorhandig en die gesin gehelp onderhou. Ouma het hom 1/- gegee vir sakgeld. Die foto is geneem op 14Jan 1935 op sy vyftiende verjaardag.

Daardie saag is in my besit. Hy't die eerste dag met bebloede hande by die huis aangekom. Ouma wou hom terugstuur skool toe maar hy wou niks weet nie. Ek is bitter spyt dat ek nooit my pa se groot hande afgeneem het, ten spyte van al die werk, was hulle altyd goed versorg.

Hy't n minderwaardigheids kompleks ontwikkel omdat hy nie geleerd was nie. Tog was hy lewenslank n student en het meer geweet as baie geleerdes. Hy was altyd op die uitkyk na die volgende uitdaging, wat altyd perfek afgehandel is. So het hy besluit viool maak is sy volgende uitdaging. Een het in die asblik beland, sy 2e poging speel perfek met n pragtige klank.

Hy't homself leer stene slyp, hierdie jaar het ek uiteindelik die stene laat set. Die juwelier het my gevra wie was die meester slyper?

Hy en my ma was 60 jr getroud en nie n dag het verby gegaan dat die adel, eerlike opregte gerespekteerde man nie iets met sy hande gedoen het nie.

Na my ma se dood ht hy baie kopkrap oor sy testament. Een oggend kom hy uit sy kamer met blink oë: ek het dit sê hy! So stel hy n trust op sodat sy 6 agterkleinders genoeg het om te gaan leer!!

Die 3e agterkleinkind kry hierdie sy uitbetaling. Ons het gesorg dat die 6 kinders deeglik bewus is van die voorreg wat hulle te beurt val en dat dit met bloed hande verdien is. N Eenvoudige man met so nalatenskap kan net ge-eer word. Ek is só trots op my pa.

Sy ouers was Zacharias Andreas de Beer x Catharina Magdalena Vorster.

9 July 2021

view all

Charl Jacob de Beer's Timeline

1920
January 14, 1920
Colesberg, Bo-Karoo, Northern Cape, South Africa
2009
June 6, 2009
Age 89
Kempton Park, East Rand, Gauteng, South Africa